kategorieë: Bekendes

Ons gesels met die akteurs van Somer Son

1 Jou definisie van die liefde? Hoe beeld die fliek dit uit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hanna: Daar bestaan nie ’n spesifieke definisie nie, elke persoon beleef die liefde anders. Hoe beeld die fliek dit uit? Presies soos dit is: verskillende verhoudings, verskillende persoonlikhede met verskillende verwagtinge. Elke persoon wat die fliek sien sal met iemand kan vereenselwig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Reynard: Daar is so baie om te sê. Maar ek dink as jy op die punt kom waar jy die ander persoon se belange bo jou eie stel, weet jy jy is lief vir die persoon. In Somer Son is Pieter en Sonja nog bereid om te werk aan hul verhouding/liefde na al die jare. Beide wil nie opgee nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Juanita: Ek dink liefde begin by jouself en as jy jouself nie lief het nie kan jy nie iemand anders tenvolle lief hê nie. Liefde = respek, omgee en simpatie/empatie van waar die ander een vandaan kom.

Die movie lig verskillende tipes liefde uit. Tussen man en vrou, tussen vriendinne en samesyn in ’n vriendekring. Dit wys verskillende mense se persoonlikhede en hoe elkeen soms agter iets wegkruip (Burger agter sy spiere), maar eintlik wil ons almal dieselfde hê. Ons wil lief gehê word en aanvaar word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dinge werk nie altyd uit op die gebied van liefde soos ’n mens dit wil hê nie, want jou hart het soms ander planne. Dit is wat die movie vir my baie naby is aan die regte lewe. Jy wil iets hê, maar jou hart vra na iets anders.

2 Wat sal jy als doen om die liefdesboot in kalm waters te hou? Wat doen die karakters in die fliek reg/verkeerd?

Hanna: Om regtig te luister en behoorlik te kommunikeer. Sommige doen dit reg deur eerlik te wees en sommige doen dit verkeerd deur dinge weg te steek.

Reynard: Om eerlik en openlik te kommunikeer, en om tyd te maak. Dis iets wat Sonja en Pieter nie goed regkry nie, en wat baie stremming op hulle verhouding plaas. Maar hulle is bereid om daaraan te werk.

Juanita: Soms moet ’n mens terug staan en die minste wees. Die dag toe ek besef wat ookal my man doen, doen hy vir ons om die beste vir my en vir ons te hê. Toe is dit makliker om terug te staan.

Wat ek van Sonja bewonder, is dat sy het al baie getwyfel het in haar huwelik, maar sy het nog nooit ophou veg vir hulle en hul liefde nie. Ek dink wat sy verkeerd doen is dat sy nie Pieter se pogings raaksien nie. Om hard te werk is sy manier om vir haar te sorg. Pieter probeer ook hard op sy manier. Wat hulle albei verkeerd doen is dat hulle nie komminukeer nie. As hulle van die begin af eerlik was, sou daar nie ’n movie gewees het nie, maar sou hulle baie goed kon oplos voor dit amper te laat was.

3 Is ’n krisis soms goed vir ’n verhouding? Is die opmaak lekker?

Hanna: Ja, dit bring jou sterker aan die ander kant uit. Is die opmaak lekker? Dis in enige situasie in die lewe mos lekker as jy weet jy kan vrede maak.

Reynard: Jy leer rêrig jou ander helfte ken in ’n krises. En die manier hoe dit hanteer word, kan mens nader trek aan die ander persoon. En as daar respek oor is na so situasie  kan die opmaak … wel … ongelooflik wees!

Juanita: Ja, ek dink so. Dis nooit lekker nie, maar dit gee lae en diepte aan ’n mens se verhouding. ’n Mens leer ken die ander persoon ook dan eers regtig, want as dit goed gaan is alles maklik. En ja, opmaak is altyd lekker! Daai gevoel van ek is weer veilig waar ek hoort sal ek nooit genoeg van kry nie.

– Hanna Grobler as Terry

4 Wat is die gom van ’n goeie verhouding?

Hanna: Kommunikasie

Reynard: Die gom is respek, eerlikheid en liefde.

Juanita: Komminukasie, komminukasie! As jy presies weet wat in sy kop aangaan sal daar nooit misverstande wees nie. En daarna eerlikheid. As ek hom kan vertrou dat hy aan my kant is, kan niks tussen ’n paartjie kom nie. Eerlikheid bind mense saam.

5 Wie is jou mentors vir ’n goeie verhouding?

Hanna: My ouers

Reynard: Ek is gelukkig om ouers te hê wat nog smoorverlief was na 38 jaar se getroude lewe. Hulle het daai gom gehad, en hulle kon nog lag vir mekaar, na al die jare. Ek het hulle nog nooit sien baklei nie. Hulle het mekaar net aangevul en was nog steeds individue. Hulle het mekaar nooit probeer verander nie.

