kategorieë: Dra dit soMode

Ondersteun plaaslik: Ontwerpers wat nou maskers maak

Ondersteun plaaslik: Ontwerpers wat nou maskers maak Deur Susra Matthee. Hooffoto: Zana Products

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ondersteun plaaslik: Ontwerpers wat nou maskers maak

Plaaslike ontwerpers is hard aan die werk om maskers te maak vir almal se veiligheid en ook om die potte aan die kook te hou vir hul personeel. Daar is baie patrone en style om van te kies. Hier is ’n paar wat jy nou kan aanskaf.

Lees ook: 10 dinge wat jy nou in jou klerekas moet regruk tydens die inperking

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Henriette Botha

Henriette Botha, ’n juweelontwerper, se maskers is gemaak van 3 lae katoenstof, insluitend ‘n inglipsakkie waarin ‘n ekstra filter / N 95-masker vir werkers aangebring kan word. Die maskers is tans beskikbaar in ’n verskeidenheid kleure en ontwerpe, maar daar is ook soliede kleure. Dit is in vier verskillende groottes beskikbaar, insluitend vir kinders en tieners.

Vir die maskerbande is ‘n koord gebruik eerder as rubberrek omdat die maskers gereeld met was en stryk aan hitte blootgestel sal word. Die maskerbande kan om jou kop en nek of om jou ore vasgemaak word.

Lees ook: Hoe om jou handsakke en inkopiesakke reg skoon te maak nadat jy by die winkels was

Good Clothing

Klarette en Marian, mode-ontwerpers, is verantwoordelik vir die vervaarding van hierdie maksers. Vir elke masker wat hulle verkoop, skenk hulle ​​1 aan ’n persoon in nood deur die Umthunzi Farming Community.

Good Clothing maskers is gemaak van ’n dubbellaag diggeweefde katoenstof met ’n ekstra deel indien jy ‘n filterlaag wil invoeg. Daar is ’n sagte, vormbare draad oor die boonste rand wat jou neus en wange bedek, sodat dit goed pas.

Lees ook: 9 dinge wat jy oor maskers tydens die pandemie moet weet

Ballo

Ballo is normaalweg bekend vir hul volhoubare brille (gemaak van kurk, hout, hennep en Afrika-druk-materiale), maar fokus nou daarop om gesigmaskers van wasbare materiaal te vervaardig.

Vir elke masker wat hulle verkoop, gee hulle een aan iemand in nood. Die maskers wat deur hulle geskenk word, sal deur supermarkte en skuilings versprei word.

Ballo word in Kaapstad met die hand vervaardig deur ’n netwerk van kleiner produsente en word vervaardig met ’n geplooide dubbellaag-katoenkonstruksie van hoë gehalte. Die elastiese ontwerp sit gemaklik om die oor.

Lees ook: Laai dit gratis af: Manolo Blahnik het inkleurblaaie van sy skoenontwerpe!

Zana Fabrics

Zana is ’n tekstielhandelsmerk wat geskep is deur ’n moeder-dogter-span van Kaapstad. Hulle ontwerp en vervaardig al vir 8 jaar tekstielversierings en bykomstighede, dus is materiaal hul sterk punt.

Die maskers is 100% katoen aan weerskante, dig geweef, met ’n derde laag polimateriaal aan die binnekant. Vir elke masker wat verkoop word, skenk hulle ​​een aan liefdadigheid. Pryse vanaf R270 vir ’n pakkie van 2.

Lees ook: Hoe om jou leerbaadjie reg skoon te maak

ECG Clinical

ECG Clinical Wear is ’n familiebesigheid wat sedert 2015 bestaan toe die oudste suster, Ilke Larson, wat ’n dokter is, gekla het dat scrubs van daardie tyd nie mooi pas nie en vinnig uitwas.

Haar ma, Lizelle Larson, en jonger suster, Sidne Larson, wat albei argitekte is, besit ’n onderneming wat gordyne maak, en het toe saam met hul broer/seun, Olaf Larson, as gesin besluit om hul eie reeks scrubs te ontwerp.

Die inisiatief om maskers te vervaardig het ontstaan as gevolg van die Covid-19 epidemie. Hulle het materiaal in vooraad gehad wat hul kon gebruik en so het die Luna-masker ontstaan. Teen die einde van Februarie reeds was die eerste maskers op hul aanlynwinkel beskikbaar.

As gevolg van die virusuitbraak het hulle besluit om dit veilig te speel en die werkswinkel te sluit. Hulle het toe met die hulp van Agnes de Klerk, wat deel is van Doxa Deo se People Upliftment Organisation (POPUP), plaaslike ontwerpers genader om te help met die produksie van die maskers en scrubs te maak, elkeen afsonderlik in hul eie studio.

Die volgende mense help tans met die vervaardiging:

  • Carina, Natasha en Tanya van Erre Fashion
  • Isabel de Villiers (sy en Lazarus maak scrubs)
  • Jacques en Darius van The Bam Collective

Ander ontwerpers wat belang stel om deel te word van die vervaardig van scrubs en in die toekoms betrek kan word:

  • Sonja Stanislaus-Kaw Di-Aping van Lunar Life
  • Deeva van der Merwe van Merwe Mode
  • Mareth and Colleen from Mareth|Colleen

Lees ook: 5 klassieke wenke om hierdie winter sjiek te lyk

SIES!isabelle

Die opbrengs van SIES!isablle gaan direk om hul personeel te betaal in hierdie moeilike finansiële tye. Enige ekstra geld wat verdien word, word gebruik om maskers te vervaardig vir diegene wat dit nie kan bekostig om dit te koop nie, maar ook nie kan bekostig om sonder ’n masker te wees nie.

Dit is gemaak van ’n dubbellaag 100% katoenstof met bande wat aan die agterkant van jou kop kan vasknoop. Kindergroottes is ook beskikbaar.

Lees ook: Die beste raad vir skoene wat sleg ruik

The Sewing Café

The Sewing Cafe het in 2013 ontstaan en saam met hul vennoot, Masicorp, het hul honderde voorheen-benadeelde mense opgelei om naaldwerk te doen. Dit dien as ’n ontwerp- en vervaardigingsnetwerk vir mense om toegang tot enige naaldwerkbehoeftes te kry, van skooldrag tot huishoudelike ware en nou maskers.

Hulle het 15 mense van die gemeenskappe Ocean View en Masiphumelele in diens geneem wat op hul beurt 4-5 afhanklikes elk in hul huishoudings ondersteun. In hierdie gemeenskappe is dinge veral moeilik in hierdie onsekere tye. Die geleentheid om maskers te maak (en binnekort PPE) help dat geld direk uitkom by die mense wat dit die nodigste het.

Hul vervaardig maskers van ’n hoë gehalte en onder streng higiëniese toestande, met soveel natuurlike vesel as moontlik vir gemak en asemhaling.

Lees ook: Omhels jou ouderdom en druk jou persoonlikheid uit met mode

The Crystal Birch

Crystal Birch probeer om met haar ontwerpe ’n wêreld na inperking voor te stel. Dit het hul span geïnspireer om maskers met ’n deursigtige skild (visor) te bedink. Hierdie futuristiese maskers is op hul webtuiste beskikbaar.

Lees ook: Jy kan in minder as 10 minute tydens die inperking goeie oefening kry

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.