kategorieë: Ons menseBekendes

Op die silwerskerm: Erica Wessels

Vertel ons meer oor jou karakter, Karina?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Karina is die gom van die familie. Sy is oorweldig deur haar man en seun se gebroke verhouding en emosioneel op haar laaste. Sy is ’n diabeet en sukkel met moegheid. Haar grootste begeerte is vir vrede, konneksie, genot en verhouding in hulle gesin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe verskil Karina van die ander rolle wat jy al vertolk het?
Elke karakter is uniek met ’n individuele storie en ’n unieke persoonlikheid met begeertes. Dit is nie noodwendig altyd duidelik nie, maar om ’n outentieke ‘binnewêreld’ vir elke karakter te skep, is die agter-die-skerms rol van die akteur. Dit gee kleur, dimensie en eerlikheid aan elke oomblik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het jy enige uitdagings tydens die verfilming van My Father’s War ervaar?
Ons skedule was ongelooflik rof omdat ons die film in beide Engels en Afrikaans verfilm het. So elke bietjie dialoog en skoot was verdubbeld en het baie druk op die akteurs en tegniese span gesit.

Hoe, dink jy, sal die film met die ouer generasie (wat die Grensoorlog werklik ervaar het) resoneer?
My hoop is dat die film mense wat deel was van die oorlog aan die praat sal kry. Oor die uitdagings, die trauma, hoe dit ’n impak op hulle primêre verhoudings gehad het, elkeen se eie storie, en dan hopelik uiteindelik healing te bring.

Het jou rol in die film enigsins jou persepsie oor die invloed wat die Grensoorlog op ons ouers het, verander?
Ja. Ek dink nie ons besef die impak wat die grensoorlog op daai generasie gehad het nie.

Wat, dink jy, is die oorsaak van konflik tussen ouers en tieners vandag?
Ek dink in essence is dit dieselfde probleme van vorige generasies, die meganiese objekte en kultuur het net verander.

Het jy al ’n droom gehad wat jou lank bygebly het?
Nee, gelukkig nie.

Konflik is sterk teenwoordig in die film. Hoe gaan jy te werk om konflik op te los?
Kommunikasie en eerlikheid sonder oordeel. My partner Willem leer my baie daaroor.

Kan ons jou in enige toekomstige produksies verwag?
Daar is twee Engelse films wat binne die volgende jaar uitkom: Hatchet Hour en Bloodline. En dan ook ’n kortfilm vir die Silwerskermfees, Vlees van my vlees, waarin ek ’n kwadrupleeg speel.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.