kategorieë: OuerskapJou lewe

Maak ’n kreatiewe kind groot

Maak ’n kreatiewe kind groot deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Moenie kreatiwiteit met kunssinnigheid verwar nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kenners reken kreatiwiteit is die geheime wapen wat ons kinders sal laat uitblink en help om wêreldkwessies op te los.

Maar jy sal ook nuut en vars moet dink en ’n paar reëls verbreek om hulle die vryheid van nuwe denke te bied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoe om nie dieselfde foute as jou ouers te maak nie

Die kreatiwiteitsghoeroe

Toets jy kinders op drie jaar, is 98% van hul hoogs kreatief.

Herhaal jy die toetse op dieselfde groep kinders wanneer hulle tien is, is net 32% hoogs kreatief.

Dis die bevindinge van navorsing wat in 15 verskillende lande gedoen is,” sê dr. Kobus Neethling, ’n kreatiwiteitskenner.

Hierdie droewige statistiek wys hoe die samelewing se reëls, helaas, ons skeppendheid vroeg-vroeg versmoor.

“Kreatiwiteit is veel meer as kuns. Dit het te make met die wyse waarop jy dink en na die wêreld kyk. Enige mens het dit nodig. As jy nie kreatiwiteit by alles voeg wat jy doen nie, bly jy ordinêr. Dit verander jou uitkyk en gee jou daardie ietsie ekstra wat onderhoudvoerders vir ’n nuwe aanstelling hul ore laat spits. Dit laat jou met vars oë na probleme kyk sodat ons nie oor en oor die foute van die verlede herhaal nie.

“Kinders het hope van dié ingebore nuuskierigheid. Maar sodra ’n baba begin kruip, pak ons kussings om hom om te voorkom dat hy onder ons oë uitgaan. Ons gebruik samelewingsreëls om kinders te kondisioneer om voorspelbaar op te tree wat hulle al hoe meer van hul vreeslose kreatiwiteit laat verloor.

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

“Suksesvolle en kreatiewe mense het twee goed gemeen: Hulle straal ’n onblusbare passie en energie uit en hulle het waagmoed. Dit is hierdie twee kenmerke wat ouers in hul kinders moet raaksien en stimuleer. As ’n kind gedurig begrens word, raak voorspelbaarheid hul nuwe werklikheid en hul brein leer dat ontdek nie reg is nie.

“Ouers het ongelukkig nie altyd die kundigheid nie en ’n ma moet sorg dat haar baba veilig is. Hierdie oordrewe veiligheid is tot die kind se nadeel. Ons leer kinders om binne die reëls te leef, soos met inkleurboeke waar jy binne die lyne moet inkleur, of om in rye te staan en nie spontaan op te tree nie.

“Dis belangrik dat kinders binne albei kwadrante van hul brein kan werk, want die lewe vereis ’n heelbreinbenadering. Dink aan Lego-boublokkies: Wanneer hy die aanwysings op die pakkie volg om die helikopter te bou, gebruik die kind sy linkerbrein om analities daarna te kyk en die reëls te volg, maar sodra hy dieselfde boublokkies gebruik om iets nuuts te bou span hy sy regterbrein in. Ouers moet vir kinders ’n balans kan skep tussen reëls en vryheid.

“Ouers moet ook bedag wees op die lang ure wat kinders voor skerms deurbring. Kyk hoeveel hiervan is werklik skeppend en skep ander geleenthede, soos stories vertel om kreatiwiteit aan te moedig. Min dinge skep so’n verbeeldingsvlug.”

Dr. Neethling is internasionaal bekend vir sy Neethling Brein Instrumente (NBI), ’n reeks van twintig prentjies wat die breindominansie by kinders identifiseer. Breinprofiele gee vir ouers insig in hul kinders se breinvoorkeure sodat hulle die kinders se persoonlikheide beter kan verstaan en sorg dat hulle hul potensiaal bereik.

• Lees ook Kobus Neethling se boek Hoe om ’n Superkind Groot te Maak

Lees ook: Hoe om goeie dissipline te kry

Wat kan jy doen?

Nikki Bush is ’n kreatiewe ouerskapkundige en skrywer van verskeie boeke, onder meer Future Proof your Child (penguin).

