Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Vir die bolaag
1 patat, geskil en in blokke gesny
2 aartappels, geskil en in blokke gesny
250 g botterskorsie, blokke
5 ml (1 t) neutmuskaat
5 ml (1 t) fyn kaneel
60 ml (¼ k) botter
Vir die vulsel
30 ml (2 e) olyfolie
2 uie, gekap
1 seldery, fyn gesny
2 wortels, fyn gerasper
5 ml (1 t) gekapte knoffel
500 g maer beesmaalvleis
30 ml (2 e) tandoori- kerriemengsel (ons gebruik Nomu s’n)
10 ml (2 t) borrie
2 lourierblare
125 ml (½ k) beesaftreksel
sout en gemaalde swartpeper
Instructions
Voorverhit die oond tot 220 °C. 1. Maak die bo-laag: Kook die patat, aartappel en botterskorsie in gesoute water tot sag. Dreineer en druk fyn met `n vurk. 2. Maak die vulsel: Sprinkel die neutmuskaat en kaneel by en roer die botter by. Hou eenkant. 3. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die uie, seldery, wortel en knoffel daarin tot sag. 4. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar en bruin. Voeg die kerriemengsel, borrie en lourierblare by. Braai vir nog 1 min. 5. Gooi die aftreksel by en prut vir 15-20 min. Geur na smaak. Skep in oondvaste bakkies. 6. Skep die bo-laag op die maalvleis in die oondvaste bakkies. Bak vir 10 min. tot goudbruin.