kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet die deelnemers van Survivor SA: Island of Secrets

Ontmoet die deelnemers van Survivor SA: Island of Secrets deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Verskaf deur M-Net.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die nuutste seisoen van Survivor SA speel in Samoa af, en in plaas van die gewone twee spanne wat veg vir die titel van Survivor, is daar in dié seisoen drie spanne wat die ongenaakbare elemente van Moeder Natuur in die gesig staar.  Dié drie “tribes” staan bekend as Tribe Ta’alo, Tribe Sa’ula en Tribe Laumei en sal onderskeidelik met spankleure van pers, geel en blou deelneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis ook die eerste seisoen van Survivor SA waar kykers nie nodig gehad het om te wag vir die eerste episode van die seisoen om die deelnemers te ontmoet nie, omdat hulle reeds vooraf aan ons bekendgestel is. Ons het gaan uitvind wie hulle is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ontmoet die deelnemers van Tribe Ta’alo:

Cobus Hugo | 28 | Argitek | Groenpunt, Kaapstad

Dié sosiale vlinder kanaliseer sy eindelose energie deur marathons te hardloop en hard te werk vir dít wat hy wil hê. Sy grootste vrees vir Survivor SA is om by ’n vervelige span ingedeel te word. Cobus is sommer reeds in die eerste episode van Survivor SA: Island of Secrets deur sy span as kaptein gekies.

Danté de Villiers | 31 | Koffiewinkeleienaar | Dwarskersbos, Kaapse Weskus

Met sy lang blonde hare, gespierde lyf en liefde vir die see, is Danté de Villiers beslis Suid-Afrika se dromerige Aquaman! Nadat hy ’n tyd lank in Thailand gewoon het en die afgelope sewe jaar in die suide van Israel langs die Rooi See deurgebring het, het Danté teruggekeer na Suid-Afrika om ’n koffiewinkel te bestuur – natuurlik in ’n klein kusdorpie!

Felix Godlo | 29 | Verkoopskonsultant | Garsfontein, Pretoria

Felix kom uit ’n tradisionele Xhosa-familie, maar het skoolgegaan by ’n Afrikaanse hoërskool in Pretoria waar sy rugbytalent vinnig raakgesien is en hy ’n rugbybeurs losgeslaan het by Jeppe Highschool for Boys. Godlo en sy hoërskool-liefling van Pretoria het in Oktober 2018 ’n babaseuntjie verwelkom.

Jacques Burger | 27 | Bedryfsingenieur | Queenswood, Pretoria

Jacques is ’n Survivor-entoesias! Hy het elke seisoen gevolg – soms meer as een keer – en het selfs ’n podcast aan Survivor SA: Philippines in 2018 toegewy. Dié jong bedryfsingenieur is vasbeslote om bekend te word as een van die beste spelers in die geskiedenis van Survivor.

Meryl Szolkeiwicz | 31 | Pilates-instrukteur | Irene, Pretoria

Meryl is ’n skeppende siel met ’n graad in musiekteater. Dié pilates-instrukteur wil altyd op haar beste presteer en sal nie toelaat dat enigiets haar onderkry nie. Vir dié ma van drie is Survivor SA die perfekte geleentheid om haar avontuurlike kant te herontdek.

Tania Copeland | 51 | Immigrasiekonsultant | Somerset-Wes, Kaapstad

Dié kleurvolle 51-jarige Immigrasiekonsultant is ’n selfverklaarde hedonis en ’n ywerige rotsklimmer wat van allerhande avonture in die buitelug hou.

Ting-Ting Wong | 25 | Dokter | Durban

Ting-Ting het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en beskou haarself as  “Afrika-Asiaat” wat tans haar mediese internskap voltooi – sy wil in rekonstruktiewe plastiese chirurgie spesialiseer.

