kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Leandie du Randt

Die rolprent was in Australië by die Gold Coast Festival te sien saam met internasionale flieks soosThe Grand Budapest Hotel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Leandie het dit baie geniet om Margot te speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Sy is baie lewendig en sprankelend en dus pret om te speel. Sy lewe elke dag asof dit haar laaste dag is en het lief met haar hele hart en siel. Daar is geen perke aan die maatstaf waarmee sy Hendri liefhet nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy vertel hoe baie sy van die liefde en lewe by Margot geleer het. Rolle waaruit sy kan leer en wat kykers sal inspireer is haar gunstelinge.

“Ek hou daarvan om soveel as moontlik verskillende rolle te vertolk om my vaardighede as aktrise te verbreed en omdat dit lekker is om uitgedaag te word. Anders speel mens heeltyd dieselfde rolle. En dis juis hoekom ek so lief is vir toneel speel, omdat ek met elke rol ’n ander soort realiteit kan beleef en naboots.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het pas Mooirivier voltooi waarin sy ’n hopeloos romantiese student speel. Sy gaan ook te sien wees in Hollywood In My Huis. Daarin speel sy ’n feeksagtige nare karakter.

“Ek het nog nooit ’n antagonistiese rol gespeel nie so dit is vir my ’n baie lekker uitdaging.”

En dan gaan sy ’n meer konserwatiewe, ordentlike ryksmanskind-rol speel in die fliek, Strikdas.

“Die karakter wat ek daarin vertolk word uitgedaag om bietjie uit haar gemakseone te kom en te begin lewe vir haarself en nie vir ander of wat ander van haar verwag om te wees nie. Ek sien baie uit na die rol.”

Leandie het ook ander talente. Haar boek vir tienermeisies is sopas vrygestel.

“Die title, Gemaklik in jou Eie Lyf, pas by al die rolle wat ek vertol. Ek streef daarna om elke rol wat ek speel die karakter so gemaklik te laat voorkom met haarself as moontlik.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.