kategorieë: In die nuusJou lewe

Ontwatering, sonsteek en demensie by diere

Ontwatering by diere

Maagaandoenings by troeteldiere kan lei tot ontwatering en selfs die dood, en moet nooit net geïgnoreer word nie. ’n Dier ontwater makliker as wat jy dink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Jou troeteldier sal lusteloos word ná net 2% verlies van liggaamsvloeistof, erg depressief ná ’n verlies van 5% en kan doodgaan as hy 10% van sy liggaamsvloeistof verloor het,” waarsku dr. Guy Fyvie, veeartsenykundige raadgewer vir Hill’s Pet Nutrition en ’n ou bekende by rooi rose-lesers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Simptome waarna jy moet oplet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Diarree, baie sagte stoelgange, braking, hardlywigheid, enige veranderinge in stoelgang of aptyt, gewigsverlies, skielike onaktiwiteit of depressie.

Moontlike oorsake

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die eet van iets wat nie goed vir hulle is nie (kos wat sleg geword het, bene of oorskietkos), stres, voedselsensitiwiteit (soos ’n graanallergie), wurms, bakteriese infeksies en virusse (soos die Parvo-virus, ook bekend as katgriep), chroniese toestande soos pankreatitis, kolitis en inflammatoriese ingewandsiekte.

Voorkom dit so

• Maak jou huis troeteldierbestand en bêre huishoudelike chemikalieë en gifstowwe buite bereik.
• Hou die vullisdrom se deksel styf toe en hou jou erf skoon.
• Tel ontlasting daagliks op. Moenie dit in die gras inwas nie – dit kan die omgewing met wurmeiers besmet wat in die ontlasting uitgeskei word. Moenie vir jou hond bene of oorskietkos voer nie.
• Maak seker alle inentings is op datum en ontwurm hom gereeld.
• ’n Gesonde, volledige dieet met die korrekte balans voedingstowwe is noodsaaklik.
• Moenie kos laat rondstaan nie, veral nie in die son nie. Dit word sleg.
• As jy al bogenoemde doen en jou troeteldier sukkel steeds met maagprobleme, lê die probleem moontlik by sy kos. Besoek jou veearts vir kundige raad.

pixabay.com

Sonsteek by honde

’n Baie warm, droë somer kan lewensgevaarlik wees vir ’n hond. As jy dink jou hond het dalk sonsteek, moet jy hom dadelik veearts toe neem. Doen jy dit nie, kan jou beste vriend dit dalk nie oorleef nie. Hier is die gevaartekens:

• ’n Oormatige gehyg
• Swakheid
• Lusteloosheid
• ’n Gekwyl
• Donkerrooi tandvleis
• Vinnige hartklop
• As hy inmekaarsak
• Hoë koors
• ’n Angstige uitdrukking op sy gesig, óf as hy net voor hom uitstaar
• Hy reageer nie op sy omgewing of op jou stem/bevele nie
• Warm, droë vel

Demensie by diere

Dwaal jou ou hond skielik snags in die huis rond? Of loop en miaau jou bejaarde kat onverklaarbaar en ontroosbaar? Lyk dit of hulle soms nie seker is waar hulle is nie, of – erger nog – herken hulle jou en die ander huismense nie altyd nie? My optelhond, Cindy, was ’n geskatte 16 jaar oud toe ek die eerste keer oplet dat sy vreemd optree. Sy sou onder ’n tafel inloop en dan paniekerig sukkel om weer uit te kom – al was daar niks in haar pad nie. Sy het snags op en af deur die huis gedwaal, soms stip na ’n muur gestaar en ander kere baie verbaas rondgekyk wanneer sy wakker word, al asof sy nie geweet het waar sy is nie. Soms het sy glipsies in die huis gehad, iets wat nooit voorheen gebeur het nie. Skielik wou sy ook nie altyd kom as sy geroep word nie, wat ek aanvanklik met doofheid verwar het.

Demensie by diere is inderdaad soortgelyk aan Alzheimer-siekte by mense, en volgens kenners ly tot 68% van honde tussen 15 en 16 jaar daaraan. Sowat 28% van honde tussen 11 en 12 toon tekens van verstandelike agteruitgang. ’n Studie aan die Edinburgh-universiteit toon dat ’n derde van katte tussen 11 en 14 en omtrent die helfte van katte ouer as 15 jaar ook tekens van demensie toon.

Lees ook meer oor Alzheimer: Kan jy dit keer?

Prof. Holger Volk van die Royal Veterinary College in Londen sê dit kom baie meer algemeen as wat ons dink by diere voor. Ontleding van diere se breine toon dat hulle ook dieselfde tipe “plaak” – eintlik ’n spesifieke proteïen – in die brein ontwikkel as wat by Alzheimerlyers gevind word.

Net soos by mense, speel ouderdom ’n rol en weet kenners ook nie wat dit veroorsaak nie. Praat met jou veearts oor moontlike behandeling, aangesien ander siektetoestande eers uitgeskakel moet word.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.