Romanza Stoom publiseer warmer liefdesverhale vir lesers wat meer erotiese tonele verkies. Dié klein swart boekies sal paartjies opnuut inspireer om innoverend te wees en pret te hê in die slaapkamer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Wat gebeur in ons nuutste erotiese liefdesverhale?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
In Myne deur CM Christians maak Clayton gevoelens in Lida wakker wat sy nie gedink het meer moontlik is nie. Hy vuur ’n passie in haar aan wat sy nie geweet het bestaan nie. Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Sy wou dit nie hê nie. Clayton is die MotoGP-wêreldkampioen en hy leef vir adrenalien. Hy kry alles wat sy hart begeer – op die renbaan en daarvan af: sukses, gewillige vroue, al die media-aandag waarvan ’n sportster kan droom. Alles behalwe Lida… Sy is die uitsondering, die eerste keer in sy lewe dat ’n vrou nie voor sy sjarme swig nie. Maar die aantrekkingskrag tussen hulle is magneties en onmiskenbaar. Is Clayton net te veel van ’n risiko vir Lida of gaan sy aan haarself erken dat sy nie van hom kán of wíl wegstap nie?
Alan deur Elsa Winckler is die vyfde titel in ons Romanza Stoom erotika-reeks. Toe Alan Sutherland en sy broers by haar blommewinkel inbars, vervies Corinne Hansen haar dadelik vir die Skot. Hy mag dalk dodelik aantreklik wees, maar hoe durf hy vir haar sê sy is nie sy tipe nie? Sy sal hom eenvoudig ’n les moet leer… As mede-eienaar van ’n groot maatskappy, is Alan nie net op soek na ’n trouvrou nie, maar ook ’n sakevennoot: Iemand wat stemmig is, gedienstig is, die pad vir hom gelyk kan maak. Met haar vreemde klere, ritse armbande en vurigheid is Corinne allesbehalwe stemmig. Sal Alan sy kop volg en aanhou soek na die vrou wat netjies by sy planne inpas of sal hy swig voor dít wat sy hart wil hê?
Spesiale korting met RomanzaKlub
Romanza gee maandeliks vier romanses uit en een erotiese liefdesverhaal tweemaandeliks in die Romanza Stoom-afdeling. Sluit aan by RomanzaKlub vir:
Om van die korting gebruik te maak, klik hier en sluit aan by die klub.
Koop slegs die titel van jou keuse
As klubs nie in jou smaak val nie, kan jy ook slegs een titel op ’n slag aankoop. Klik hier om die Romanza van jou keuse te koop. Jy kan ook Romanzas by jou naaste boekwinkel koop, maar hierdie opsies is sonder die korting wat RomanzaKlub bied.
Al die Romanza-skakels op een plek:
RomanzaKlub: https://bit.ly/46oJkrl
Romanza-webtuiste en aankope: https://bit.ly/3RcCzmC
Myne (sagteband): https://bit.ly/3RseCcw
Myne (e-boek): https://bit.ly/3TbQsnZ
Alan (sagteband): https://bit.ly/46FBbPn
Facebook: https://www.facebook.com/Romanza.klub/
Instagram: https://www.instagram.com/romanza_lapa/
TikTok: https://www.tiktok.com/@lapapublishers
Registreer vir die Romanza-nuusbrief: https://bit.ly/3DmhFun
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.