Ontmoet die deelnemers in Tribe Sa’ula:

Nicole Capper | 34 | Oud Mev SA | Fourways, Johannesburg

Haar reis na moed en ’n lewe buite haar gemaksone het drie jaar gelede begin toe haar babadogtertjie met ’n seldsame en lewensbeperkende genetiese siekte gediagnoseer is. Dis tóé dat Nicole – ’n gekwalifiseerde apteker – besluit het om uit haar dop te kruip, al haar onsekerhede agter te laat en met die filosofie te begin leef dat alles moontlik is. So het sy vir Mev. Suid-Afrika 2017 ingeskryf en boonop gewen! Dié geskeide ma van twee is ’n ambassadeur vir Rare Diseases SA en het ook Inside Out gestig – ’n organisasie wat die jeug verbind met hul helde in sport en die sakewêreld.

Steffi van Wyk-Brink | 27 | Fiksheidmodel | Glen Austin, Midrand

Steffi is ’n fiksheidsmodel, afgeronde atleet, entrepreneur en die titelhouer van Mej. Namibië 2015. Sy is getroud met die hartebreker-akteur, Clint Brink van Binnelanders en erken dat sy gewoonlik beter met ouens oor die weg kom as met meisies.

Sepei Mashugane | 40 | Entrepreneur | Soweto

Sepei erken self “It’s always my way or the highway.” Wanneer sy nie die dryfkrag agter een van verskeie sakeondernemings is nie, is sy op ’n Harley Davidson op toer deur die land. Dié sterk enkelma het sélf ’n lewe vir haar en haar twee kinders opgebou deur entoesiasme, vasberadenheid en harde werk.

Nathan Castle | 25 | Mediavervaardiger |Milnerton, Kaapstad

Moenie dat sy blokkiesmaag en Colgate-glimlag jou mislei nie …  Nathan, met ’n regsgraad van die Universiteit van die Wes-Kaap, is hoogs mededingend en het ook provinsiale kleure in skaak!

Robert Bentele | 28 | Videograaf | Richardsbaai

Robert se pa is Oostenryks en sy ma is Zoeloe. Al het hy hoofsaaklik in die Zoeloe-kultuur grootgeword, omhels en vier hy graag sy unieke identiteit. Hy was al ’n spierbouer en MMA-vegter en het ook al Mount Kilimandjaro geklim, maar vir hom gaan alles oor “die energie”. Hy glo in Zen, meditasie, vrede, balans en Spiritual Enlightenment.

Paul Smulders | 54 | Eiendomsagent | Ruimsig, Johannesburg

Paul is ’n gemotiveerde en positiewe eiendomsagent wat al ontelbare eiendomstransaksies onderhandel het en is hoogs gerespekteer in sy veld. Wanneer dié geskeide pa van twee seuns nie eiendomme verkoop nie, hou hy daarvan om die entertainer te wees en grappe te maak. Paul is ook sommer al in die eerste episode van dié seisoen van Survivor SA deur sy span as kaptein gekies.

Lee-Anne van Renen | 33 | Mev Kaapstad 2018 | Durbanville, Kaapstad

Dié ma van twee het haar pligte as Mev. Kaapstad 2018 onderbreek om haar veerkragtigheid op die nuwe seisoen van Survivor SA te bewys. Sy is getroud met die basspeler van die groep Taxi Violence, het ’n honneursgraad in Sielkunde, het vyf onderskeidings in matriek behaal, was kaptein van die KZN-aksienetbalspan, is ’n raadgewer vir dwelmverslaafdes en getraumatiseerde tieners, en het al verskeie persoonlike tragedies oorleef (insluitende ’n kankerskok en ’n dubbele miskraam).

Let wel: Lee-Anne is reeds in die eerste episode van Survivor SA: Island of Secrets by die Tribal Council-seremonie deur haar span uitgestem.

Ontmoet die deelnemers in Tribe Laumei:

Laetitia Le Roux | 58 | Verpleegster | Randburg, Johannesburg

Op 58 is Laetitia die oudste castaway op Survivor SA, maar hoewel sy dalk soos ’n tipiese Afrikaanse tannie lyk, is sy veel meer as net ’n ma van vyf en die ouma van vier kleinkinders. Sy spog met ’n indrukwekkende CV – onder andere ’n meestersgraad in Verpleegonderrig. Boonop is al drie haar seuns waterpolospelers vir Suid-Afrika. Die “Super Ouma” het nog altyd na ander omgesien en erken dat Survivor SA uiteindelik haar kans is om iets vir haarself te doen.

