kategorieë: OuerskapJou lewe

Oorleef só aansoeke by universiteite

Daar is heelwat dokumente wat reggekry moet word voor die student kan aansoek doen. Plaas dit in ’n legger en hou dit ook gereed op ’n geheue-stokkie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Moenie net by een instansie of net vir een kursus aansoek doen nie. Jy moet ook ’n plan B en C hê. Met beperkte innames kan jy dalk jou kans mis om universiteit toe te gaan. Doen aansoek by ’n paar instansies en hou boek van aansoeke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kyk op die instansie se webtuiste watter dokumente hulle vereis. Maak geskandeerde afskrifte van dokumente so klein moontlik om te verseker dat dit per e-pos gestuur kan word. Plaas alle dokumente in ’n digitale legger op jou rekenaar wat met jou naam en ID-nommer gemerk is. Neem ook ’n fisieke papierlegger met afskrifte van al jou dokumente saam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sorg dat jy die volgende gereed het

  • ’n Gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument. Maak seker dit is duidelik leesbaar.
  • ’n Gesertifiseerde afskrif van jou Graad 11-skooluitslae sowel as jou April- of Prelim matriekuitslae.
  • Jou NNT-nommer of -resultate of albei.
  • ’n Gewaarmerkte afskrif van die fooi-betaler se identiteitsdokument sowel as bewys van bankbesonderhede.
  • ’n Gesertifiseerde getuienis van ’n skool of ekwivalent indien jy aansoek doen om koshuisverblyf.
  • Aansoekbriewe, vorms en portefeuljes vir die programme waarvoor jy aansoek doen.
  • Al jou kontakbesonderhede: telefoonnommers, woon- en posadres, sowel as ’n betroubare selfoonnommer en e-posadres.
  • Al die kontakbesonderhede van naasbestaandes, ouers, voogde of borge – telefoon-, woon-, pos- en e-posbesonderhede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak dit nog makliker

  • Gebruik maklike wagwoorde vir aanlyn-aansoeke en hou rekords van elke wagwoord vir elke instelling waar jy aansoek doen.
  • Hou rekord van verwysingsnommers wat aan jou gestuur word.
  • Hou datums en vereistes dop.
  • Voltooi die vorms in absolute en korrekte besonderhede, want foute kan daartoe lei dat jy ’n plek verloor as dit vir die instelling lyk of jy hulle probeer mislei.
  • Hou al die inligting byderhand as jy jou aansoeke invul.
  • Gebruik die korrekte kodes vir kursusse soos voorsien, sodat daar geen misverstand is van presies waarvoor jy aansoek doen nie.

Besoek The Independent Institute of Education se webblad vir meer besonderhede

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.