kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Jana Strydom

Vertel ons van jou transformasie vir die rol?
My grimering het langer as gewoonlik geneem, maar op Suid-Afrikaanse stelle het grimeerkunstenaars selde die voorreg van tyd tot hul beskikking. Aangesien my kinders tydens verfilming ongeveer 2 en 4 was, en ek ’n redelike betrokke ma is, was ek skraal van speel en ma-wees – dit het bygedra tot die uiterlike voorkoms van ’n vrou wat siek en verswak is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe het die fliek jou as ma beïnvloed?
Elke situasie wat jou konfronteer met dit wat werklik belangrik is in die lewe, is ’n geleentheid om dit dieper te integreer en oor te dra aan jou kinders. Dis vreesaanjaend om te dink dat jy jou kind oorlaat aan die lewe, soos in Maria se geval waar sy sterf aan kanker. Dis vir my belangrik om die tyd wat ek tot my beskikking het te gebruik om my kinders toe te rus met die nodige vaardighede en liefde om selfstandig en selfversekerd die wêreld in te gaan.  Ons gaan foute maak.  Hulle gaan foute maak. Dit is deel van hierdie gebrekkige wêreld, maar ons is in beheer van ons intensies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe was die moraal op stel?
Dit was ’n hegte intieme stel, maar die moraal was alles behalwe somber. Met grapjas Darrel James Roodt as regisseur en Hykie (Berg) se blinkoog positiwiteit, was dit ’n veilige spasie om jouself kwesbaar en swak te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe was dit om saam met ander bekendes te werk?
Omdat my karakter redelik vroeg in die film sterf, het ek ongelukkig net die geleentheid gehad om saam met Hykie en Deandre (Reiners) te werk.  Hulle is fantasties.  Ek ken vir Hykie van Egoli-dae af en Deandre het ’n eerlike en onopgesmukte speelstyl.

Waarom, sal jy sê, is hierdie fliek ’n moet-kyk?
Ek is ’n proudly South African-meisie, so enige Suid-Afrikaanse fliek is in my boek ’n moet-kyk!

Watter invloed, dink jy, het musiek (en die geleentheid om ’n musiekinstrument te leer speel) in ’n kind se lewe?
Die Sjinese filosoof, Confucius, het eens gesê: “Music produces a kind of pleasure, which human nature cannot do without.” Ek is geneig om met hom saam te stem. Musiek het dieselfde magic as film, teater, ens.  Daar is ook talle studies wat bewys dat om ’n musiekinstrument te beoefen, of om selfs net na musiek te luister, jou geheue verbeter!

Verskeie temas van hartseer tot vergifnis word in Verskietende Ster vervat. Hoe dink jy sal dit met die kyker resoneer?
Temas soos vergifnis, pyn, verwyt en teleurstelling is universeel. As die kyker bewustelik lewe sal hy beslis aangeraak word, dis ’n fliek met hart en nie gemaak vir die massas nie.

Die fliek plaas sterk klem op ingebore talent. Glo jy dat mense van nature talentvol in ’n sekere veld kan wees?
Ek doen.  Ek glo in natuurlike talent, maar ek glo ook dat betrokkenheid, aanmoediging en repetisie/herhaling verbetering as resultaat sal wys.

Volg Jana op Facebook en Instagram

Volg Verskietende Ster op Facebook om op hoogte van die jongste nuus te bly.

Kyk hier na die lokprent:

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.