kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met: Jan Braai

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer oor die opkomende Jan Braai vir Erfenis-seisoen. Wat kan ons verwag?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is ons sesde jaar en die eerste episode van hierdie reeks is die 105ste episode van Jan Braai vir Erfenis. So jy sou kon sê ons is teen dié tyd al goed ge-braaisout. Met sosiale media, veral die Jan Braai Facebook-blad kom mens natuurlik baie vining agter wat dit is waarvan kykers hou, want hulle vertel vir jou. En as dit nie op Facebook is nie, dan keer mense jou voor in die straat, supermark of op ’n vliegtuig en vertel jou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die dinge waarvan mense hou is lekker braai-avonture waar ek op snaakse, gevaarlike of vreemde plekke braai. Kykers hou van nuwe braai metodes of ‘tricks’ en dan natuurlik fantastiese braairesepte wat jy self, met groot sukses by die huis kan aanpak. Dit was/is dus die idee om seker te maak dat kyker dié drie elemente in elke episode sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat maak dié seisoen anders as die voriges?

Ons braai in elke episode ten minste een keer in my eie huis se braai-kombuis. Soos hierbo genoem het ons fantastiese, hoë-kwaliteit, innoverende braairesepte en om hulle so aan te bied dat elke kyker hom met sukses by sy/haar eie huis kan herhaal, is ’n integrale deel van die program.

Ons het in die verlede die resepte op enige plek, maak nie saak hoe chaoties dit was nie, aangebied. Soms sak die son te vining of dit reën of die wind waai of honde blaf of vliegtuie kom verby of die polisie jaag ons weg of die kameras se batterye raak pap. En dan moet ons hoeke sny en die kwaliteit van die aanbieding van die resep moes daaronder lei.

Dié jaar wil ek seker maak dat die hoofresep van die episode 100% perfek op TV vertoon. Daarom braai ons in elke episode in my huis waar daar perfekte toestande is. Hier kan ons dus alle energie fokus om vir jou te wys presies hoe om die perfekte braaigeregte op die vuur, by jou huis, aanmekaar te slaan. Die res van die tyd braai ons natuurlik steeds wild en wakker soos ons toer!

Wat is jou gunstelingepisode uit dié reeks?

Ek en my TV-span gee 110% krag, energie en liefde vir elke episode. Ek dink nie daaraan as ’n halfuur-episode in ’n reeks van 26 nie. Ek dink daaraan as ’n halfuur-kortfilm wat op sy eie moet sin maak en op sy eie een van die lekkerste halfure van jou lewe moet wees. Elke episode moet goed genoeg wees dat as dit ’n spesifieke mens se eerste keer is wat hy of sy kyk, hulle dit volgende week weer sal wil kyk. My gunstelingepisode is dus die eerste een wat nou uitsaai.

Watter rol, dink jy, speel die konsep van “braai” in ons erfenis?

Ons land, Suid-Afrika, het ’n ryk en diverse erfenis, maar om te braai is ons gemeenskaplike erfenis. Om rondom ’n vuur saam te kom en daar kos te maak en gesellig te verkeer is die een ding wat alle Suid-Afrikaners in gemeen het. Dit is ’n gebruik wat al van oertydperke in Suid-Afrika voorkom en was/is integraal tot ons ontwikkeling as samelewing.

Waar kom jy aan al jou braairesepte?

Ek is maar altyd op die uitkyk vir nuwe idees. My twee hoofbronne van inspirasie is om dinge wat reeds bestaan, vir braai aan te pas, byvoorbeeld ’n malva pudding in ’n potjie of pizzas op ’n rooster.

Die ander ding is om te kyk na geur- en smaakkombinasies wat op ander plekke as wenners bewys is en daardie wysheid op die braaivuur toe te pas. As ’n konsep in ’n toprestaurant se kombuis werk, gaan daardie selfde smaakkombinasie tog werk as jy hom op die braaivuur gebruik, byvoorbeeld heuning en mosterd wat lekker saam met vark werk.

So my huidige gunstelingbedruipsous vir varktjops is ’n 50/50-mengsel van heuning met twee soorte mosterd.

Die ander ding is om met ’n nuwe, vars oog na algemene aanvaarde praktyk te kyk. In daardie opsig is ek ’n baie liberale braaier. Net omdat iets nog altyd so gedoen is, beteken dit nie dat ons dit moet aanhou doen nie.

Toe ek 11 jaar gelede met Nasionale Braaidag begin het, en nog nie eens as Jan Braai bekend was nie, het alle steakbraai-gidse gesê dat jy nie die steak moet sout voor jy hom braai nie, want dit maak hom taai! Vandag weet ons dat dit nie waar is nie. Daar is selfs sekere gevalle waar jy ’n beter resultaat kry deur juis die steak ’n uur vóór die braai te sout.

Waar in Suid-Afrika is dit, na jou mening, die beste plek om te braai?

Ons land is so mooi dat dit onmoontlik is om te sê, maar vir my persoonlik is die Karoo (klein en groot) sowel as die Weskus altyd baie lekker.

Wat is jou gunstelingvleissnit om te braai?

Tans gaan ek nogal deur ’n hamburger-fase. So ek vat ’n paar lekker beessnitte, maal hulle en maak my eie patties. Dan in terme van steak, braai ek chuck omdat hy lekker baie smaak het, lekker stukkies vet in het en goed geprys is.

Met skaap is ek baie lief vir ’n lendetjop en met hoender hou en van daardie pakkies dye en boude sonder die vel. Ek maak ’n lekker kerrie-potjie daarmee.

Watter staatmaker braaigereg is jou gunsteling?

Die tradisionele, Suid-Afrikaanse braaibroodjie. Witbrood, gebotter aan die buitekant, bloedrooi tamaties, uie, sout en peper, ’n bietjie blatjang en natuurlik verouderde cheddar. Braai dit oor baie matige kole en draai gereeld tot dit goudbruin aan die buitekant is en die kaas gesmelt is.

Wat is die mees waardevolste braai-les wat jy geleer het?

As jy wonder of die vuur groot genoeg is, dan is die vuur te klein!

Kan ons ’n 10de reeks verwag?

Definitief! 2017 hier kom ons!

* Onthou om Jan Braai vir Erfenis, elke Sondagaand om 18:00 op kykNET, DSTV kanaal 144, te kyk.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.