kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Tiro

Jou album, Pak My In Jou Tas, is in Augustus verlede jaar uitgereik. Wat het sedertdien gebeur?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het verskeie onderhoude met radiostasies, wat my musiek speel, gehad soos GrootFM, Bosveld Radio, Maroela Media, Bok Radio, Namibiese Afrikaanse Radiodiens, Kanaal 7, Eastrand Stereo en RSG. Dit was heerlik! Dan het ek ook nog televisie-onderhoude en optredes op Noot vir Noot, Musiekroulette, Jam, Jukebox, en Jam Akoesties gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pak My In Jou Tas is jou eerste Afrikaanse album. Hou dit enige spesiale betekenis vir jou in?

Ja – Dit is die eerste projek wat ek  in my gunstelingtaal, Afrikaans, uitgereik het. Alhoewel my huistaal Tswana is, het ek ’n liefde vir Afrikaans ontwikkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is die storie agter dié album se naam?

Dit is om enige reisiger aan te moedig om die album in hul tasse te pak wanneer hulle die lang pad aandurf! Daarmee sê ek eintlik, “Maak my musiek deel van jou lewe!”

Wat is jou gunstelingsnit op die album?

Die eerste snit – “Leer my.” Daarin is my hele unieke lewensverhaal saamgevat.  Ons kan daagliks van mekaar leer en het mekaar nodig.

Sal jy weer ’n Afrikaanse album uitreik?

Baie beslis –  Afrikaans is my passie!

Daar is reeds twee musiekvideo’s vir Pak My In Jou Tas. Vertel ons meer daarvan.

Die eerste een “Gee my jou Hart”  is ’n lekker liefdesverhaal waar die man die meisie vra om haar hart vir  hom te gee. Die tweede een “Pak My In Jou Tas” is in Mosambiek opgeneem  en daarmee saam gaan  ’n groot CD-kompetisie waarin mense regoor die land en in Namibië ’n prys terwaarde van R50 000 kan wen.

Waar het jy die inspirasie vir dié musiekvideo’s gekry?

Ek en my bestuurspan het koppe bymekaar gesit en toe met die konsepte opgekom. Mosambiek was ’n inspirasie op sy eie want dit is regtig prentjiemooi daar.

Kan ons ’n derde musiekvideo verwag?

Ons oorweeg dit baie sterk.

Kan ons ’n vierde album verwag?

O ja!  – Afrikaans is hier om te bly!!

*Volg Tiro op Facebook of besoek sy webtuiste en bly op die hoogte van sy jongste nuus.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.