kategorieë: VelsorgSkoonheid

8 Skoonheids-handelsmerke wat nou waterlose-reinigers vervaardig en boonop ’n verskil maak!

8 Skoonheids-handelsmerke wat nou waterlose-reinigers vervaardig en boonop ’n verskil maak! deur Justine Kroes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vroeg in April 2020 het die luukse handelsmerk maatskappy LVMH drie van hul fabrieke in Frankryk wat luukse fyngeure produseer vir Christian Dior, Givenchy asook Gucci, ingespan om slegs waterlose-reinigers met ’n alkoholbasis te vervaardig wat gratis aan Europese hospitale en werkers in die voorste linie verskaf word.

Ons is trots om te noem dat ’n hele klompie plaaslike en internasionale skoonheids-maatskappye in Suid-Afrika tans ook ’n reuse verskil maak gedurende die huidige krisis met die COVID-19 pandemie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ondersteun plaaslik: Suid-Afrikaanse ontwerpers wat gesigmaskers maak

L’Oréal Suid-Afrika

Die L’Oréal Suid-Afrika groep het onlangs onder die Garnier handelsmerk die produksie van die gewilde Micellar Water in hul fabriek in Midrand Johannesburg tydelik gestaak om waterlose-reinigers te begin vervaardig ter ondersteuning van die stryd teen die pandemie.

Twintigduisend van dié waterlose-reinigers word geskenk aan die South African COVID-19 Solidarity Fund om die volgende sektore te ondersteun: Gesondheids-fasiliteite en noodsaaklike werkers wat in die voorste linie werk. Verspreiding in hoë risiko-gemeenskappe asook ’n addisionele tienduisend waterlose handreinigers wat gratis aan winkel- en kleinhandel-werknemers beskikbaar gestel sal word.

Goeie nuus – dié waterlose-reiniger sal nou ’n permanente deel vorm van die Garnier reeks se SKU en is teen R59,95 vir 250mℓ beskikbaar by Clicks, DisChem, Takealot, Checkers, Makro en Pick n Pay.

Lifebuoy

Lifebuoy (wat deel vorm van die Unilever groep) het begin om plaaslik hul bekende waterlose-reinigers te vervaardig omdat hul dit nie meer vanaf Asië kon invoer nie. Die plaaslike span het vinnig ’n plan beraam om met dieselfde formulering in Suid-Afrika voort te gaan.

Boonop het Lifebuoy saam met die Stad van Johannesburg die “Hlapa’ Matsoho-Veldtog” ondersteun waar hul seep en waterlose-reinigers geskenk het aan minderbevoorregte gemeenskappe en hoë risiko-areas om opvoeding en bewustheid van die noodsaaklikheid van handewas-higiëne tydens hierdie tyd te beklemtoon.

Lifebuoy Total 10 Hand Sanitizer 50mℓ (R19,99). Dié nuwe waterlose-reinigers wat plaaslik vervaardig word is nou ook beskikbaar in ’n 100ml weergawe.

Revlon Suid-Afrika

Revlon Suid-Afrika vervaardig tans waterlose-handreinigers by hul plaaslike fabriek in Isando onder die handelsmerk, Aquamarine. Revlon beoog om 10,000 bottels van dié reiniger te skenk aan die Gauteng Departement van Gesondheid.

“Toe ons bewus geraak het dat daar ’n groot behoefte aan dié essensiële produk is, het ons die navorsing-en-ontwikkelingsafdeling uitgedaag om ’n hoë kwaliteit waterlose-handreiniger te ontwikkel. Ek is trots om aan te kondig dat hierdie uitdaging in rekordtyd afgehandel is en dat dit moontlik is vir ons om 10 000 bottels aan die Gauteng Departement van Gesondheid te skenk. Dit is belangrik om ons land te ondersteun in hierdie moeilike tyd” sê Tarryn Gordon-Bennet, Uitvoerende Direkteur van Revlon Suid-Afrika.

Aquamarine Instant Hand Sanitizer sal beskikbaar wees in ’n 250mℓ drukbottetljie en die formule bevat 75% alkohol om te sorg vir skoon hande.

Modern Hair & Beauty

Modern Hair & Beauty is ’n plaaslike verspreider van professionele haarsalon-produkte (naamlik Wella Professional, Kadus Professional, Nioxin, Sebastian en Cloud Nine om net ’n paar te noem). Die Modern Hair & Beauty-Span het onlangs ’n reeks reinigers ontwikkel en vervaardig onder hul plaaslike handelsmerk, Swish.

