kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet Oti Mabuse van Strictly Come Dancing

Is jy ’n aanhanger van BBC se Strictly Come Dancing? Het jy geweet dat ’n Suid-Afrikaner een van die professionele dansers op die Britse program is? Haar naam is Oti Mabuse en ons het haar beter leer ken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy is een van die professionele dansers op BBC se Strictly Come Dancing. Vertel ons meer.

Dit is ’n wonderlike program en ek kan net hoop dat ek vreugde en vermaak in mense se huise bring op ’n Saterdagaand. Dis propvol weelde, ons lag lekker en ek dink mense verdien dit om elke nou en dan te kan ontsnap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe is dit om saam met bekendes te dans wat nie opgeleide dansers is nie? Trap hulle baie op jou tone?

Ja, jy kry alle soorte beserings. Jou knieë word potblou gestamp, arms en bene waai orals … maar dit is als deel van die werk. Hulle weet mos nie wat hulle doen nie, en die plesier kom daaruit om te sien hoe ver hulle al gevorder het van die begin van die reeks af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou dansmaat in seisoen 15 was die Paralimpiese atleet Jonnie Peacock. Hoe was dit om saam met hom te  werk?

Dit was eenvoudig ’n onbeskryfbare gevoel want ek het soveel van hom as persoon geleer. Hy verpersoonlik die doel van die program en was ’n wonderlike inspirasie.

Wat was vir jou die lekkerste oomblik saam met hom?

Die American Smooth wat ons gedans het was definitief een van my gunstelinge wat ek al ooit op Strictly Come Dancing gedoen het. Daardie slag was ons werklik ’n danspaartjie en nie net ’n bekende persoon en ’n danser nie.

Wat is die snaaksste ding wat al ooit met jou gebeur het op die program?

My rok het in die helfte geskeur … tydens ’n regstreekse uitsending. Ek kon nie beweeg nie en ek was heeltemal blootgestel!

In een van die episodes het mense gedink Beyoncé het op Strictly Come Dancing verskyn, maar toe was dit al die tyd jy. Hoe was dit om jou innerlike Queen Bey uit te druk?

Ek was nie besig om haar spesifiek na te maak nie. (Sy lag). Ek was veronderstel om ’n model te wees en ek het net soos sy gelyk as gevolg van die kostuum en hare. Ek was besig om ’n paar vroue uit te beeld: Tyra Banks, Naomi Campbell en Beyoncé – almal tesaam omdat ek so senuagtig was. Ek het nog nooit ’n openingsnommer op my eie begin nie, so die idee van al die aandag wat op my geskoei was, het my senuagtig gemaak. Maar toe dit eers oor was en ek dit gekyk het, kon ek nie glo hoe ongelooflik dié item gelyk het nie. Ek waardeer hoe almal daardie nommer geniet het en die positiewe reaksie wat ek ontvang het as gevolg daarvan.

Kyk hier na die video:

Hoe het jy begin dans en wanneer het jy besef jy wil dit professioneel doen?

My ma het my en my susters vir dansklasse ingeskryf toe ons almal klein was. Ek was vier jaar oud en was van die begin af lief daarvoor. Ek het professioneel begin dans so gou as wat ek kon en toe ek braaf genoeg was het ek Duitsland toe getrek om my dansloopbaan te bevorder.

Wat is jou gunsteling-dansstyl?

Ek is mal oor American Smooth. Ek hou ook van die Weense Wals – dis pragtig en jy kan so vry wees in hierdie styl.

Hoe lyk die lewe van ’n professionele danser?

Dis voltyds: jy spandeer tyd in die gimnasium, jy gee klas, jy neem klas en jy reis baie – meestal vir kompetisies. En dan neem jy nog deel ook! Dis ’n loopbaan en ons moet ons alles gee om suksesvol te wees want dis nie iets wat jy vir ewig kan doen nie. So, wanneer jy die geleentheid het om te dans, wil jy soveel moontlik daarvan ontgin.

Wat doen jy wanneer jy nie op TV is nie?

Ek dans voltyds, en ek gaan ook saam met die danser Ian White ’n groot toer meemaak in 2018. Ons gaan vir 60 dae lank reis en dans regoor die Verenigde Koninkryk. Tans is ek ook besig om ’n dansskool op die been te bring in Londen.

Beskryf ’n dag in die lewe van Oti Mabuse.

Ek word wakker. Ek eet ontbyt. Ek maak gereed om klas te gee en dan gaan gee ek danslesse wat die meeste van my dag opneem. Wanneer ek tuiskom, doen ek wasgoed en dan spandeer ek en my man ’n private aandjie tuis.

Jy’s ’n Pretorianer. Gaan jy nog gereeld huis toe?

Ek het grootgeword in Mabopane en ek is steeds vriende met my maats uit my kinderdae. Ek gaan kuier gereeld daar, ja. My ma het ’n kleuterskool, Helen May Pre-School, en wanneer ek vir haar kuier dan help ek met die kindertjies.

Wat maak jou gelukkig?

My man en my gesin – ek het twee susterskinders (’n seuntjie en ’n dogtertjie) wat vir my soveel vreugde verskaf. Ek kyk na video’s van hulle twee vir die pret!

Wat maak jou hartseer?

Om nie genoeg tyd met my gesin te spandeer nie. Ons almal bly in verskillende lande en ons sien mekaar slegs tydens Desembermaande wat vir my verskriklik hartseer is.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.