kategorieë: Leefstyl

Oosterse weelde by die Orient

Net buite Johannesburg en Pretoria lê ’n skat weggesteek, die asemrowende Orient-boetiekhotel met sy Moors- geïnspireerde dekor waar ons onlangs saam makietie gehou het ter herdenking van die hotel se vyfde (suksesvolle) bestaansjaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die woorde magies, skouspelagtig, asemrowend en wonderskoon kan nie hierdie stukkie fantasie-op-aarde genoeg beskryf nie. Asof dit nie genoeg is nie, is die Orient boonop in die Francolin-bewaararea tussen Pretoria en Magaliesburg geleë en die natuurlike skoonheid ondersteun eerder dié weelderige, Oosterse fantasiewêreld van die hotel as om daarmee te kompeteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die meesterlike argitektuur en luukse meubels is van die treffendste elemente van hierdie perfek beplande, detail-geïnspireerde hotel met sy ryk Oosterse kleure, teksture en materiale. As jy belangstel in kuns en dekor sal die plek jou asem wegslaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis ’n perfekte dag toe ons by hierdie Moorse kasteel aankom waar die vriendelike Mari Dartnall (mede-bestuurder van die hotel) ons verwelkom. Ek is dadelik betower deur haar opregte vriendelikheid en gasvryheid en ná ’n kort geselsie wys sy ons ons suite, kompleet met sy Oosterse naam Marrakesh. Ek staan verstom by die eerste sien van die suite met sy private sitkamer en ontspankamer. Die uitsig vanaf die intieme stoepie is manjifiek, met die Magaliesberge wat soos ’n skildery voor ons uitgestrek lê. Elke enkele meubelstuk, van die antieke houtbed en spieëltafeltjie tot die uitgekerfde houtkaste dui op ’n herkoms uit ’n ander wêreld. Later sou ek vasstel dat Mari en haar man, Cobus du Plessis (eienaar van die hotel), elke meubelstuk uitgekies het en dat die meerderheid daarvan uit die Ooste ingevoer is. ’n Kelnerin verskyn met twee glasies uitgesoekte vonkelwyn, oftewel ’n “welkomsdrankie”, soos sy vriendelik daarna verwys.

Die bekende skilder Daleen Roodt se uitstalling, A Floribundant Journey, is eerste op ons verkenningslys. Dié talentvolle 25-jarige het verlede jaar ná ’n besoek aan die hotel besluit om die inheemse skatte van die Francolin-bewaararea in botaniese skilderye te verewig. Die besonderse versameling bestaan uit sowat vyftig skilderye in waterverf en olie en word eksklusief by die hotel uitgestal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daarna ontdek ons ’n pragtige rolprentteatertjie met dekor en styl wat aan Parys herinner. Die mure is behang met weelderig geraamde plakkate van ou bekendes soos Audrey Hepburn, Marilyn Monroe, Elizabeth Taylor, James Dean, Rock Hudson, John Wayne en Ingrid Bergman. Die sitplekke is van rooi fluweel en ’n stokou kamera, nogal Katinka Heyns se heel eerste kamera wat sy aan die hotel geskenk het, dra by tot die atmosfeer.

’n Kunsmuseum waarin die beeldhouer Tienie Pritchard se mitologies-geïnspireerde bronsbeelde ten toon gestel word, oortuig my van voor af dat hierdie hotel besonders en in ’n klas van sy eie is.

Ná ’n heerlike middag van verkenning is dit tyd vir aandete en die bekende Suid-Afrikaanse sjef, Chantel Dartnall (wat saam met haar ma, Mari, die hotel bestuur), wag ons in by haar manjifieke Mosaic-restaurant. Nadat sy die agt-gang spyskaart met sy indrukwekkende wynpasmaats voorgelees het, verdwyn sy in die kombuis om die kulinêre meesterstukke voor te berei. Dié uitnemende herdenkingsspyskaart is spesiaal vir die geleentheid opgestel. Elke gang was eksoties – van rooibos-en-tamatie-risotto voorgesit met tamatie-tee, kwartels wat met heuning geglaseer is tot Dong Po-varkmaag met jasmynrys, perfek gekomplementeer met uitgesoekte wyne. Die spreekwoordelike fynproewersmaaltyd van die boonste rakke. Chantel se formele opleiding as professionele sjef, haar liefde vir kook en haar passie vir die kulinêre kuns was in elke gereg duidelik sigbaar.

Op pad terug na ons suite het ek gaan stilstaan en gedink: daar is nie woorde om te beskryf hoe fantasties hierdie dag was nie!

Vir meer inligting oor die manjifieke Orient-hotel en Mosaic-restaurant, besoek gerus hulle webblad by www.the-orient.net of bel die eienaars by 012 371 1190.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

5 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

8 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

12 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.