kategorieë: InspirasieJou lewe

#InspirerendeVroue: ons redaksie deel hul stories

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Neem deel aan die gesprek en skryf in vir ons #InspirerendeVroue-kompetisie. Jy kan ’n Endless Jewelry-armband vir jou en jou inspirerende vrou wen! Klik hier vir meer inligting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suzanne Kotzé: Skoonheidsredakteur

Ek het onlangs vir Jane Wurwand wat Dermalogica begin het, ontmoet en wow is sy amazing met al die gemeenskap werk wat hulle doen. Hulle het al lenings aan 77 000 vroue gegee om hulle eie besighede te begin!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Anelle Mostert: Produksiehoof

My ma is ’n fantastiese mens. Sy is baie sterk, maar eintlik die mees liefdevolste sagste mens wat ek ken. Sy het my en my sus so baie geleer, maar meestal om te kan lag. Sy is ook ’n besondere onderwyseres. Sy gee klas vir Graad-drie kinders. Hulle is mal oor haar en staan tou in die middae om vir haar drukkies te gee voordat hulle huis toe gaan.

Dit is vir my ’n eer om haar dogter te wees.

Cornel Dunn: Leefstylredakteur

Ek het etlike jare gelede ʼn onderhoud met Helen Zille gedoen. As jy ʼn onderhoud met haar wil hê, moet jy jou huiswerk goed doen. Sy verwag van ʼn joernalis om ingeligte vrae te vra.

Helen is gefokus en sterk. Ek het haar ervaar as iemand was nie ʼn bang haar op haar kop het nie. Sy draai nie doekies om nie en is eerlik en reguit tydens die onderhoud. Die belange van ons land lê haar na aan die hart en is die dryfveer agter haar positiewe bydrae tot Suid-Afrika. Ek het die grootste respek vir haar en waarvoor sy staan asook wat sy bereik het. Sy het ook ʼn reuse sin vir humor en kan die ligter kant in enige situasie uitlig. Sy is onvergeetlik en ʼn hoogtepunt in my lewe as joernalis.

Hugonette Theron: Teksredakteur

Ek dink dat die oorlede Margaret Bulkley ’n inspirerende vrou van formaat was! Sy was in die 1800’s beter bekend as die Britse dokter James Barry wat destyds talle prestasies in die Kaap behaal het – en dit alles terwyl sy haarself as ’n man vermom het! Dit is eers ná haar dood in 1865 toe die waarheid uitgekom het en sedertdien is dit grootliks waarvoor “dr. James Barry” bekend is. Tog dink ek dat sy baie inspirerend is aangesien sy tydens die oorlog die moed gehad het om onder die beeld van ’n man te werk te gaan net sodat sy die lewens van ander kon verander.

Vickie de Beer: Kosredakteur

Nina Brown is vir my baie inspirerend. Hoewel ek nie ’n persoonlike ervaring met haar gehad het nie, weet ek dat sy ook baie ander vroue deur haar Facebook-blad inspireer. Sy is ’n leefstyl ghoeroe wat vroue help om hul drome te bewaarheid. Haar digitale media platforms is ’n definitiewe moet-besoek!

Klik op die rooi woorde om Nina se Facebook-blad of webtuiste te besoek.

Nicole Kemp: Digitale assistent

My oorlede ouma Tertia is beslis my inspirasie en ek glo dat sy deur die loop van haar lewe, talle ander mense net so diep geraak het. Haar liefde vir ander het ongetwyfeld in haar menswees na vore gekom en sy het haarself oor elkeen wat sy teëgekom het ontferm: van boemelaars vir wie sy sakke vol kos gekoop het na bejaardes vir wie in hospitale gaan kuier het. Ek wens dat ek nog ’n paar jaar saam met haar kon gehad het om meer by haar te leer. Tog sien ek haar in elke dag se goeie dade – dan weet ek dat sy naby is.

Susra Morkel: Moderedakteur

My seuntjie se pediater het my vertel van drie ma’s wat die fonds, Daniel and Friends Fund, bestuur. Dié fonds is daargestel om kinders met spesiale behoeftes te ondersteun. Hierdie drie mamma’s het elkeen gestremde kinders van hul eie waarvan twee ongelukkig al oorlede is. Hierdie drie is besondere mense, baie braaf. Hulle het hulself uit hul eie bejammerenswaardige situasies gelig en help nou ongeveer 80 ander gesinne om met hulle gestremde kinders saam te leef. Hulle fokus veral op die ma’s en aktiveer hulle om na buite uit te reik. Hulle kry geen salaris nie en sit ure en selfs brandstof en lugtyd in om hierdie fonds suksesvol te maak. Ek dink dit is wonderlik wat hierdie vroue doen!

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.