kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Koekedoor-wenner, Mareli

“’n Mens moet braaf wees. Deur so nou en dan uit jou gemaksone te beweeg, kan jou lewe verander en jy sal jouself die meeste van die tyd verbaas tot wat jy eintlik in staat is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy is gebore en getoë in die Noord-Kaap en was haar hele skoolloopbaan in Douglas, ’n klein dorpie op die oewers van die Vaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek het ’n trou-plek met die naam Casa Mila in Douglas en doen voltyds korporatiewe- en troufunksies. Ek bied ’n volledige pakket aan my kliënte wat tafels, blomme en kos insluit.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy is getroud met Hennie en haar twee spruite is Cilliers (13) en Mila (9).

Sy het besluit om vir die program in te skryf want sy het gevoel sy is op ’n punt in haar lewe waar sy lus was vir ’n nuwe uitdaging.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Nadat ek die inskrywingsvorm gelees het, het ek besef die kompetisie is so in my kraal.”

Sy het ’n Huishoudkundegraad in haar sak, maar skroom nie om op YouTube aan te klop vir bak-wenke nie.

Mareli se bakgeheime

*Moenie die oond oopmaak terwyl jy bak nie. Loer maar eerder deur die venster.
*As jy ’n klomp eiers moet breek, doen dit een vir een in ’n klein bakkie. ’n Vrot eier kan jou hele mengsel bederf.
*Klits jou botterversiersel twee keer solank soos wat jy wou. Hoe langer jy dit klits, hoe ligter is jou versiersel.
*Weeg alles. Sonder ’n skaal is dit maklik om verkeerd af te meet. Ek weeg ook sommer my water en melk en spaar sodoende op die vuil skottels.
*Ek skep my kolwyntjies met ’n roomyslepel (daardie lepels met die skoonkrap meganisme) dan is almal ewe groot en jy spaar baie tyd.

– Mareli se troukoek op Koekedoor wat haar uiteindelik die titel in die sak gejaag het

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

23 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.