kategorieë: Ons menseBekendes

Aleit leef voort in elke kombuis

Deur Clifford Roberts. Foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die middag is vol nostalgie, omdat die boek deur van sy vriende voltooi is en ses maande nadat hy in Mei vanjaar oorlede is, bekend gestel is. Aleit sou self die kookboek publiseer, maar is skielik oorlede voor die fotografie en uitleg kon begin. Hy het klaar die resepte uitgesoek en Jorrie en Alret van der Walt, Elmarie Berry en Katarzyna “Kat” Willemse, het besluit om saam met ’n groepie vriende die kookboek namens hom te doen. Jorrie was Aleit se leefstyl-program op KykNET, Tyd met Aleit, se vervaardiger en het Aleit vir 12 jaar geken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jorrie sê: “Die boek moet in elke kombuis lééf – met sticky fingers en al. Dis nie ’n koffietafelboek nie, dis hoe Aleit sal voortleef in jou huis. Ons wou iets vir Aleit doen, maar weer eens het Aleit iets vir ons as vriende gedoen. Hy het beslis ons almal se lewens geraak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die bekendstelling van AleitApteit, die glanspersoonlikheid Aleit Swanepoel se kookboek met sy stories, resepte, sêgoed en herinneringe, is pas deur LAPA Uitgewers, ’n druknaam van Penguin Random House, by Leopard’s Leap buite Franschhoek gehou.

Aleit was een van Suid-Afrika se voorste beplanners van glansgeleenthede en gereeld op die kassie vir sy indrukwekkende en skeppende funksies en troues.

Tyd Met Aleit wat op kykNET uitgesaai is, het sewe seisoene gehad en die laaste een is uitgesaai na sy dood.

Die boek is gevul met sy stories en dis in sy spreekstaal gepubliseer. Daar is ongeveer 50 resepte nie net uit sy eie pen (en kombuis) nie, maar ook uit dié van sy vriende. Hy kon heerlike kos maak, maar ook boonop mooi laat lyk: die ‘Aleit-Way’.

Die middag is vol nostalgie, omdat die boek deur sy vriende voltooi is en ses maande nadat hy in Mei vanjaar oorlede is, bekend gestel is. Aleit sou self die kookboek publiseer, maar is skielik oorlede voor die fotografie en uitleg kon begin.

Elmarie Berry vertel hulle het vroeër vanjaar by die bekendstelling van haar kookboek, Kosbaar, ontmoet en hy het toe vir haar gesê sy kookboek moet soos hare lyk. Sy sou nooit kon droom dat sy enkele maande later aan daardie einste kookboek sou werk en Aleit nie meer daar sou wees nie. Sy het vertel dat sy stories in die boek, niks met kos te make het nie, maar eerder met sy lewe.

Sy het die stilering vir AleitApteit behartig, Kat die fotografie en ’n hele gros vriende het sowat 18 resepte per dag voorberei. Die boek moes binne vier maande voltooi word en almal wat aan die boek gewerk het, het gratis hul dienste beskikbaar gestel.

Jorrie van der Walt en Elmarie Berry, twee van die vriende wat die kookboek voltooi het, met die boek. Jorrie was Aleit se leefstyl-program op KykNET, Tyd met Aleit, se vervaardiger en Elmarie het die boek se stilering gedoen.

Die hele projek het in sy huis, Die Boomhuis op Somerset-Wes, geskied en sy dogter, Kateline, het elke dag ná skool kom kyk wat die span doen. Al die bykomstighede in die resepteboek kom ook uit sy huis.

Elmarie het besluit om elke hoofstuk met ’n ander gedekte tafel in te lui, om die gevoel van die komende hoofstuk te bepaal. Jorrie het vertel dat Aleit die afgelope paar jaar met sy televisieprogram en landswye optredes honderde tafels gedek het. “Dit was vir hom ’n groot ding.”

Jorrie het ook gesê dit was ’n baie maklike projek om af te handel, omdat so baie mense sulke goeie verhoudinge met en groot respek vir Aleit gehad het. Almal het verniet aan die projek gewerk en is baie trots op die pragboek. Hy sê die kookboek is ’n ware Aleit-viering en hy het almal om hom geleer dat die essensie van gasvryheid is dat jy nooit met leë hande by iemand opdaag nie.

