kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 23

Kinkel op die lughawe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Henk klink saaklik. Hy vlieg die aand Dubai toe om Konrad met regshulp by te staan en wil weet of Liesl en die kinders briefies wil saam stuur. Hulle spreek af om by ’n koffiewinkel naby die internasionale vertreksaal te ontmoet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek kon darem weer vinnig met Konrad praat. Die spul daai kant is nie baie vriendelik nie, maar Konrad klink ok. Daar is bietjie komplikasies. Volgens die dokumente wat vir my gestuur is, kan ek aflei een van die mense wat saam met Konrad in die vergadering was toe hulle in hegtenis geneem is, is ’n Westerse vrou en nou beweer die Arabiere sy is romanties verbind met een van die mans en hulle was glo alleen in ’n kantoor toe die polisie toegeslaan het. Die moslems kan mos so oorreageer oor sulke dinge.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liesl probeer van pure senuwees ’n grap maak.

“Gelukkig kan dit nie Konrad wees met wie die vrou ’n verhouding het nie, nê? Ek meen, hy het mos reeds vir Isa?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Henk is nie bekend vir sy humorsin nie. Hy gee ’n geforseerde laggie.

“Ek is juis op pad na Konrad en Isa se huis om klere te gaan haal.”

“O, ek sien. Jy gaan seker van haar ook ’n briefie saamneem? Ek neem aan Konrad sou dit waardeer?”

“Wag nou, Liesl, dis nie nou … Ek hoor Isa is in elk geval in die hospitaal opgeneem met komplikasies na haar operasie. Ek moet nou gaan, sien jou later vanmiddag by die lughawe.”

Die oomblik toe Liesl die foon dood druk, is Emily gereed met kommentaar.

“As dit Konrad is wat met die vrou deurmekaar is, hoop ek hy verrot in daardie tronk. Dit sal my nie verbaas nie.”

“Ag Em, ek wens dit was Konrad wat met die vrou verbind is en dat dit al is waaraan hy skuldig is. Ek gee nog om vir hom, Emily! Hoor jy my? Ek gee om vir die blikskottel al het hy my hart die honderste keer gebreek. Hy het die laaste weke gewys hy is regtig jammer oor alles en ek glo hom. Dalk, … as hy deur hierdie ding kom, kan ons weer probeer? Ek glo dit. Dit is wat my aan die gang hou.”

Liesl trek haar knieë tot teen haar lyf om die pyn van die knop op haar maag te probeer verlig.

“Ai Liesbet, ek weet jy is lief vir hom, maar hy maak my woedend as hy so mors met jou. Hoekom kon jy nie vir iemand soos Harry geval het nie? Harry is die soort troumateriaal wat ons op universiteit misgekyk het. Ek verstaan ons vroumense nie. Ons gaan nooit vir die troumateriaal nie, dis asof ons die mans uitsnuffel wat ons harte kan fyn trap.”

Toe hulle uiteindelik ’n parkeerplek by die lughawe kry, filosofeer Emily oor al die troumateriaal wat sy al deur haar vingers laat glip het. Liesl sien duidelik deur haar plan en laat haar vriendin begaan want sy weet die gesprek is net ’n weerligafleier. Emily wil haar gedagtes van Konrad weghou. Maar die oomblik toe Erna deur die aankomssaal se deure stap, is dit asof ma en dogter die sluise ooptrek. Emily laat hulle gehuil maar begaan en neem Erna se trollies oor. In die luukse suite, waar hulle die dag gaan deurbring, bestel sy sjokolade en wyn.

“Dis wat ons nou nodig het. Ons kan die boring toebroodjies wat hulle hier gelos het, later eet.”
Liesl en Erna lê op die dubbelbed en probeer die misterie rondrom Konrad uitpluis. Hulle eet sjokolade en sluk dit met wyn af tot dit tyd is om Ludwig te gaan haal.

“Jis jis, wie is dood? Vir wat tjank julle so? Pa gaan ok wees, die hele ding is net ’n misverstand, julle sal sien.”

Liesl ken haar seun goed genoeg om te weet hy probeer net die spanning ontlaai. Die kind lyk afgemat en gespanne en hy praat vinnig sy emosie oor sy afgestelde rugbytoer weg.

As Konrad deur hierdie ding kom, besluit Liesl, sal hy groot skadebeheer met sy kinders moet toepas. Sy weet goed Konrad se affairs en die egskeiding het die kinders dieper geraak as wat hulle wys. En nou dié ding. “Ag Here, moenie dat my kinders hulle respek vir hulle pa verloor nie. Laat Konrad asseblief onskuldig wees. Hou hom asseblief veilig want ek is lief vir hom… Ons is lief vir hom,” prewel sy by haarself terwyl die kinders briewe vir hulle pa skryf.

Emily en die kinders loop rond in die lughawewinkels terwyl Liesl vir Henk wag. Sy hoop sy sal nog brokkies oor Konrad uit hom kan trek want sy is daarvan oortuig dat hy meer weet as wat hy voorgee.

“En toe, hoe hanteer Isatjie die ding?” Liesl is lankal nie meer lus vir diskresie en ordentlikheid nie.

“Ek was by haar aan in die hospitaal. Sy het kwaai infeksie na die operasie en gaan moontlik die plastiese chirurg dagvaar. Regte kwak daai een. Ek al hom graag bietjie wil aanskroef. Hulle sal eers moet bepaal of sy letsels na die infeksie gaan opdoen. Maar ja, dis waarop sy nou konsentreer. Ek kry die indruk dinge tussen haar en Konrad is nie te wel nie.”

Liesl voel verlig oor dié inligting. Teen haar eie beterwete klou sy aan die hoop dat al die dinge wat Konrad die afgelope weke vir haar gesê het waar is: Dat hy spyt is oor al sy affairs … en dat hy haar nog liefhet.

Sy weet Emily gaan weer sinies reageer op die nuus, maar kan tog nie wag om haar te vertel dat Isa en Konrad se verhouding volgens Henk in troebel waters is nie.

Emily bespring Liesl byna toe sy by die restaurant instap waar sy en die kinders vir haar wag.

“Liesbet! Jy sal nooit glo wie het ons gesien nie! Ons loop nog so en shop toe sien ek haar aangestap kom! Onmiskenbar sy, sê ek jou! Daar was baie mense en ons het haar vir ’n rukkie verloor. Maar toe verskyn sy weer. Lang swart jas en donkerbrille, maar ek het dadelik geweet … dis sy!”

Erna onderbreek Emily en vertel opgewonde hoe hulle drie die vrou agtervolg het tot by die internasionale vertreksaal en hoe hulle gesien het toe sy haar bagasie ingee. Ludwig het verskeie foto’s geneem en Erna het die vrou haar tot in die kleedkamer gevolg.

“Ek het gemaak of ek ’n selfie van my neem toe sy haar grimering opgeknap het, Mamma, dis sy!”

Tussen die drie se opgewondenheid kry Liesl nie ’n woord in nie. Sy het geen idee na watter misterieuse vrou Emily en die kinders verwys nie en neem aan dis die een of ander beroemde rolprentster op rockster wat die driestuks so opgewonde het.

Sy bekyk eers Ludwig se foto’s van die vrou in die swart jas en die bekendheid neem toe soos sy die een na die ander foto bekyk waar die vrou inkopies doen.

Maar dit is Erna se “selfie” in die kleedkamer wat haar bloed finaal laat stol.

Dis Isa!

Daar is geen teken van ’n letsel aan haar gesig nie. Henk het haar belieg! Isa is op pad Dubai toe!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.