kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Lee-Ann van Die Boekklub

Vertel ons meer van jou karakter, Gerwin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gerwin is voor die kansel gelos en aanvaar toe die eerste beskikbare onderwyspos in Merweville. Sy koop ’n huis in die dorp met erfgeld en is reg om weer van vooraf te begin, maar dan is daar hierdie aantreklike boer… en die arme kind wat bly opdaag!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoekom dink jy sal mense met Gerwin kan identifiseer?

Sy is snaaks, doelgerig en liefdevol, maar sy sukkel om ’n lewensmaat te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunstelingplek op stel?

Voor die kamera, natuurlik. Ek hou van werk. Ek kan nie lank stilsit nie.

Hoe lyk ’n normale dag op stel?

Hurry up and wait” soos hulle sê. Dit hang af of die karakter wat jy speel baie betrokke is in die storielyn op daardie dag, of nie. Maar gewoonlik is dit vroeg op, die feetjies in make-up and wardrobe wat jou mooi en kwaai laat lyk, en dan werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat doen jy graag in jou vrye tyd?

Omdat werk my baie besig hou, soek ek stilte. Ek loop graag met my hond, Liquorice, strand af en berg-op, en speel met my sewejarige dogtertjie. En slaap.

Watter episode was tot dusvêr jou gunsteling om te verfilm?

Spokejag in episode vyf was vet pret!
Ook die Harry Potter-episode (Episode drie).

Waarom dink jy hou so baie kykers van Die Boekklub?

Dis nuut, met ongelooflike karakters en die teks is en fenomenaal. Amazing skrywers. Quentin Krog se oog, styl en manier het ons so mooi, sterk ondersteun. Hy is ‘n wonderwerk. Hy het nooit sy cool verloor nie.

Wat kan kykers in die oorblywende episodes van Gerwin verwag?

Haar storielyn word net beter… hou aan kyk.

Wat, dink jy, gaan tussen Lillie en Tom gebeur?

Ek weet wat gebeur, maar kan nie, mag nie, wil ook nie sê nie. Die liefde is ’n geheim. My ouma het altyd gesê: ‘Onthou Lee-Ann, dis “in love” in Engels, maar “in laf” in Afrikaans”. En een van my gunsteling Spaanse spreekwoorde is ‘Cuando amor no es locura no es amore’ – if it is not madness, it’s not love.

Watter karakter se storie is vir jou die interessantste?

Jana Cilliers se karakter, Anna. Sterk vrou, gebreekte liggaam, ’n siener.

*Lee-Ann is ook in twee ander verhoogstukke, Othello en Fiela se Kind, te sien. Onder volg meer inligting.

Othello: Word tans by die Maynardville opelugteater opgevoer tot 23 Februarie.
Fiela se Kind: Word van 7-11 Maart by die US Woordfees opgevoer, asook 17-23 April by Artscape.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.