kategorieë: KosJy kan

Oliebolletjies met aarbeikonfyt

Bestanddele

  • 200 g (1 ¹⁄³ k) koekmeel
  • 50 g koue botter
  • 10 g (1 sakkie) kitsgis
  • 60 ml (4 e) strooisuiker
  • 1 groot eier, liggies geklop
  • 100 ml (1⁄3 k + 2 t) louwarm melk
  • 500 ml (2 k) sonneblomolie vir diepbraai
  • 125 ml (½ k) tuisgemaakte aarbeikonfyt
  • 125 ml (½ k) strooisuiker in ’n bakkie gegooi

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Sif die meel en sout saam in ’n groot mengbak. Vryf die koue botter in die meel in tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
  2. Roer die gis en suiker deur en maak ’n holte in die middel van die mengsel. Gooi die louwarm melk by die mengsel terwyl jy dit van die kante af bywerk en deurmeng. Meng tot dit ’n sagte, werkbare deeg vorm.
  3. Knie die deeg vir 10 min. tot blink en glad. Laat rys vir 30 min. (of tot dit verdubbel) in ’n bak wat liggies met olie gesmeer en met kleefplastiek bedek is.
  4. Verdeel die deeg in 12 balletjies. Knyp die onderkant van die balletjies bymekaar en rol glad uit op ’n skoon werkvlak. Sit op ’n bakplaat wat met bak-papier uitgevoer is, gooi ’n skoon kombuisdoek oor en laat rys weer tot dubbel die grootte.
  5. Verhit intussen die olie in ’n middelslagkastrol. Toets of die olie reg is deur ’n stukkie brood in die olie te sit – die broodjie behoort binne 30 sek. goudbruin te braai. Diepbraai die oliebolle 4 op ’n slag in die warm olie tot goudbruin. Hulle sal bo begin dobber wanneer hulle gaar is.
  6. Lig die gaar bolletjies met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op kombuispapier.
  7. Maak met jou vinger ’n holte in elke bolletjie (moenie brand nie!) Skep die konfyt in ’n toebroodjiesakkie en knoop styf toe. Sny die punt van die een hoek af en druk die konfyt so in die holte in die oliebol. Probeer soveel moontlik inkry! Rol elke bolletjie in die strooisuiker.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.