kategorieë: KosSomerkos

Chia-en-suurlemoen-roomys met volgraan-wafeltjies

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy kan ook ’n bessieroomys maak. Roer 500 g fyn gemaakte bessies by die basiese mengsel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• 500 ml (2 k) karringmelk
• 500 ml (2 k) room
• gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene
• 4 eiergele
• 60 ml (¼ k) suiker
• knypie sout
• 30 ml (2 e) chia-saad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Verhit die karringmelk, room en suurlemoenskil in ’n kastrol oor matige hitte tot dit saggies begin borrel. Haal af en hou eenkant.
2 Klop die eiergele, suiker en sout tot lig en romerig. Voeg die suurlemoensap by.
3 Gooi die roommengsel by die eiergele terwyl jy deurentyd klits. Gooi die mengsel terug in die kastrol.
4 Kook stadig oor lae hitte terwyl jy deurentyd roer tot die vla verdik – dit moet die agterkant van ’n houtlepel bedek.
5 Trek van die hitte af en hou eenkant tot heeltemal afgekoel. Sit vir 2 uur of tot koud in die yskas.
6 Roer die chiasaad by en gooi in die bak van ’n roomysmasjien. Karring die roomys volgens die masjienaanwysings.
7 Laat effens set voor jy die roomys tussen lagies wafels skep, of sit die wafels saam met die roomys voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volgraanwafels

Genoeg vir 10 wafels

Ons het ’n stroopwafelpannetjie gebruik. andersins kan jy die koekies op bakpapier wat met kleefwerende kossproei gespuit is, in ’n voorverhitte oond by 180 °C bak. Haal uit die oond. Die wafeltjies sal bros word sodra dit afgekoel het.

• 200 g speltmeel
• 80 g tefmeel
• 95 g suiker
• knypie sout
• 1 eier
• 80 g sagte botter

1 Meng die spelt, tef, suiker en sout in ’n mengbak.
2 Voeg die eier en botter by en knie tot ’n deeg gevorm het.
3 Weeg die deeg in 40 g bolletjies af.
4 Spuit ’n stroopwafelpannetjie met kleefwerende kossproei en verhit oor hoë hitte.
5 Sit ’n bolletjie deeg in die middel van die wafelpan en maak die pan toe. Bak vir 2 min. aan elke kant, of tot goudbruin in kleur.
6 Lig uit die pannetjie en herhaal met die oorblywende deeg.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.