“Hy het geen pretensie gehad nie; net gehou van wat hy doen.”

Beverley Dodd, uitgewer by Struik Leefstyl by Penguin Random House en Anzél Rabie van Showmax se Anzél in die Boland-reeks.

Die klein groepie mense by die middagete drink al Aleit se gunsteling Leopard’s Leap wyne en eet kos uit sy resepteboek wat sjef Christiaan Visser met sy eie flair gemaak het.

Christiaan het aan gaste vertel dat hy Aleit nooit ontmoet het nie en die uitdaging om uit sy kookboek te kook, ’n opwindende een was. “Mens ontmoet hom steeds deur die boek; die tipe persoon wat hy was en die kos wat hy gekook het. Daar was ’n paar keer wat ek in die boek moes dubbelkyk om seker te maak ek lees reg oor die bestanddele of sy metodes, maar ek het so paar goed wat eg is aan Leopard’s Leap bygevoeg by elke dis, net om die verhouding tussen Aleit en Leopard’s Leap weer te beklemtoon.”

Sjef Christiaan Visser en Hein Koegelenberg, hoof uitvoerende beampte van La Motte wynlandgoed en Leopard’s Leap Familiewingerde in die kombuis.
Selfs al was Aleit nie meer daar nie, kon die heuglike middag met Leopard’s Leap Brut Cap Classique gevier word.

Renier van Deventer, keldermeester by Leopard’s Leap het iets vertel oor elke wyn wat saam met Aleit se disse bedien is en gesê die lekkerste deel van wynmaak is sy passie daaroor. “En dis hoe ek julle ervaar as julle oor die kookboek en Aleit praat.”

Die beesstert met piesang as geheime bestanddeel op bladsy 28 was die hoofgereg en is met die Special Edit ion Pinotage 2021 en Leopard’s Leap Culinaria Collection Grand Vin 2019 geniet. Die beesstert is ook met Aleit se cous-cous, geroosterde beet en wortels en pampoenpoffertjies bedien.

Hein Koegelenberg, hoof uitvoerende beampte van La Motte wynlandgoed en Leopard’s Leap Familiewingerde, het by die geleentheid gesê dat Aleit een van die energiekste mense was wat hy geken het en in sy kort deel soveel gedoen het om sy liefde vir kos te deel en mense lief te maak vir kosmaak en onthaal.

“Hy het ons almal lusgemaak vir kosmaak en ons het meer mense soos hy nodig,” het hy Hein vertel. Die twee Franschhoek wynplase het ’n lang geskiedenis met erfeniskos en die Suid-Afrikaanse tafel by Leopard’s Leap waar sjef Christiaan Visser ’n koskykie gee na tradisionele Suid-Afrikaanse disse en bestanddele, is ’n groot toeristebestemming. “Kos en wyn is ons ding!” het hy gesê en met ’n glasie Leopard’s Leap Brut Cap Classique geklink.

Sjef Christiaan Visser besig met die finale afrondings aan die geelstert.
Renier van Deventer, keldermeester by Leopard’s Leap het iets vertel oor elke wyn wat saam met Aleit se disse bedien is.

Hein het gesê hul familie loop al ’n lang pad met kos en ook verklap dat La Motte se gewilde Pierneef-restaurant en proelokaal tans opgeknap word; dat Markus Farbinger, van Knysna se bekende Ile de Pain-bakkery en koffiewinkel by hulle aansluit om met antieke graan weer gaan demonstreer hoe om brood gesond te maak en dat Suid-Afrika se eerste Michelin-ster sjef, Jan-Hendrik van der Westhuizen vir ses maande JAN Franschhoek in ’n historiese kothuis, Veepos, in die middel van laventellande gaan aanbied.

Die geelstert (Cape Malay lynvis op patat- en botterskorsieskywe) op blady 44 in die kookboek is met die Leopard’s Leap Chenin blanc 2022 en Leopard’s Leap Culinaria Collection Chenin blanc 2021 bedien. more
Malvapoeding ala-Aleit, met Leopard’s Leap Muscat 2019.

Die kos-ervaring is gegrond op die gewilde TV-reeks, JAN RSVP.

Lees ook: Unieke boek bring hulde aan unieke fynbos-erfenis

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 day Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

1 day Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

1 day Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

1 day Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.