Gedurende die COVID-19 pandemie sal Modern Hair & Beauty alle opbrengste van die verkope van dié produkte gebruik om waterlose-handreinigers, oppervlak-reinigers en gesig-maskers aan plaaslike gemeenskappe te skenk. Hul ondersteun die Tehillah Community Collaborative in Elsies Rivier in Kaapstad – ’n 24-uur sentrum wat inwoners van die area ondersteun.

In dié reeks is die volgende beskikbaar: Swish Hand Sanitiser (70% Alcohol) R110 vir 250mℓ en R600 vir 2ℓ. Swish Hand Sanitiser (0% Alcohol),  R90 vir 250mℓ en R500 vir  2ℓ. Swish Surface Sanitiser R75 vir 250mℓ en R430 vir 2ℓ. Klik hier om te bestel. Gebruik die kode ‘Essentials20” en ontvang 20% afslag gedurende lockdown!

NAOS/ Bioderma

NAOS die ouermaatskappy onder wie die handelsmerk Bioderma val het ook vroeg in April by hul Aix-en-Provence fabriek in Frankryk hul produksie-lyn aangepas en 64,000 eenhede van alkohol-gebaseerde waterlose-jelreinigers ontwikkel en versprei.

Plaaslik het die maatskappy NAOS 200 bottels Bioderma Atoderm Gel Moussant 500mℓ en 46 Bioderma Atoderm Intensive Baume 200mℓ -bottels aan hospitale in Johannesburg versprei. Hierdie produkte is spesifiek gekies omdat dit hande sagkens sal reinig en hospitaalwerkers se vel wat geïrriteer word deur die konstante gebruik van reinigers en handskoene sal kalmeer en herstel.

Bio-Medical Emporium

Plaaslike skoonheidsmaatskappy Bio-Medical Emporium het twee weergawes van ’n waterlose-reiniger ontwikkel – ’n alkoholvrye reiniger asook ’n 70% alkohol-gebaseerde reiniger.

Die opbrengs van albei waterlose-reinigers word geskenk aan die volgende inisiatiewe: Was/Wash Fund, Cradle of Hope, Solidarity Fund, SPCA.

Boonop deel die Bio-Medical Emporium span hul reinigers uit aan werkers by vulstasies, sekuriteitswagte by hospitale, kantoorgeboue, klinieke en winkelsentrums.

Thoclor

’n Bekende plaaslike bestaande produk van Thoclor Labs, die GF2 Skin Rejuvenation word deur die maatskappy aanbeveel as ’n top handreiniger teen die COVID-19 virus. Die GF2 sproei bevat Hypochlorous acid (HOCl), ’n veilige en natuurlike bestanddeel wat net die slegte bakterieë op jou vel doodmaak en nie die goeie bakterieë wat jy nodig het vir ’n gesonde vel nie. Spuit op jou hande en gesig (ja gesig!) jou oë mond en neus vir addisionele beskerming. Koop aanlyn hier.

Boonop skenk Thoclor Labs ’n persentasie van die verkope van elke bottel van GF2 aan die SA Food Bank.

Optiphi

Plaaslike skoonheidshandelmerk Optiphi & Skin Rejuvenation Technologies het onlangs ’n waterlose-handreiniger ontwikkel wat tans te koop is op hul aanlynwinkel in groottes van 100mℓ tot 500 mℓ. Klik hier om te bestel.

Die maatskappy het besluit om ’n klein plaaslike maatskappy, JOEN tydens lockdown te ondersteun. Silvia en haar seun se klein maatskappy JOEN wat voor die COVID-19 pandemie handgemaakte sakke en klere vervaardig het – ontwerp en maak nou slegs gesigmaskers om die pandemie te help beveg. Optiphi het besluit om dié plaaslike onderneming te ondersteun – JOEN maskers is nou te koop in Optiphi se aanlynwinkel (klik hier).

Te danke aan donasies van die Hoedspruit gemeenskap het Silvia al meer as 200 maskers versprei vir lede van haar gemeenskap, boonop verdien sy nou ‘n salaris tydens hierdie tyd. Die opbrengste van die verkope van dié maskers word terug verdeel in haar plaaslike gemeenskap.

Op Optiphi se aanlyn winkel kan jy ‘n kombinasie van jou gunsteling maskers en waterlose-reiniger saam bestel (klik hier), dit is nou ‘n perfekte geskenk-idee!

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes  en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.