Ons stel bekend rrRADIO seisoen 1

Ons stel bekend rrRADIO seisoen 1 saamgestel deur Hannelie Diedericks, Zoë Salzwedel en Catherine Schenck. Verwerk van die artikel Here’s how to listen to podcasts on your next road trip deur Leigh Hermon in Country Life.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Geniet rooi rose op ’n nuwe manier!

rrRADIO is rooi rose se nuwe podsendingskanaal wat vanaf 24 Junie oorspronklike, gratis podsendings gaan uitsaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Klik hier om te begin luister

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is podsendings?

Podsendings is aflaaibare radio- of oudioprogramme waarna jy op jou slimtoestel kan luister.

Jy kan kies om dit te stroom, of om dit af te laai en later te luister.

’n Mens kry deesdae podsendings oor byna enigiets, soos die ekonomie, die jongste nuus, geskiedenis, leefstyl, misdaad, fiksie en vermaak.

Lees ook: Almal praat oor podsendings

iStock/sidop Ons stel bekend rrRadio seisoen 1

Wat maak podsendings so gewild?

Daar is ’n podsending vir elke geit of gier, of jy nou belang stel in visvang, skoonheid, verhoudingsraad of selfsorg, daar is iets wat in jou smaak sal val.

Podsendings kan vermaaklik én leersaam wees.

Jy kan luister, pause en stop wanneer dit jóú pas.

Jy kan enige tyd daarna luister op jou slimtoestel terwyl jy bestuur, werk, oefen, skoonmaak, aantrek of vir die kinders wag.

Behalwe die datakoste is dit gewoonlik verniet.

Lees ook: Jou stap-vir-stap-gids om podsendings af te laai

iStock/cosmaa Ons stel bekend rrRadio seisoen 1

Seisoen 1 van rrRADIO

Ons stel drie nuwe reekse bekend om die eerste seisoen af te skop!

Botox, Barbies & Bietse

In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!

Botox, Barbies en Bietse word deur Elize Cawood voorgelees

Wanneer kan ek daarna begin luister?

Die eerste twee hoofstukke van dié opwindende vervolgverhaal is nou beskikbaar.

Ons stel weekliks ’n hoofstuk van dié vervolgverhaal vry op Donderdae om 09h00.

Soek vir hierdie logo in jou podsendings-app om na Botox, Barbies en Bietse te luister of klik hier:

Luister sommer nou na Episode 1: Die Satynjapon en Episode 2: Stilbaai Blues

Tee & Taai Toffies

Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Joubert gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.

Bekroonde joernalis Ilse Salzwedel bied Tee & Taai Toffies aan

Wanneer kan ek daarna begin luister?

Die eerste twee episodes van dié reeks is nou beskikbaar.

Daarna sal ’n nuwe episode elke tweede week vrygestel word op Woensdae om 09h00.

Soek vir hierdie logo in jou podsendings-app om te luister na Tee & Taai Toffies of klik hier:

Luister sommer nou na Epsiode 1 met Ruda Landman en Episode 2 met Lindie Strydom

Tussen Ons

In die eerste seisoen gesels ons spesialis-joernalis, Mariette Snyman, elke week met verskeie kenners soos, dr. Jireh Serfontein, dr. Elna Rudolph en dr. Melodie de Jager oor vroue se hartsake, seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings. As jy al ooit enige vrae gehad het oor sensitiewe onderwerpe soos pynlike seks, erektiele disfunksie, kontrasepsie, libido, seks en die menopouse, en seksuele etiket, is hierdie reeks vir jou.

Ons senior spesialis-joernalis, Mariette Snyman, gesels met kenners

Wanneer kan ek hierna luister?

Die eerste twee episodes van dié reeks is nou beskikbaar.

Daarna word ’n nuwe episode elke Dinsdagoggend om 09h00 vrygestel.

Soek vir hierdie logo in jou podsendings-app om te luister of klik hier:

Luister sommer nou na Episode 1: Pynlike seks en Episode 2: Kontrasepsie.

Dit klink opwindend! Maar hoe luister ek na rrRadio se podsendings?

Al die rrRADIO-podsendings kan direk vanaf rooirose.co.za of iono.fm gespeel word. Klik net op die rrRADIO skakel boaan die rooirose.co.za tuisblad of soek vir die rrRADIO-kanaal op iono.fm

As jy dit op jou slimtoestel wil aflaai om later daarna te luister kan jy hierdie skakel volg – ons wys vir jou stap-vir-stap hoe om te luister!

iStock/Jelena Zivkovic Ons stel bekend rrRadio seisoen 1

Waar kan ek na rrRadio luister?

rrRadio sal vanaf Maandag 24 Junie beskikbaar wees op rooirose.co.za, iono.fm, iTunes, PlayerFM, Pocketcasts en Google Podcasts.

#rrWenk
As jy hou van die reeks waarna jy luister, klik op die Teken In-knoppie (Subscribe) en die program sal outomaties aandui wanneer nuwe episodes beskikbaar is. Jy kan jou slimtoestel instel sodat dit slegs nuwe episodes aflaai wanneer jy in ’n WiFi-gebied is.

Dis ook goed om die program te evalueer (gee vyf sterre vir ’n goeie program), wat ander luisteraars ’n aanduiding sal gee van die gehalte van die program.

iStock/Mykyta Dolmatov

Gesels met ons!

Vir meer inligting e-pos rrradio@caxton.co.za

iStock/Tetkoren. Ons stel bekend rrRadio seisoen 1

Lees ook: Al ooit gewonder waarna die rooi rose redaksie luister – buiten natuurlik rrRadio? Ons het gaan uitvind … Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.