kategorieë: WenkeMode

15 feite oor die inspirasie vir 2023 se Met Gala-tema: Karl Lagerfeld

Hooffoto: CameraPress/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Of jy jouself as ’n modekenner beskou of nie, jy het verseker in jou leeftyd al van Karl Lagerfeld gehoor of hom in sy donkerbril en wit poniestert gesien. Ons deel 5 van ons gunsteling feite, aanhalings en vertonings te ere aan hierdie mode-ikoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die ikoniese mode-ontwerper Karl Lagerfeld is op 85-jarige ouderdom op 19 Februarie 2019 oorlede. Hy los ’n geweldige nalatenskap in die modewêreld. Ons het 5 feite, 5 aanhalings en 5 van sy mees ikoniese oomblikke bymekaargemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Karl Lagerfeld is oorlede

5 vinnige feite oor Karl Lagerfeld

  1. Hy het in 1955 as ’n assistent vir die modehuis Pierre Balmain begin werk en daarna vir Jean Patou.
  2. Hy het niks van tegnologie gehou nie: ““I don’t use cell phones. I read, I write, I love faxes, I like to take notes. I hate to be on the phone, I think it’s an intrusion. I’m reading, I’m sketching, I don’t want to be interrupted,” sê hy aan Vogue
  3. Hy het gehou van Pepsi, maar was liewer vir sy kat, Choupette. Hoewel hy vroeër jare honde ook gehad het, het hy op ’n latere ouderdom katte verkies, omdat hy nie meer lekker kon loop en aktief wees soos ’n honde-eienaar betaam nie.
  4. In 1983 is hy as die direkteur van Chanel aangestel en in 1984 het hy sy eie modenaam, Karl Lagerfeld, begin. Dwarsdeur al hierdie verwikkelinge het hy steeds by Fendi modehuis gewerk.
  5. Tydens die swart-en-wit-vertoninge van Fendi in 1993, het Karl ontkleeddansers en adult film-akteurs as modelle gebruik. Mede mode-ikoon, Anna Wintour, het na bewering uit die vertoning geloop as gevolg van hierdie kontroversiële en “skandalige” keuses.

5 Aanhalings van Karl Lagerfeld wat niemand sal vergeet nie

  1. Sweatpants are a sign of defeat. You lost control of your life so you bought some sweatpants.”
  2. “Vanity is the healthiest thing in life.”
  3. “Chic is a kind of mayonnaise, either it tastes, or it doesn’t.”
  4. “I am very much down to Earth. Just not this earth.”
  5. “I am a fashion person, and fashion is not only about clothes—it’s about all kinds of change.”

5 Ikoniese vertonings

Dit is so te sê onmoontlik om net vyf vertonings uit te sonder, omdat Karl met elke bekendstelling die gehoor van vooraf betower het.

Hy het die vertonings van huis Fendi, Chanel en sy eie gedirigeer. Sedert sy eerste vertonings het hy op verskeie manier opslae gemaak met uitspattinge modelkeuses en voortreflike loopplankinstallasies, maar een ding bly verseker en dit is dat sy ontwerpe jou asem sou wegslaan.

Hoewel hy ruimtes soos museums, casinos en selfs ’n hele eiland gebruik het om sommige reekse bekend te stel, was dit die installasies binne die Grand Palais in Frankryk wat hy in nuwe wêrelde omskep het en ons keer op keer stomgeslaan het. Ons deel ’n paar gunsteling Chanelvertonings:

  1. Chanel-lugredery:

Vir die lente/somerreeks in 2016 het Chanel die gebou in sy eie lughawe omskep, met aanmeldstasies en afbakenings. Van die gehoor het op die kenmerkende staalsitplekke gesit tussen modelle wat in rye moes “wag vir hul kaartjies”.

  1. Uit hierdie wêreld:

In 2017 het Chanel die standaard oortref met sy nabootsing van ’n ruimtestasie. Na die vertoning het ’n Chanel-vuurpyl opgestyg met rook en vonke wat tussendeur die modelle skiet terwyl Elton John se Rocket Man in die agtergrond speel.

  1. Natuurlik

Vir die lente/somer reeks wat in Oktober 2017 bekendgemaak is, het Karl besluit om die natuur na binne te bring deur die bekende Verdon Gorge, ’n kloof in ’n rivier in Frankryk, te bou. Dit het vereis dat die modelle ’n dun houtpaadjie moes aandurf wat met watervalle en en groenigheid versier is.

  1. Ruig

In die nuwe jaar het Karl by die natuurlike element gehou. Die Grand Palais is vir die opvolgende herfs/winterreeks van 2018 in ’n herfslandskap  omskep met boomgeraamtes en gekleurde blare wat die loopplank bedek het.

  1. Somersee

Wie kan die vrolike seetonele van Chanel se 2019-lente/somer vertoning vergeet? ’n Informele atmosfeer met kaalvoetmodelle in tweedmateriale en sonhoede. Bekendes soos Pamela Anderson het ook hul verskyning gemaak.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.