Oop sampioenpastei

Resep: Vickie de Beer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6-8 porsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deeg

  • 150 g botter
  • 160 ml water
  • 375 g meel
  • ’n knypie sout

Vulsel

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 1 ui, ruweg gekap
  • 250 g stukkies spek, bros gebraai
  • 30 ml (2 e) botter
  • 500 g eksotiese sampioene
  • 125 ml (½) k brandewyn
  • 30 ml (2 e) room
  • 50 g haselneute, gekap
  • ’n hand vol tiemietakkies
  • 1 eier, liggies geklits
  • ’n hand vol salieblare

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Deeg:
1 Sit die botter en water in ’n kastrol en kook vir 2 min.
2 Haal van die hitte af en voeg die meel op een slag by, geur met sout. Roer tot ’n bal vorm.
3 Keer die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit en knie tot elasties. Bedek met kleefplastiek en laat rus vir 20 min.

Vulsel:
4 Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die ui en spek daarin tot bros. Haal uit en hou eenkant.
5 Verhit die botter in dieselfde pan en braai die sam-pioene ’n bietjie op ’n slag daarin tot goudbruin.
6 Gooi die brandewyn in die pan en laat afkook. Sit al die gebraaide sampioene en die uiemengsel terug in die braaipan en voeg die room by. Braai vir nog 3 min.

Maak die pastei:
7 Rol die deeg dun uit op ’n groot, omgekeerde bakplaat en skep die sampioenmengsel in die middel daarvan – los genoeg deeg om die rand oop om oor te vou. Strooi die haselneute en tiemie oor.
8 Vou die deeg om die sampioene in die middel, druk liggies vas en verf met die eier. Bak vir 25-30 min. tot goudkleurig. Haal uit en strooi salieblare oor. Sit warm voor.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.