kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek

Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek inligting en foto’s verskaf. Foto’s deur Melanie Cleary. Versorg deur Catherine Schenck.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Poppie Nongena vertel die verhaal van ‘n Suid-Afrikaanse Xhosa-ma se stryd om stabiliteit vir haar gesin te verseker in ’n tyd van buitengewone politieke onrus in Suid-Afrika. Dis ’n era waarin swart vroue deur arrestasies, boetes en gedwonge verwydering gedwing is om hul huise te verlaat en hulle in afgeleë gebiede, die sg. “swart tuislande”, te gaan hervestig. Verblyf is ’n ewige stryd. Poppie kry werk waar sy kan inwoon, en sy sien haar kinders vir kort rukkies oor naweke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer haar man, Stone, te siek word vir sy kontrakwerk, word Poppie volgens wet beskou as ‘n “onwettige” inwoner van haar eie land. Sy raak betrokke in ’n desperate stryd met die owerhede vir toestemming om te bly. Sy trek van een huis na die ander, doen aansoek om permitte, maandelikse verlengings van permitte, tweeweeklikse verlengings van verlengings … Sy doen ook ’n beroep op owerhede deur haar werkgewers en maatskaplike werkers.

Deurentyd bly sy fokus op die welstand en opvoeding van haar kinders. Sy veroordeel haar man en dogter se tradisionele oortuigings, asook haar seun se vereenselwiging met die revolusie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vasgevang in die spervuur van haar kinders se behoeftes, haar man se siekte, die gemeenskap se woede en onderdrukkende wette, word Poppie gedwing om op te gee – net toe die 1976-onluste uitbreek.

Poppie besef dat die tyd aangebreek het om die stryd oor te gee aan die jonger geslag,en om hulle stryd om vryheid te ondersteun.

Dié film begin 31 Januarie 2020 in fliekteaters draai.

Ontmoet die akteurs in die Poppie Nongena-filmweergawe

Hier is 10 karakters wat jy moet ken.

Poppie Nongena – Clementine Mosimane

Poppie: Poppie Nongena is ’n middeljarige swart Xhosa-ma van drie. Sy is grootgemaak om Afrikaans te praat. Poppie is die hoofbroodwinner vir haar gesin, en het ’n “inslaapwerk” by ’n wit gesin. Maar wanneer sy nie haar pas kan hernu nie en met jeugopstande wat in die “township” geweldadig raak, moet sy noodgedwonge weer haar persoonlike waardes ondersoek.

Clementine Mosimane: Clementine Mosimane is al vir meer as 25 jaar ’n bekende gesig op Suid-Afrikaanse televisie. Die aktrise is veral bekend vir haar vertolking van Thandi Mazwai in die SABC1 produksie, Soul City (1994-2003). Clementine het die hoofrol vertolk van Mama Rose Tladi in die M-Net sepie The Wild (2011-2013). Sy het ook talle kleiner rolle vertolk, en was onder meer te sien in televisie-reekse soos Yizo Yizo, Rhythm City, Onder Draai Die Duiwel Rond en Stash. Meer onlangs was sy te sien as Aunt Thembi in die sepie Zabalaza en ook as Ruth Gumede in die e.tv-telenovelle Gold Diggers. Nou het Clementine haar buitengewone talent ingespan om die verhaal van Poppie Nongena te vertel.

Lees ook: Die verhaal van Poppie Nongena word nou ’n fliek

Clementine Mosimane as Poppie Nongena Foto: Melanie Cleary

Antoinette Swanepoel – Anna-Mart van der Merwe

Antoinette: Antoinette is Poppie se werkgewer, ’n bevoorregte maar saggeaarde, wit Afrikaanse vrou wat getroud is met ’n staatsamptenaar. Sy ontdek geleidelik deur haar verhouding met Poppie dat sy nie die onderdrukkende stelsel van apartheid kan oorwin nie, al is haar empatie ook hoe groot.

Anna-Mart van der Merwe: Anna-Mart van der Merwe is ’n bekroonde Suid Afrikaanse aktrise, bekend vir haar werk op die verhoog en in die TV- en rolprentbedryf. Anna-Mart spog met hoofrolle in verskeie televisiereekse, insluitende Veldslag, Die Sonkring, Amalia en 7de Laan, sowel as talle hoofrolle in rolprente soos Die Storie van Klara Viljee, Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom, Stuur Groete aan Mannetjies Roux en Dis Koue Kos, Skat. In 2014, het Anna-Mart die 2014 kykNET Silwerskerm Toekenning vir Beste Aktrise gewen vir haar rol as Koba Basson in Stuur Groete aan Mannetjies Roux. Anna-Mart vertolk die rol van Antoinette in Poppie Nongena, en maak gebruik van haar eie lewenservaring om haar karakter uit te beeld.

Lees ook: Poppie Nongena word in 2020 uitgereik

Anna-Mart van der Merwe as Antoinette. Foto: Melanie Cleary

Stone – Chris Gxalaba

Stone: Poppie se man, Stone, is ouer as sy. Hy is ’n harde werker met gesondheidsprobleme. Stone klou aan tradisionele waardes en begeer om terug te keer na die plattelandse lewe. Hy sien hom  kultureel gesproke as die hoof van sy gesin, maar kry swaar omdat hy nie sy vrou kan help of ondersteun nie, ten spyte van sy liefde vir haar.

