kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Anel Alexander by Cannes

Vertel ons meer van Sink?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sink is ’n Afrikaanse drama wat in 2016 plaaslik vrygestel gaan word en wat ons beoog om as ’n foreign language film in die buiteland vry te stel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die film handel oor vergifnis en hoe ’n mens met skuldgevoelens moet deal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rachel, ’n Mosambiekse huishulp wat in Johannesburg werk, kom by ’n moeilike kruispad wanneer haar dogtertjie tragies sterf onder die toesig van haar werkgewer, Michelle. Gaan sy terug na haar land van armoede, of bly sy werk vir die mense wat verantwoordelik is vir die dood van haar kind, sodat sy haar visum kan behou en sodoende die res van haar familie in Inhassoro kan onderhou? Die omstandighede raak nog meer gekompliseerd wanneer sy uitvind haar werkgewers verwag hul eerste kind.

Ek vertolk die rol van Michelle en dan sluit die res van die rolverdeling bekende name in soos Jacques Bessenger, Amalia Uys, Diaan Lawrenson, Leandie du Randt en Hanli Rolfes om maar ’n paar te noem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe het jy by Cannes beland?

Ek het aansoek gedoen vir befondsing van SA se departement van handel en nywerheid (DTI). Ek is goedgekeur en het myself toe ingeskryf. Omdat ek al meer as een film gemaak het, kwalifiseer ek ook vir die Producers’ Network by Cannes en dit gee mens toegang tot baie interessante paneelgesprekke en netwerkgeleenthede.

Saam met die Cannes Filmfees hardloop die Cannes Filmmark wat een van die grootste markte van sy soort in die wêreld is. Die publiek is gewoonlik net bewus van die filmfees, maar groot filmbesigheid word in hierdie tyd gedoen.

Ek is by die filmmark, maar kry dan ook outomaties toegang tot die fees. Natuurlik hoop ons wel dat Sink volgende jaar by die fees self sal speel!

Hoe lyk jou daaglikse program?

Mens gaan sien ’n geweldige klomp agente en verspreiders in die hoop om jou film te verkoop. Verder woon ek interessante gesprekke by deur van die top filmbreine in die industrie en is daar ’n funksie, partytjie of netwerkgeleentheid om elke hoek en draai. Mens is van die oggend vroeg tot laataand besig. Die son gaan eers negeuur saans onder en dan begin Cannes eers lewe.

Is dit wat jy verwag het dit gaan wees?

Dit is insane! Dis als wat mens op TV sien en meer. Dit voel die hele tyd asof ek in ’n movie is! Cannes is rêrig the playground of the rich and famous en vir 10 dae neem die filmindustrie die stad oor met al die glitz en glam waaraan jy moontlik kan dink. Die strate is deurentyd vol paparazzi, aanhangers wat buite die fancy hotelle saamdrom met die hoop om ’n bekende te sien, mans in aandpakke en vroue in aandrokke, Ferrari’s en Maserati’s en Lamborghini’s net waar jy kyk. Daar word besigheid gedoen onder elke boom, by elke koffie tafel, op die strand, net waar jy kyk. Verder is elke oop gaatjie bedek met ’n movie poster of ’n stukkie rooitapyt. Mens moet dit beleef om dit te glo.

Jou gunstelingrok wat jy sover gedra het?

Dit is een van die perks van my werk. Ek was al bevoorreg om verskeie mooi aandrokke aan te trek. My naamgenoot Anel Botha trek my gereeld aan, Gert-Johan Coetzee, Diaan Daniels, ensovoorts.

Is die premières anders as in Suid-Afrika?

Jy kan nie eens begin om dit te vergelyk nie! Ek was bevoorreg genoeg om kaartjies te kry vir Mad Max: Fury Road se rooitapyt premiere. Dit is werklik amper onmoontlik om kaartjies te kry, so ek was baie gelukkig. Wat ’n ervaring om ’n regte rooitapyt te loop in ware Hollywood, of sal ek sê, Cannes-styl. Die gaste arriveer tussen 17:00 en 18:50, almal neem hul sitplekke in, die rooitapyt word toegemaak, en dan arriveer die sterre eers. Al die aksie word natuurlik op die grootskerm gewys terwyl die gaste binne die teater wag. Om 19:20 stap die sterre in, kry die toepaslike staande ovasie en die film begin.

Die stap van die actual rooitapyt is rêrig iets om te beleef. Daar is letterlik duisende mense van die publiek wat rondstaan en skree met plakkate en letterlik van 07:00 soggens wag om ’n glimpse van hul gunstelingster te kry. Die paparazzi is natuurlik op ’n ander vlak. Honderde kameras en flitsende ligte staan die heeltyd gereed vir die perfekte foto.

Wat het jy, as vervaardiger en aktrise, tot dusver geleer?

It’s been an unbelievable educational experience. Elke filmmaker moet ’n groot filmfees en eintlik meer belangrik, ’n filmmark bywoon voordat hulle ’n projek aanpak. SA vorm ’n ongelooflike klein deel van die wêreld se filmindustrie en die produk wat ons vervaardig is nie eers ’n blip op die radar van kwaliteit wat wêreldwyd vervaardig word nie. Maar ek hoop met Sink kan ons vir die wêreld wys dat Afrikaanse flieks verdien om op die internasionale stage te speel.

Jou lekkerste en goorste oomblik?

Filmmaak en reis is my twee grootste passies en hier het ek die geleentheid om die twee te kombineer! Maar dit vat ’n hengse klomp werk om hier te kom en mense vergeet dit. Hulle sien die mooi foto’s op Twitter en besef nie hoeveel bloed, sweet en trane dit my gekos het om hier te kom nie. Maar ek glo alles in die lewe wat die moeite werd is, verg ’n mate van sacrifice, maar ek sal dit vir niks verruil nie!

Volg Anel op Twitter en Facebook asook Sink op Facebook.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

17 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.