Wanneer Kaapstad se stygende temperature jou aanraai om vir koeltes uit te soek, is dit steeds moontlik om die stad se pragtige bestemmings en aktiwiteite ten volle te geniet. Of jy nou ‘n avontuurlustige, natuur- of kosliefhebber is en opsoek is na die koelste plekke, het ons die beste opsies om Februarie se hitte op ys te sit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Niks koel jou af soos die see nie. Kaapstad bied een van die beste maniere om die kus te geniet. Tydens ‘n Divers Ocean Safari kan jy die ondersese wêreld verken en sy ongelooflike seelewe onder die golwe gewaar. As jy dit verkies om bo die water te bly, is ‘n kuslangse Kajakavontuur die perfekte manier om asemrowende uitsigte te geniet terwyl jy deur kristalhelder water roei. Diegene wie op soek is na ‘n stranddag, is Boulders Beach ‘n lekker swembestemming. Hier kan jy selfs naby pikkewyne kuier.
Lees ook: Maak ’n kreatiewe kind groot
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
As jy op soek is na ‘n vars briesie terwyl jy die Kaap verken, is ‘n Jeep Toer ideaal vir Kaapstad se rotsagtige terrein. As jy ‘n adrenalienskop soek, sal SA Forest Adventures se Zip Line jou deur die bome laat vlieg terwyl die wind deur jou hare waai. As jy selfs hoër uitsigte verlang, is Parapax Paragliding die beste manier om langs die kuslyn te sweef en met Seepunt se verfrissende seeluggie af te koel.
Geen reis na Kaapstad is dieselfde sonder om die stad se mees ikoniese landmerk te besoek nie. Neem Tafelberg se kabelkarretjie vir ‘n ontspannende retoerrit. Terwyl jy op die berg is, probeer selfs abseil met Cape Extreme Adventure Tours waar jy langs die berg se kranse afkom vir ‘n ervaring soos geen ander nie. Wat dit ook al mag wees, die bergskouspel en koel lug maak dit die beste manier om uit somerhitte te ontsnap.
Lees ook: Jy kan jou kind swaarkry help verwerk
Ná al die avonture is dit tyd om terug te sit en te ontspan. Timeout Market is ‘n kosliefhebber se droom en bied ‘n binnenshuise versameling van eersteklas-kosstalletjies met Kaapse disse en drankies. Vir ‘n prettige manier om jou somersdag mee af te rond, geniet ‘n vroeë aandete by OuiBar, Radisson Red Waterfront se stylvolle dakkroeg wat panoramiese uitsigte en ysige kelkies bied.
Lees ook: Kinders: kos wat slim maak
Met só baie ongelooflike aktiwiteite in die Kaap, staan die hittegolf nie ‘n kans nie. Of jy nou in die see gaan duik, kuslangs sweef, of kelkies met ‘n uitsig geniet, bied Kaapstad ‘n heerlike mengsel van avontuur en ontspanning om jou koel te hou.
Lees ook: Kinders verveeld? Hou hulle gelukkig en besig by hierdie Kaapstad-bestemmings
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.