Chris Gxalaba: Met ’n loopbaan van amper 30 jaar agter die rug is dit nie moeilik vir Chris Gxalaba om ’n komplekse karakter soos Poppie se man, Stone, te vertolk nie. Chris was al te sien in verskeie verhoogproduksies, onder meer Cry, the Beloved Country, Sizwe Bansi is Dead, Vrededorp, No-Good Friday en Nothing but the Truth. In 1991 is hy bekroon met ’n AA Vita-toekenning vir Beste Akteur vir sy rol in Sizwe Bansi is Dead. Hy het rolle vertolk in verskeie televisiereekse, insluitende die bekroonde Amerikaanse mediese drama ER, Home Affairs, Stokvel en meer onlangs ook The Crown. Sy rolprentverskynings sluit rolle in flieks soos Mandela and De Klerk, After the Rain en Leaving the Blues in.

Lees ook: Poppie Nongena slaan 12 pryse los by die 2019 Silwerskermfees

Chris Gxalaba as Stone Foto: Melanie Cleary

Magriet – Rolanda Marais

Magriet: Magriet is Antoinette se bedorwe jonger suster. Sy bly by Antoinette terwyl haar man weg is. Sy verpersoonlik die wit houding wat destyds algemeen was – in skerp kontras met dié van haar suster.

Rolanda Marais: Rolanda Marais het drama studeer aan die Universiteit van Kaapstad, en het haar loopbaan in haar finale jaar afgeskop met ‘n verskyning in die TV-produksie, Lied van die Lappop. Sedertdien het Rolanda ’n bekende naam geword op die verhoog asook in die televisie- en rolprentbedryf. Sy is veral bekend vir haar vertolking van Stephanie in die TV-reeks Binnelanders, en was ook te sien in Wolwedans in die Skemer. Sy het ook verskeie rolle in TV-reekse soos Charlie Jade, Zero Tolerance en High Rollers op haar kerfstok.

Lees ook: Poppie Nongena-lokprent se kragtige boodskap

Rolanda Marais as Magriet Foto: Melanie Cleary
Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek

Lena – Nomsa Nene

Lena: Lena is Poppie se ma. Sy versorg Poppie se kinders terwyl haar dogter werk. Omdat sy die huishouding behartig in Poppie se afwesigheid, kies sy soms saam met die kinders en Stone kant teen Poppie.

Nomsa Nene: Nomsa Nene is veral bekend as die aanbieder van die speletjiesprogram uit die jare negentig, Zama Zama. Sy het deur die jare in verskeie films gespeel, insluitend The Gordimer Stories, My Country My Hat, Red Scorpion, Chikin Biznis … The Whole Story! In 2001 het Nomsa vir eers die rolprent- en TV-bedryf vaarwel toegeroep, en haar eie eiendomsagentskap, Nomsa Nene Properties, begin. Na sestien jaar het sy teruggekeer om die rol van Lydia in e.tv se telenovelle, Broken Vows, te vertolk. Nomsa het as ’n jong aktrise die rol van Poppie vertolk in die verhoogdrama, Die Swerfjare van Poppie Nongena, wat ook internasionaal opgevoer is. Dit het haar onder meer ’n Off Broadway-teatertoekenning besorg. Veertig jaar later is Nomsa weer betrokke by die verhaal van Poppie Nongena – hierdie keer vertolk sy die rol van Poppie se ma, Lena.

Nomsa Nene as Lena Foto: Melanie Cleary

Bonisile – Aphiwe Sithole

Bonisile: Hy is Poppie se oudste seun. Hy is sestien en besig om ’n man te word. Sy toegeneentheid teenoor die comrades is vir Poppie ‘n groot teleurstelling – totdat hy sy perspektief met haar deel oor hoe dit voel om ’n jong swart man te wees wat smag na vryheid en gelyke regte.

Aphiwe Sithole as Bonisile Foto: Melanie Cleary
Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena-fliek

Weekend – Thembalethu Ntuli

Weekend: Weekend is Poppie se jongste seun. Hy is 10 jaar oud, en baie geheg aan sy ma.

Thembalethu Ntuli as Weekend. Foto: Melanie Cleary

Thandi – Letlotlo Zimkitha Mohlabeng

Thandi: Sy is Poppie se enigste dogter. Thandi aard meer na haar pa wanneer dit kom by sake soos kultuur en tradisionele geloof. Onder die aanmoediging van ’n plaaslike toordokter glo Thandi dat sy ook geroepe is om een te word, en dit lei tot spanning tussen haar en Poppie.

Letlotlo Zimkitha Mohlabeng as Thandi. Foto: Melanie Cleary

Jan – Dawid Minnaar

Jan: Antoinette se man Jan is ’n steunpilaar in die gemeenskap en ’n geharde staatsamptenaar. Hy beskou hom as absoluut regverdig en verhewe bo kritiek. Sy hele huishouding verwag van hom om sy vrou te dwing om onderdanig te wees. Hy is ’n ideoloog wat aan die “regte” kant van die wet wil bly, iemand wat nie sy familie sal toelaat om sy posisie in gevaar te stel nie.

Lees meer oor Dawid Minnaar in ons Desember 2019-uitgawe – dis nou op die rakke!

Dawid Minnaar as Jan. Foto: Melanie Cleary

Loer hier na die amptelike lokprent van Poppie Nongena

Gesels gerus saam op facebook.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.