kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Riana Nel

Wat is jou gunstelingliedjie om te sing?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die een wat ek opmaak op die verhoog. Dis exciting en spesiaal vir die persoon vir wie dit is. Ek hou van die uitdaging en om elke keer iets nuuts te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van wie se musiek hou jy (plaaslik en internasionaal)?

Ek is ’n groot fan van Prime circle en Dan Patlansky! Hulle is so internasionaal soos wat kan kom en het nooit hulself in ’n boksie geplaas nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wie of wat inspireer jou?

Ek kyk geweldig baie op na mense wat vegters is. Mense wat nooit nee vat vir ’n antwoord nie. Die wat aanhou glo in hulself maak nie saak wat nie. Maar meer as dit, mense wat weet wie hulle is soos Elvis Blue, Retief Burger, Joe Niemand en Sheryl Crow.

Jou geloof is vir jou belangrik. Hoe hanteer jy uitdagings in die musiekbedryf?

Ek dink die lewe is ’n uitdaging op sy eie, maar vir my is dit dieselfde as vir ander … bly in die Woord en onthou wie jy is in Jesus. Daar sal altyd iemand beter wees as jy, so jý moet onthou waarom jy doen wat jy doen en dat dit oukei is as ander mense ook goed doen! Dis eintlik moeilik om ’n grootkop te kry in die bedryf, ’n mens moet meer versigtig wees vir vergelykings. As ek myself omring met mense wat voel oor Jesus soos ek, dan bly ek sane.

“Ek kyk geweldig baie op na mense wat vegters is”

Wat is jou grootste droom?

Dat my kinders die Here op ’n vroeë ouderdom sal leer ken en ’n ware verhouding met Hom sal hê. Die lewe maak regtig nie andersins sin nie.

Hou jy nog by jou nuwejaarsvoornemens?

Lag! Ek wou meer boeke lees en sover gaan dit goed. Ek het al so 4 of so gelees.

Wat is jou 5 beste skoonheidswenke?

  1. As jou hare vuil is, maak seker jou makeup lyk mooi.
  2. As jy nie makeup aanhet nie, maak seker jou hare lyk mooi.
  3. Swart lyk op TV meer vleiend as enige ander kleur.
  4. Die kitaar steek baie sondes weg.
  5. Moenie te veel worry oor hoe jy lyk nie! Smile net.

Wat is jou lewensmotto?

Meeste dinge kan wag, spandeer jou tyd eerder op verhoudings en Pos vandag se brief môre, het my ma altyd gesê.

Riana was ook ons voorbladvrou vir die Februarie 2015-uitgawe van rooi rose. Lees ons onderhoud met haar hier

“Ek het altyd geweet ek sal sing, maar ek het tog baie daarteen gestry. Maar ek moet erken: sang is ’n baie rewarding beroep. Nie net oor die sang en die interaksie met die gehoor nie, maar ook omdat ek produktief kan wees en mense deur my werk bereik. Ek wil iets vir mense beteken. Ek soek in alles wat ek doen na die betekenis en sin van die lewe.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.