kategorieë: Reis

Skone Lakeside Lodge & Spa

Waar ons was
Lakeside Lodge & Spa

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ligging
Geleë in die Wildernes Nasionale Park op die Swartvlei-strandmeer net buite Sedgefield in die Wes-Kaap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soort Akkommodasie
Weelderige 5-ster verblyf – veral vir natuurliefhebbers wat graag tyd in die natuur wil deurbring, maar steeds luukse kos en vyfster-fasiliteite wil geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tariewe en Besprekings
Skakel 044 343 1844 of stuur ’n e-pos aan info@lakesidelodge.co.za
Vir meer inligting besoek www.lakesidelodge.co.za

Atmosfeer
Jy sit op jou stoep en kyk uit oor die Swartvlei-strandmeer – werklik net ’n klipgooi van jou kamer af. ’n Unieke rustigheid langs hierdie stil waters is ideaal vir ’n romantiese wegbreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is iets vir almal – die avontuurlustiges kan kies en keur tussen water-aktiwiteite op die meer, of jy kan bergfietsry en staproetes in Wildernes se natuurskoon aandurf. Diegene wat eerder wil ontspan, kan van die Lakeside Spa gebruik maak of rustig langs die swembad of meer lê en rus.

Wanneer
Maart 2016

Waar ons oorgeslaap het
Een van die nege luukse 5-ster kamers reg langs die Swartvlei-strandmeer. Die kamers is modern maar gee steeds ’n warm gevoel en laat jou dadelik tuis voel – die vars blomme en kersie wat met ons aankoms gebrand het, was beslis een van my hoogtepunte. ’n Reuse bad en die koninggrootte bed met die fynste linne was veral ’n bederf.

Die uitsig van die kamer se stoep slaan omtrent jou asem weg. Die kamer het als wat jy benodig – ’n kluis vir kosbare besittings, WiFi, televisie en ’n Nespresso-masjien vir koffieliefhebbers.

Waar ons geëet het
Die Benguela Brasserie & Restaurant by Lakeside Lodge & Spa vorm deel van die Benguela-groep se restaurant. Daar is nog een in Somerset-Wes (Benguela on Main) en een net buite Hermanus (Benguela Cove Pop-Up Restaurant).

Benguela Brasserie & Restaurant bied ’n keuse van twee- of driegang maaltye. Dié fynproewerdisse word gekomplimenteer deur Benguela Cove se eie wyn.

Hoofsjef Kelly-Anne Pietersen het voorheen in ekslusiewe kombuise soos Cape Grace en die bekroonde Overture Restaurant gewerk. Die kos is enige fynproewer se droom, Verwag veral Franse geure en tradisionele disse met ’n duidelike kreatiewe flair.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die absolute natuurskoon van die tuinroete se lowergroen bome en ontsnapping langs die Swartvlei-strandmeer bied ontspanning van ’n ander aard.

Wat omtrent die plek of mense het jou gefassineer?
Die gasvryheid van die span by Lakeside Lodge & Spa was besonders, almal voel soos een groot familie en hulle maak jou dadelik deel daarvan. Die persoonlike aandag van Ian Woodward (algemene bestuurder) het ons dadelik tuis laat voel en assistentbestuurder Karl Pietersen (wat ook die Lodge se persoonlike afrigter is), was gretig om vir ons al die aktiwiteite uit te wys. Boonop was die laatmiddag-soethappies deur die sjef nog ’n hoogtepunt van die naweek.

Rustige uitkyk

Na ’n besige week het ek vinnig rustig geword toe ek op ’n ligstoel gelê en boek lees het terwyl ek kyk hoe manlief na hartelus ski en kajak op die meer. Perfek vir paartjies wat graag aan natuur-aktiwiteite wil deelneem, maar ook rustigheid wil ervaar. Ons het later saam ’n ontspanne skemerkelkie op die Lady Giselle Pontoon-boot geniet.

’n Vinnige besoek aan Sedgefield en die unieke Wild Oats Farmers Market is ’n moet, daar is soveel om in hierdie omgewing te sien en te ervaar. Die Lodge is so 6 km van die see af indien jy graag die strand wil besoek.

Die Bengeula Brasserie bied ook middagetes en wynproeë aan dagbesoekers – maak beslis ’n draai as jy in die area is. Die sjokolade en wynproe-kombinasie langs die swembad was te heerlik.

My gunstelingdeel van die naweek was Saterdagaand se vreedsame “al fresco”-aandete langs ’n kampvuur met ’n intieme optrede van plaaslike kunstenaar Jonty Hendrix; omtrent idillies.

’n Ideale bestemming vir die wat rus en stilte in die natuurskoon begeer.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

18 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.