kategorieë: TrendsMode

Ons uitgesoekte someritems vir 2019

Ons uitgesoekte someritems vir 2019 deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Country Road

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  1. Strooi-handsakke

Teen hierdie tyd behoort jy te weet dat ’n strooimandjie of -handsak nie net vir die strand of pieknieks bedoel is nie. Dit het in 2017 vlamgevat en het sedert net al hoe meer gewild geraak. Hierdie halfmaan-sakkie is nog ’n weergawe van hierdie gewilde styl.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Strooimandjies, jou nuwe gunsteling vir die somer

Groot, groter, strooihoede

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  1. Midirok

Die somer is nie somer sonder ’n mooi rok nie. Polkakolle, blomme en geruite patrone is op al wat ’n somerstyl is te sien en jy kan tussen helder kleure of pastel kleure kies. Die midirok kraai koning as dit by lengte van jou soom kom – perfek vir vele geleenthede.

Lees ook: 10 maniere hoe jy sweetvry kan bly hierdie somer

  1. Sy-serpie

Hierdie eenvoudige item kan die verskil maak om jou uitrusting meer deftig en gesofistikeerd te laat lyk. ’n Syserp is ‘n eenvoudige en maklike manier om ’n eenvoudige uitrusting luuks te laat lyk. Boonop is dit is nou ’n groot tendens en boonop hoef dit nie net om jou nek gedra te word nie, maar jy kan dit om jou kop bind soos ’n materiaal-kopband, dit in jou hare dra en ook om jou handsak bind. Die opsies is eindeloos.

  1. Fênsie plat skoene

Ons sal nooit moeg raak vir die idee van plat skoene as hoogmode nie. Sandale met interessante detail is nou gewild, wat dit ook perfek maak vir die aand. Blinkers, kleure, tekstuur en oprygbandjies – daar is iets vir elkeen se voorkeur.

  1. Dalmasiese-kolle

Polkakolle is groot nuus vir somer – veral in wit en swart. Die wit agtergrond gee ’n vars aanslag op dié klassieke patroon. Hou jou uitrustings en snitte egter modern, sodat jy nie soos ’n 1950’s huisvrou lyk nie.

Lees ook: Naeltrend: Swart-en-wit polkakolle

  1. Baadjie met blokkies

Moet nog nie jou geruite baadjie wegpak nie, jy gaan dit vir nog ’n paar seisoene wil dra. Die ruit- en tartan-patrone word dikwels met die winter geassosieer, maar dit is nou net so gewild vir die somer. Maak net seker dat die materiaal van die baadjie van ’n ligter stof gemaak is.

Lees ook: 16 maniere om geld op jou klerekas te spaar

  1. ’n Romp wat aandag trek

As jy net een item hierdie seisoen  koop, laat dit ’n veelsydige romp wees wat koppe sal laat draai. ’n Romp is ’n nuwe gunsteling-staatmaker en kan maklik vir ’n informele of aandgeleentheid gestileer word. Wissel dit net af met verskillende bloese, t-hemde en bykomstighede.

Lees ook: Dra helder kleure só

Palmsakkie: Country Road

Maksiromp: Country Road

Skoene: Mr. Price

Somerrok: Poetry

Baadjie: Zara

Bloes met polka-kolle: Trenery

Oorringe: Witchery

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.