kategorieë: Nuut & NouKos

Olyf-en-roosmaryn-broodstokkies met geklopte miso-botter

Lewer: 30 broodstokkies
Moeitevlak: Maklik
Bereidingstyd: 15 min. + 30 min. verkilling
Baktyd: 5 min.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

250 g swart olywe, ontpit
4 takkies vars roosmaryn, gewas en blaartjies afgestroop
swartpeper na smaak
seesout na smaak
280 g skilferkorsdeeg

Geklopte miso-botter
150 g tuisgemaakte botter (sien bl. 142 van JAN – My Franse Kosverhaal) teen kamertemperatuur
10 ml miso-pasta
swartpeper na smaak
seesout na smaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie heerlike, indrukwekkende broodstokkies is so vinnig om aanmekaar te slaan dat ’n mens dit nie eens werklik ’n resep kan noem nie. Olywe is een van Nice se mees algemene plaaslike produkte; daar is dus ’n groot verskeidenheid beskikbaar. Ons bedien dit graag as versnapering saam met ons broodbord en ’n glas Champagne of Suid-Afrikaanse Méthode Cap Classique. Klein, ontpitte olywe het gewoonlik die mees pikante smaak en is baie lekker saam met die broodstokkies.

Metode

Vir die broodstokkies, meng die olywe, roosmaryn, swartpeper en sout in ’n voedselverwerker tot ’n gladde pasta. Plaas hierdie tapenade in ’n spuitsak met ’n medium-grootte spuitkop. Rol die skilferkorsdeeg in ’n vierkant uit, vou dit in die helfte en maak dit weer oop (so maak jy ’n merk in die middel). Spuit tapenade in vertikale lyne op een helfte van die deeg, vanaf die middelmerk na die rand met 3–5 cm tussen elke lyn. Verf die ander helfte van die deeg met water met behulp van ’n deegkwassie, vou bo-oor die gedeelte met die tapenade en druk liggies op die gedeeltes tussen die tapenade-stroke sodat die deeg vasplak. Gebruik jou vingers om die gedeeltes met die tapenade lekker rond te maak. Plaas op ’n skinkbord en vries. Berei intussen die miso-botter.

Vir die geklopte miso-botter, plaas die botter en miso-pasta in ’n staanmenger en klop op medium vir 10–15 minute. Skraap die kante van tyd tot tyd tot die botter lig en romerig is. Geur met sout en peper.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Haal die deeg uit die yskas en laat staan vir ’n paar minute om effe sag te word. Sny die randjies af en sny die deel dan vertikaal in dun repies tussen die tapenade-stroke. Plaas op ’n bakplaatjie met bakpapier en plaas in die voorverhitte oond vir 5 minute of tot goudbruin. Sit dadelik voor met die geklopte miso-botter.

Klik hier vir Jan-Hendrik se Botterskorsie-en-amandel-quiche PLUS lees ons onderhoud met dié gesogte Michelin-ster wenner.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.