“Kreatiwiteit is ’n manier van dink en by die wêreld betrokke wees. Kinders se kreatiwiteit piek op drie en daarna versmoor formele leerprosesse dit. Nuuskierigheid is ’n groot element van kreatiwiteit en wanneer kinders gedurig stil gemaak word, ontwikkel dit nie.”

Maar dis maklik om dit om te keer.

“Speel is die beste manier om kinders se kreatiwiteit te stimuleer. Mik vir ’n kombinasie van vrye spel, waar kinders self besluit wat hulle doen, asook spel waar volwassenes die leiding neem. Speel is die visuele uitbeelding van ’n kind se denkprosesse.”

Nikki glo kreatiwiteit is een van die vyf X-faktore vir ’n suksesvolle toekoms.

“Daar word van jong mense verwag om vars en nuut te dink en met kreatiewe idees vorendag te kom. Sulke kandidate is baie gesog in die arbeidsmark en daarom is dit belangrik dat ons van vroeg af klem op hierdie eienskappe lê.”

Probeer om kinders nie met speelgoed te oorlaai nie. Hoewel daar wonderlike speelgoed beskikbaar is, moet kinders ook die kans kry om hul eie speletjies uit te dink.

“Kinders raak mateloos kreatief as jy hulle toelaat om spontaan en sonder te veel hulpmiddels te speel. Dink maar hoe vinnig seuntjies wat ná skool wag om opgelaai te word, ’n leë plastiekbottel soos ’n bal begin rondskop en sokker speel.”

Lees ook: Betrokke ouerskap is goed vir jou kind

Moet ouers skermtyd beperk?

Daar is kommer dat te veel skermtyd kinders se kreatiwiteit beperk omdat hulle staatmaak op bestaande visuele beelde in hul geheue pleks dat hulle hul verbeelding gebruik om nuwe beelde te skep.

Maar moenie die baba met die badwater uitgooi nie – daar is ook wonderlike rekenaarprogramme wat kinders help om te skep.

“Scratch is ’n programmerings-app wat kinders in staat stel om hul idees uit te voer,” sê Nikki.

Dit is wel belangrik om te onthou dat veral jong kinders die wêreld op ’n fisieke en multi-sensoriese vlak moet ervaar en daarom moet daar ’n balans wees tussen enige skermtyd en ander aktiwiteite wat hieraan voldoen.

Lees ook: Hoe om die regte kleuterskool vir jou kind te kies

Lees is jou geheime wapen

Lees stimuleer kinders se verbeelding en boonop is dit ’n heerlike saamweestyd.

Kies prentjieboeke met kleurryke prentjies vir jong kinders, maar namate hulle ouer word en meer kan konsentreer, moet die prente verdwyn sodat hul verbeelding geprikkel word om hul eie beelde op te tower.

Leerkragte kla juis dat kinders al hoe meer sukkel om hul eie stories uit te dink en eie beelde te teken sonder dat dit verband hou met dinge wat hulle reeds op ’n skerm gesien het.

Ware kreatiwiteit vereis denke en moeite en kinders vind dit moeilik om nuut te skep as hul koppe vol bestaande beelde is wat hulle net cut and paste.

• Besoek Nikki Bush se webwerf by www.nikkibush.com

Speel moedig kreatiwiteit aan

Hier is ’n paar oulike idees en wenke:

  1. Speelgoeddeeg. Kry ’n resep vir speelgoeddeeg hier
  2. Verf, inkleurkryte en papier.
  3. Morsige aktiwiteite soos modder en vingerverf. Kyk of jy nie iewers in die tuin ’n modderhoekie kan skep waar kinders vrylik kan speel nie. Kinders is dol op sulke multi-sensoriese speelervarings waar hul verbeelding vrye teuels gegee word.
  4. Fantasiespel waar hulle vir verskillende rolle kan aantrek. Moenie net kostuums soos Spiderman en fliekkarakters aankoop nie. Laat kinders ook hul eie voorkoms skep uit mantels, hoede, juwele …
  5. Speelgoed waarmee kinders iets uit hul verbeelding moet skep, soos boublokkies, Lego en treinstelle.
  6. Woordspeletjies soos 30 Seconds wat vereis dat spelers dinge verbaal moet beskryf.
  7. Maak speelgoed uit afvalmateriaal.
  8. Kook of bak. Probeer hierdie lekker kolwyntjieresepte

Lees ook: Die lekkerste, maklikste aktiwiteite vir kinders

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.