Mike Venter | 21 | Radioaanbieder | Parkrand, Boksburg

Mike is energiek, optimisties, uitbundig, ’n bekkige millenniër en ook die jongste castaway van die sewende seisoen van Survivor SA. Terwyl hy regte studeer het, het Mike begin om ’n loopbaan in radio te slyp – eers as omroeper by WITS se radiostasie, Voice of Wits, en nou ook ’n skof op East Coast Radio.

Rose-Lee Smith | 33 | Misdaadtoneelanalis | Paulshof, Johannesburg

Nadat sy haar Honneursgraad in Kriminologie voltooi het, het sy by die SAPD aangesluit om haar analitiese vaardighede te gebruik om te verseker dat misdadigers agter tralies opeindig. Agter haar mooi glimlag en plat-op-die-aarde-persoonlikheid lê daar egter ’n tawwe koekie, wat gewoond is aan bloed, derms en gewere. Aan die begin van die jaar het Rose-Lee haar man en drie kinders op hul eie gelaat om ’n tawwe kursus in fisieke polisieopleiding by te woon, en het onlangs 30 kg verloor nadat sy op ’n gesonde leefstyl begin fokus het.

Mmaba Molefe | 28 | Beleggingsanalis | Plumstead, Kaapstad

Mmaba is ’n suksesvolle jong Zoeloe-vrou met ’n aansteeklike lag. In haar vrye tyd bedryf sy ’n NRO wat jong leiers kweek en gee sy ekstra klasse in graad 8-wiskunde in Gugulethu. Oorspronklik van KwaZulu-Natal het Mmaba na Kaapstad verhuis om vir ’n B.Com-graad in Rekeningkunde te studeer. Sy beskryf haarself as ’n bestendige, maklike individu wat ook kan deurdruk wanneer daar doelwitte is om te bereik.

Durāo Mariano | 28 | Werk in die gasvryheidsbedryf | Newlands East, Durban

Durāo is sjarmant, selfversekerd en diplomaties. Hy het ’n finansiële graad, maar het besluit om in die gasvryheidsbedryf te gaan werk omdat hy mal is oor kos, mense en reis. Met ’n so ’n loopbaan blyk moeilike kliënte om sy brood en botter te wees, maar op Survivor SA beplan hy om sy brood aan albei kante gebotter te hê.

Geoffrey Cooke-Tonnesen | 33 | Huisleningskonsultant | Colenso, KZN

In sy eie woorde is hy ’n vreemde goofball wat die neiging het om soos ’n skoolmeisie te skinder. Daarby voeg hy dat hy ’n skaamtelose manipuleerder is wat reeds ’n hele paar vyande in sy lewe gemaak het. Hy is mal oor enigiets wat drama veroorsaak, maar weet presies wat om te sê sodat mense van hom sal hou.

Rocco Van Rooyen | 26 | Professionele atleet | Stellenberg, Kaapstad

Rocco is ’n volwaardige mededingende Olimpiese atleet wat in 2018 in Rio gaan deelneem het. Dié talentvolle jong spiesgooier verteenwoordig Suid-Afrika reeds 6 jaar lank. Hy is dalk saggesproke, maar beslis ’n vegter van formaat. Om op te gee is nie ’n opsie nie, want Rocco weet dat harde werk, ’n positiewe ingesteldheid en spanwerk alles dinge is wat nodig is om te slaag. Hy is sommer ook reeds in die eerste episode deur die Laumei-tribe as hul kaptein aangewys.

Besoek gerus www.mnet.tv/survivorsa vir meer inligting en volg al die nuus rondom Survivor SA: Island of Secrets op Twitter, Facebook en Instagram. Om self aan gesprekke rondom dié seisoen se deelnemers, geheime en voorspellings deel te neem, gebruik gerus die amptelike hutsmerk #SurvivorSA.

Survivor South Africa – Island of Secrets word vanaf 16 Mei 2019 op Donderdae om 19:00 op M-Net (Kanaal 101) uitgesaai. Dit sal ook op DStv CatchUp beskikbaar wees.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.