kategorieë: Bekendes

Luna Paige

Beskryf jou musiekstyl.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is vir my moeilik om my musiekstyl te beskryf. ’n Mens kan verskeie inlvoede in musiek raakluister. Eerstens kan ek wel sê dat my musiek liriekgedrewe is. Dit is vir my belangrik dat die liriese inhoud van hoë gehalte is en dat die boodskap in elke lied gewig dra. Daar is country, blues, folk, pop en ligte rock-invloede. My doel met musiek is om iets tydloos te offer wat mens vandag en tien jaar later nog kan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe verskil hierdie album van jou vorige 4 albums?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek sou hoop dat die musiek meer volwasse is. ’n Mens poog om elke CD beter te maak as die vorige een – in terme van musiek, produksie-gehalte en ook tematies. Ek dink die CD is beslis dit. Dit voel vir my of ek nader aan my ware self beweeg en die CD is definitief ’n stap in die regte rigting. In hierdie CD is die fokus nie meer so sterk op klavierspel nie, maar meer spasie word in die liedere toegelaat en ons eksperimenteer met gly kitare en ’n moderne country-klank.

Wat kan luisteraars van die album verwag?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek poog om scenarios in die liedere te skep waarmee luisteraars kan identifiseer. Daar is songs wat jou lus sal maak om ’n bietjie te dans, daar is songs wat jou beslis gaan maak huil en dan net lekker songs wat jou hopelik op ’n verbeeldingsvlug van een of ander aard sal kan neem.

Hoe het jy die verskillende liedere in die versameling gekies?

Die vervaardiger van die CD en ook my vriend en baskitaarspeler, Schalk Joubert, het saam met my hieraan gewerk. Ons het deur al my nuwe songs gewerk, dit opgeneem, daarna geluister en gekyk watter songs tematies by mekaar aansluit en ook sal werk binne die musikale plan wat ons met die album gehad het. Van my songs is ook vir eers op ys gesit vir my en Gerald Clark se collaboration en opnames wat ons beplan.

Jy het ’n duet saam met Gerald (Clark) opgeneem. Wat het die spesifieke lied geïnspireer?

Ek en Gerald werk al ’n paar jaar saam. Ons het gevolglik ’n produksie met die naam LOVEMORE op die planke gebring. Dit is ’n versameling oorspronklike en cover-liedere en duette wat alles handel oor die liefde. Die liedjies wissel tussen blues en country genres en gehore is gaande daaroor. Ek het die fliek One Day (met Anne Hathaway en Jake Gyllenhaal) gekyk en die storie was vir my so mooi dat ek net ’n song daaroor wou skryf. Dit gaan oor twee mense wat al vir 20 jaar vriende is en sukkel om aan mekaar te erken dat hulle lief is vir mekaar. Ek het gedink die song sou perfek pas by die LOVEMORE-produksie. Ek het dit toe spesifiek so geskryf – met manlike en vroulike parte en Gerald uitgenooi om te kom saamsing. Hy het baie baie mooi gesing.

Daar is ook ’n a capella op jou nuwe album. Wat het dit geïnspireer?

Ek spandeer baie tyd op die pad. Dit is baie ure alleen en mens raak so ’n bietjie mallerig soms. Dit was op een van die oomblikke op die pad wat ek gewonder het – as ek ’n liedjie was, watter tipe liedjie sou ek wees? Ek maak toe sommer daar ’n song op agter die stuurwiel. Toe ek later probeer om musiek by die song te sit, werk dit nie! Ek besluit toe om dit sommer net so a capella te hou. Die naam is If I were a song.

Wat is jou gunsteling lied op die album?

Oe, dis vir my moeilik om te sê. Ek wou eers glad nie na die CD luister nie. Die laaste paar dae het ek nogals baie daarna geluister en daar is van die songs wat onverwags aan ’n mens groei. This Space is vir my spesiaal omdat dit ’n baie eerlike lied is oor ’n onlangse ervaring wat ek gehad het – ook omdat die instrumentasie so minimalisties is en die lirieke meer ruimte gee om te praat. Surrender is ook een van my gunstelinge – g’n mens weet waarom nie.

Jy speel klavier en kitaar. Is jou familie ook musikaal?

Ja, ek speel beide. Klavier is definitief my beter instrument. My pa het in ’n orkes gespeel toe hy jonk was. Hy was die tromspeler. My ma het weer op skool bekendgestaan as die Nagtegaal van Bronkhorstspruit. Sy het ook soms saam met my pa-hulle gesing wanneer hulle opgetree het. Ek vind toe later uit dat my ouma ook aan operettes deelgeneem het. Sy was die hoof van die vrouegevangenis en het elke jaar as hoofsanger in die operette opgetree en was blykbaar vreeslik entertaining.

