kategorieë: Leef gesondGesondheid

Orgaanskenking – 3 probleme waarvan jy moet weet

Wat is die vreesaanjaendste kwessies rakende orgaanskenking vir jou? Ons gesels met die Organ Donor Foundation oor ons drie grootste vrese.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Probleem 1

Kan iemand my dood verklaar, al is ek dalk net in ’n koma? Wie besluit ek is werklik dood?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

A   Die oorplantspan
B   Jou eie dokter

Die korrekte antwoord is B, jou dokter. Die oorplantspan mag glad nie betrokke wees by die doodsverklaring nie. Dit sal dus nooit so gebeur dat ’n oorplantspan ’n orgaan soek en die eerste beste persoon wat verby kom, stilletjies dood verklaar om sy organe te verwyder nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika se mediese reëls en wetgewing oor doodsverklaring vir orgaanskenking is baie streng en in pas met die voorste lande ter wêreld.

Ons wetgewing bepaal dat twee onafhanklike dokters (jy of jou familie kan hulle self aanwys) ’n vasgestelde reeks toetse moet uitvoer om die dood te bevestig.

Die tekens van ’n koma en selfs ’n diep koma verskil duidelik van breindood. Dus is jou dokter werklik seker dat daar nie meer lewe is nie, voor hy toestemming vir orgaanoorplanting gee.

Probleem 2

Gaan ek regtig ’n verskil maak? Hoeveel mense sal ek help?

A    Een mens, as jou hart gebruik word. Twee as jou niere gebruik word.
B    57 mense.

Die korrekte antwoord is B, 57 mense. Jy kan sewe lewens red en nog 50 mense help.

Jou hart, lewer, pankreas, niere en longe kan elkeen afsonderlik gebruik word, wat saam sewe mense van die dood red.

Jou korneas, hartkleppe, beenmurg en so meer kan tot 50 mense verder help. So kan jou korneas iemand se sig herstel, en jou beenmurg kan ’n kind met beenmurgkanker nuwe lewe gee.

Die nood aan bykomende weefsel is groot in Suid-Afrika. Ons het nie so ’n sterk tradisie van orgaanskenking as Europese lande soos Duitsland nie. Gevolglik help ons jaarliks maar 500-750 mense, terwyl 4 000-5 000 mense op enige gegewe tydstip op organe wag. Hartverskeurend min – een of twee uit elke tien – word gehelp.

Die groot stap is die begrip dat jy vry is om hierdie kosbare geskenk te gee omdat jy aangestap het. Jou medemenslikheid kan jou as’t ware laat voortleef.

Probleem 3

Kan iemand my verkoop vir my organe? Kan my organe verkoop word?

A   Ja, maar net niere, sperm en vroulike eierselle (ova) kan verhandel word.
B   Nee, geen menslike weefsel mag verkoop word nie.

Die korrekte antwoord is B, geen menslike weefsel mag verkoop word nie. Een van die grootste probleme wat mense met orgaanskenking het, is die vrees dat daar geld gemaak kan word uit jou liggaam terwyl jy weerloos is, byvoorbeeld wanneer jy in ’n tydelike koma verkeer. Maar in Suid-Afrika mag geen orgaan, weefsel, vel of selfs beenmurg en bloed verkoop of gekoop word nie. Daar is dus geen winsmotief nie, wat jou teen enige potensiële finansiële uitbuiting beskerm.

Die Wet is duidelik: jy ontvang niks vir orgaanskenking nie, en jou familie word nie daarvoor vergoed nie. Dit kos jou ook niks nie. Selfs ontvangers betaal nie vir geskenkte organe nie. Hulle mag nie geld daarvoor aanbied nie.

Hoekom kos dit ontvangers geld vir ’n orgaanoorplanting?

Die prosesse verbonde aan die verwydering, vervoer, bewaring en oorplanting van organe is geweldig gesofistikeerd en gevolglik baie duur. Hulle, of hul mediese fondse, dra hierdie onkostes. Selfs ova en sperme word nie verkoop nie. Die skenker kry wel ’n relatief klein vergoeding vir onkostes, teen ’n paar honderd rand vir sperme, tot R7 000 vir ovaskenking.

Niemand maak wins nie.

Jy sal ook hou van

• Hoe om jou organe te skenk. Doen dit self aanlyn (hier is die skakel)  by die Organ Donor Foundation. Dan weet jy dit is jou keuse, en dat niemand anders namens jou daaroor besluit nie.

Werk jou niere goed?

Orgaanoorplanting: Oowinnaar vertel

• Hoe werk skenkingskontrakte? Hier is die dinge wat belangrik is in ’n kontrak vir ovaskenking.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.