Juanita: My ouers natuurlik. Hulle is nog steeds getroud, en al was daar moeilke tye het hulle vasgebyt en daardeur gewerk. En een tip wat ek by my ma geleer het, wat ek glo werk, is dat jy nooit jou man voor ander mense afkraak of slegsê nie. Maak nie saak wat hy verkeerd doen nie.

6 Skei mense te vinnig? Moet hulle soos die karakters in die fliek hard werk aan die verhouding?

Hanna: Ja. Ek glo jy moet eerder ’n tou probeer ontknoop voor jy hom knip.

Reynard: Dis moeilik om oordeel te vel want elke situasie is uniek. Verhoudings kan nie altyd gered word nie, maar om te werk aan iets wat jy graag wil hê, is die moeite werd.

Juanita: Ek weet nie. Al wat ek weet, dit is ingewikkeld en vrek moeilik, want niemand se storie is dieselfde nie. Veral as daar kinders betrokke is. Ek dink nie dit sal skade doen om regtig alles te probeer gee om ’n mens se huwelik te red nie. Soms is dit goed om aan ’n huwelik te werk en soms is dit net beter om weg te breek.

7 Vertel ons van jou karakter in die fliek

Hanna: Terry is wyser as die ander en sy het lewenservaring. Al leef sy soms in ’n droomwerêld sê sy ’n ding soos dit is. Sy sien die waarheid en het ’n warm persoonlikheid.

Reynard: Pieter is ’n hardwerkende prokureur wat wil sorg vir sy familie. Hy kry net glad nie die balans tussen werk en familietyd nie. Dan gooi hy meer aandag in iets wat hy wel goed doen. En dis sy werk. Sonja was sy high school sweetheart. Hy is steeds lief vir haar, maar sukkel om saam met ’n geheim te leef wat baie stremming op sy verhouding plaas. Hy probeer altyd die regte ding doen, maar faal daarin op die stadium van sy lewe.

Juanita: Sonja is ’n passievolle vrou wat baie graag haar huwelik wil red en swanger raak. Haar man werk baie en wil nie by ’n dokter uitkom sodat hulle kan vasstel waar die probleem lê nie. Dit plaas meer spanning op hulle verhouding. Sy het haar werk verloor, sy was ook soos Pieter ’n prokureur. Sy het hom nie alles vertel wat gebeur het by die firma nie. Sy is van die rol geskrap, sy het in die plek van die firma die val gevat en nie vir Pieter gesê nie. Wat beteken sy kry nie weer werk nie en al hierdie dinge plaas nog meer druk op hulle. Die vakansie is soos ’n laaste uitweg om hulle huwelik te red.

Ek dink Sonja verteenwoordig die meeste vroue daarbuite, wat graag mooier, maerder, ’n ma, beroepsvrou en bowenal begeer wil word deur haar man. Net ’n bietjie aandag en sy sal happy wees. Dis ’n real life story wat op ’n ligter manier uitgebeeld word.

Reynard Slabbert as Pieter Jooste

8 Hoe hanteer jou karakter liefdesprobleme?

Hanna: Sy sê ’n ding soos dit is.

Reynard: Hy probeer alles teenoor homself en Sonja regverdig. Hy het altyd ’n verduideliking, maar sukkel om by die werklike probleem uit te kom. Hy probeer. As hy maar net tyd en aandag gee in plaas daarvan om ander goed te doen.

Juanita: Ek dink soos enige vrou praat sy te veel en luister te min. Soos in enige verhouding is sy te naby alles om te weet wat om te doen, tot sy ’n besluit neem om met hom te praat tot hulle alles uit gesorteer het.

9 Vertel ons wat jy uit Somer Son geleer het.

Hanna: Dis nie so maklik om ’n “groen film” te maak nie.

Reynard: Dat eerlikheid en kommunikasie jou ander helfte steeds jou beste vriend laat bly.

Juanita: Ons kan meer vir onsself en vir mekaar lag. Moenie te lank wag voor jy eerlik is oor hoe jy oor goed voel nie. Praat met mekaar. En as iemand sê hulle gaan ’n movie in Mosambiek skiet, dink 2 keer. Daar is niks en jy moet alles saamsleep.

10 Wat wag die jaar in jou loopbaan?

Hanna: Getroud met Rugby reeks 5, 6 nuwe gemeenskappe waar my organisasie ‘Hanna Charity & Empowerment Foundation’ werk asook ‘Buster die Brak’-vertonings.

Reynard: Ek is besig om aan ’n konsep te werk vir ’n nuwe reeks, maar ek wil nie nou al die aap uit die mou laat nie.

Juanita: Ek speel in Die Pro as Juffrou Beukes, wat volgende jaar vrygestel word.  En ek is tans besig met ’n radiodrama vir RSG. In Blindekol speel ek Linda de Souza. Dit was ’n groot uitdaging maar baie lekker.

Juanita De Villiers as Sonja Jooste

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.