Ek het op skool al begin sing, maar was sopraan in die koor – snaaks genoeg – ek kan glad nie nou meer hoog sing nie. Ek het ook op skool klassieke musiek geneem, maar ek moet bieg ek het nie baie hard geoefen nie! Die meeste van my oefentye het aan toonlere gegaan en dan het ek begin liedjies skryf. Daar was gevolglik ’n paar uiters vernederende situasies gedurende eksamens. Soveel so dat my musiekjuffrou die eksaminator gevra het of ek nie maar eerder van my eie liedjies kan speel in plaas van die klassieke musiek wat ek moes voorberei nie. Hy was gelukkig gaaf genoeg om dit toe te laat en het my laat slaag op grond van my toonlere en kreatiwiteit. Dit was nogals snaaks.

Hoe kry jy dit reg om emosie so sterk oor te dra?

Ek is maar ’n emosionele mens wat observeer, ervaar en weergee. Omdat die songs wat ek skryf vloei uit persooonlike ervarings – dit is eerlik en opreg en ek dink dit is hoe ek daarin slaag om emosies sterk weer te gee. Dit kom van ’n persoonlike spasie. Musiek is my uitlaatklep. Daarsonder was ek dalk nie ’n baie gelukkige mens nie. Dit is ’n wonderlike stres-ontlader.

Hoe lyk jou skryfproses?

Ek skryf nie elke dag nie. Dit kom meer in golwe. Ek kan gewoonlik die tekens van ’n skryfgolf voel aankom. Dis asof alles ’n klein bietjie meer heightened raak. Ek vind dat woorde in my kop “in-pop” of idees begin oor en oor in my kop rondwoel – ek begin ook dikwels dieselfde tema raaksien in alledaagse gebeurtenisse – dan weet ek, o gits hier kom ’n storie. Ek los dit gewoonlik tot dit onuithoudbaar raak – dan stel ek my klavier op en die res gebeur vanself. Dit kan enige plek gebeur – in die kar, by die huis, in ’n gastekamer op die pad – waar ookal.

Waar is die beste plek wat jy al opgetree het?

Weet jy – ek moet nog by die beste plek optree. Daar is nie een optrede wat vir my meer uitstaan as die ander nie. Elke optrede is vir my spesiaal in sy eie reg – veral wanneer ek vanuit die regte spasie uit sing. Die grootte van die gehoor, die estetiese waarde van die plek waar ek optree – niks daarvan maak saak nie. Wat wel saakmaak is die gehoor – en hoe hulle reageer op die musiek. Dit is ’n energie wat ongelooflik is om te ervaar – ’n waarderende gehoor. Ek dink nie luisteraars besef watter groot rol hulle speel nie. Daar is sommige mense wat heeltemal te onsensitief is wat dit betref. Hulle kan die kunstenaar se gees opbou of heeltemal breek, binne een uur.

Na watter musiek luister jy?

Ek luister snaaks genoeg nie baie musiek nie. Dit is seker ’n bietjie vreemd. Ek vind wel dat wanneer ek na musikante luister – is dit gewoonlik singer-songwriters. Die wat vir my uitstaan is Paul Simon, JJ Cale, Nick Cave, Gillian Welsch, ag – daar is baie! Ek hou van rock, blues, country, folk en klassiek. Ek sukkel ’n bietjie met pop.

Jy het maatskaplike werk gestudeer?

Ek is maar van kleins af geneig om humanitarian op te tree, so dit was ’n natuurlike proses om maatskaplike werk te gaan studeer. Ek is een van daai mense wat elke nou en dan hierdie oorweldigende oortuiging kry dat ek as enkeling die wêreld kan verander (wat nogals tragiese gevolge kan hê wanneer jy van jou droomboot afklim). Ek het besef dat musiek ’n ongelooflike kanaal is om verandering teweeg te bring sonder om enige iemand te kwaad te maak. Dit is subtiel, dit bedreig nie en dit roer ’n mens in plekke waaroor jy nie ten volle beheer het nie. Dit is juis die konsep waarop musiekterapie geskoor is. Ongelukkig moes ek kies tussen maatskaplike werk en musiek – beide beroepe vra jou alles en ek het myself in twee begin skeur en was baie na aan uitbrand. Ek het musiek gekies. Ek voel steeds dat ek deur my musiek op meer subtiele maniere ’n bydrae kan lewer tot mense se denkprosesse.

Word jy geïnspireer deur digkuns?

Oe ja. Ek word geïnspireer deur stories – en dus ook deur digkuns. Maar ook romans, kortverhale en flieks. Dit maak vir my sin om ander skrywers se werke te bestudeer. Hulle is immers kenners van die woord. Hulle weet hoe om dit wat elkeen van ons daagliks ervaar en mee worstel, so te verwoord dat dit alles opsom en duidelik maak. Dis ’n gawe wat min mense het. As liedjieskrywer dink ek dit is belangrik dat mens letterkunde bestudeer. Daar is so baie woorde en maniere om een ding te beskryf.

Wat is jou gunsteling aanhaling?

Ek was nog nooit een vir aanhalings nie. Ek kan dit nooit onthou nie. Ek heg wel baie waarde aan die woord Aanvaarding. Ek dink dit is amper meer belangrik as liefde. In fact – ek dink liefde is aanvaarding.

Besoek  haar webblad vir meer besonderhede – www.lunamusic.com

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.