kategorieë: Bekendes

Van Coke Kartel groet met ’n laaste toer

Die rockgroep Van Coke Kartel sien binnekort hul laaste Sondag in: die groep het onlangs aangekondig dat hulle opbreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sosiale media het gegons oor dié aankondiging – vir menigte aanhangers is dit ’n bitter pil om te sluk. Maar, al voel dit vir baie soos die einde van ’n briljante groep, beloof die manne om met hul kenmerkende energieke optredes te groet. Hulle skop vandeesweek af met ’n laaste landwye toer. Die toer begin Vrydagaand, 14 Julie by Arcade Empire in Pretoria (een van hul gunsteling-optreeplekke). Dit strek deur Johannesburg, Potchefstroom, Stellenbosch en eindig in Kaapstad op die 28ste Julie 2017.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

A post shared by Van Coke Kartel (@vancokekartel) on

Die groep het vyf tromspelers in hul 10-jaar bestaan gehad en in sommige optredes sal van hulle voormalige tromspelers op die verhoog saamspeel. Vir die meerderheid optredes het die kerngroep, Francois van Coke (stem, kitaar), Wynand Myburgh (baskitaar), en Jedd Kossew (kitaar, stem), egter besluit om vir oudlid Jason Oosthuizen (dromme) te nooi omdat hy deel was van heelwat hoogtepunte in die groep se dekade-lange leeftyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van Coke Kartel het ontstaan toe Fokofpolisiekar ’n breek geneem het in 2007 en Wynand en Francois nie geweet het wat hulle wou doen nie; behalwe dat hulle steeds musiek wou maak. Hulle het besluit om te bou op die swaarder kant van Fokofpolisiekar en vir die eerste keer in hul loopbane was Wynand en Francois die hoofliedjieskrywers in ’n groep. Hulle noem dat hulle oorspronklik gesukkel het. Twee ander lede het bygekom, Jedd Kossew en Justin Kruger, en Van Coke Kartel het vinnig gewildheid verwerf vir hul optredes, hegte spel en donker lirieke.

Op Maandagoggend, 11 Julie 2017 om 11:00, het Van Coke Kartel ’n livestream-onderhoud op facebook gevoer waar aanhangers al hul brandende vrae kon vra. Een van die groot vrae was waarom hulle nou tot ’n einde kom. Die Van Coke Kartel-lede het genoem dat hulle nie opbreek oor hulle vassit nie. Die geval is eerder dat die groep se lede gewoon te besig is met ander projekte en nie meer tyd het om die nodige aandag aan Van Coke Kartel te spandeer nie. Hulle het in Desember 2015 laas opgetree en hul mees onlangse album is uitgereik in 2014 – dit het vir die groep en hul aanhangers gevoel asof hulle seisoene om gewag het. Hulle voel ook dat hulle bereik het wat hulle wou met die groep. Nie net het hulle oorsese toere meegemaak nie, maar hulle het vyf albums uitgereik en gereeld landwye konserte gehou. Hulle het boonop drie keer SAMA’s vir die Beste Rock Album verower: in 2009 vir Waaksaam en Wakker, in 2011 vir Skop, Skiet en Donner, en in 2014 vir Bloed, Sweet en Trane. Dus, in plaas van stilweg stof word wil hulle eerder met ’n laaste ontploffing groet.

In plaas van stilweg stof word wil hulle eerder met ’n laaste ontploffing groet

Gelukkig kan die lede van Van Coke Kartel nie vra “wat het van ons geword” nie. Beide Francois en Wynand speel steeds in Fokofpolisiekar, wat onlangs van hulle hiaat ontwaak het. Hulle is juis besig om ’n nuwe album op te neem. Francois van Coke het die afgelope ruk vir homself ’n solo-loopbaan uitgekerf met bulderende sukses. Jedd het ook ’n solo-loopbaan en hy speel in Francois se begeleidingsgroep (Die Gevaar). Jason gaan binnekort ’n musiekinstrument- en -bykomstigheidwinkel begin. Wynand het in die livestream-onderhoud genoem hy “gaan doen wat [hy] nou doen.” Hy bestuur verskeie rockgroepe en speel baskitaar vir Fokofpolisiekar, maar sien nie nou kans om saam met ander groepe te speel nie.

Die ander groot vraag was of ons oor 10 jaar ’n Van Coke Kartel-reunie sal sien (soos wat onlangs met Fokofpolisiekar ervaar is). Die antwoord was “nee.” Hopelik verander hulle hierdie besluit, maar daar is nou die geleentheid om tot siens te sê op die beste manier moontlik: met ’n Van Coke Kartel show.

Toerdatums is beskikbaar op Van Coke Kartel se webblad. Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.