kategorieë: TrendsMode

Ons is nou opgewonde oor: Die lekkerste sportdrag

Ons is nou opgewonde oor: Die lekkerste sportdrag deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Adidas – Don’t Rest Primeknit LUX Bra

Die nuwe sportbra van Adidas, Do not Rest Primeknit LUX-reeks, is ’n eerste in sy soort. Dit is met Prime Knit vervaardig wat eie aan Adidas se revolusionêre breitegnologie is. Die bra is ontwerp om perfek te pas sodat jy met gemak kan oefen. Hierdie bra is met die hulp van Adidas se wêreldwye groep vroueatlete geskep, wat ondersteuning en gemak versoek het.

Die Primeknit LUX Bra (R1 299) is beskikbaar in winkels of aanlyn by www.adidas.co.za.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Under Armour – UA Always On

UA Always On is die tweede reeks van Under Armour se UA Exclusives-versameling. Die reeks is geïnspireer deur atlete se doelgerigte strewe na ’n persoonlike beste. Die reeks fokus op prestasie, en ’n innoverende herstellingstegnologie skop ná die oefensessie in. Dié tegniek word op die materiaal van die Recovery-swacket en -broek gedruk en stimuleer herstel met behulp van ’n atleet se eie energie. Die versameling sluit ’n herstellingsbaadjie en -broek en ’n verskeidenheid ander sporttoerusting vir mans en vroue in.

Die reeks kos tussen R600 en R2000 en is eksklusief beskikbaar by die Sandton-winkel in Johannesburg.

FITPHYT

Fitphyt (uitgespreek “fit fit”) is in 2018 bekend gestel nadat eienaar en ontwerper, Marele Schultz, op soek was na ’n oefenbroek wat nié afsak wanneer jy oefen nie.

Ná amper ’n jaar se eksperimenteer om die perfekte kombinasie van spandex en poliëster te kry, het sy uiteindelik haar droomoefenbroek ontwerp. Die patrone is sonder ’n buitesoom gesny en met ’n hoë lyfband wat om die figuur vou. Boonop skyn die broek nie deur nie en is sweetbestand.

Die reeks is op hul webtuiste beskikbaar en beskikbaar in elf lande, ook Australië, Amerika, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Die versameling is tans beskikbaar in ses unieke style en in groottes XS tot XXL.

www.fitphyt.com

SuperdrySport

Die herfs-/winterreeks van SuperdrySport Active bevat al die noodsaaklike oefenprodukte. Die materiale verseker ventilasie en dat sweet vinnig geabsorbeer word – wat ideaal is of jy nou in ’n gimnasium of buite oefen.

Superdry se passie vir tegnologiese ontwikkeling het gelei tot die bekendstelling van stewige kompressiestowwe wat verseker dat SuperdrySport se Performance-drag jou tydens strawwe oefening ondersteun.

Superdry.com

K-Way

Die Tundra ’18-donsbaadjie van K-Way is perfek vir Suid-Afrika se onvoorspelbare weerstoestande. Hierdie baadjies bied uitstekende beskerming. Jy kan die koue uithou in buitelugoefeninge, of doodgewoon op ’n koue dag dra.

Die Women’s Tundra ’18-donsbaadjie kos R1 699 en is beskikbaar by Cape Union Mart.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.