kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Spar Women’s Challenge-ambassadeur: Lindie Strydom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hou ons webblad dop vir nog onderhoude met vanjaar se Spar Women’s Challenge-ambassadeurs!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat beteken die Spar Women’s Challenge vir jou?

Die samekoms van uiteenlopende vroue met ’n variasie van redes om dankbaar te wees!  Ek dink elke jaar nóú het SPAR die beste dryfveer as slagspreuk gekies net om die volgende jaar weer verstom te staan!  Dis die einste “rede” vir die resies, soos #IamGrateful hierdie jaar, en ook die “rede” vir die fondse wat “rede” gee aan elke tree van elke deelnemer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy stap of hardloop met iets op jou hart en dalk selfs op jou T-hemp, dalk ’n foto of ’n briefie.  Ek het laas jaar die 5km gestap met my selfoon in my hand.  Al langs die pad het ek gesels en foto’s geneem van die families, vriendinne, ma’s en dogters en die stories en redes was so inspirerend!  Dis meer as ’n resies, maar ek kan nie presies my vinger daarop sit nie.  Ek weet net daar is betekenis en diepte…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat behels jou rol as Spar Women’s Challenge-ambassadeur?

Ek is ’n gewone vrou, ma, sussie, dogter en vriendin.  Ek het my hand as gewone vrou opgesteek met die doel om ander gewone vroue soos ek aan te spoor vir die eintlike reis wat lank voor die resiesdag begin.  Hierdie jaar is dit die tema van dankbaarheid. Dit bring ’n fokus en ’n hart- en kopskuif in die aanloop na die dag wat selfs langer gaan hou as die fiksheid van die bene.

Ek is ontsettend dankbaar vir my gesondheid en my energie en ek besef dis ook die petrol in my tenk om elke dag met oorgawe te kan doen wat ek doen – as vrou vir my man en ma vir my kinders en kollega by die werk en vriendin by die skool…  maar ek werk ook soms te hard en die einste dinge wat mens eintlik “sustain” soms af.

Ek aanvaar verkeerdelik my gesondheid as vanselfsprekend – dit moet maar net daar wees om die idees en drome in my kop te maak gebeur.  Ambassadeurskap beteken vir my om in gebrokenheid ’n voorbeeld te stel – ons moet die “voertuig” van ons roeping, ons liggame oppas en gesond en fiks hou!  Ek mag nie verskoning maak nie.  Ek voel sommer “accountable” aan elke ander ma en vrou en dogter en sussie wat saam met my die pad op 3 September gaan vat.

Vanjaar se tema is #IamGrateful. Hoe gaan jy dit tydens die resies uitbeeld?

“Ek is dankbaar” voel soos mý jaar se tema nevermind die resies se tema!  Ek het sommer vroeg in Januarie ’n foto van ek en my oudste seun Paul by die Park Run in George, op Facebook gelaai. Ek het tóé al gevoel dat dankbaarheid my rede vir hardloop is! En dankbaarheid is soos die banier oor my hele lewe!  My lewe is ’n dankie!

Absoluut alles wat ek doen, van toesprake lewer tot boeke skryf, my kinders se broodjies smeer tot langs die veld wag en gediggies help oefen vir die eisteddfod, is my dankie vir elke perfekte en volmaakte goeie geskenk uit God se hand!  Ek hoop my lewe doen die praatwerk, maar net ingeval sal ek dalk hierdie one liner op my T-hemp verf:  “My lewe is ’n dankie!”

Liefdadigheid is ook ’n groot fokus van die Spar Women’s Challenge.  Wat beteken liefdadigheid vir jou?

Liefdadigheid gaan vir my uit en uit oor God se hart en wanneer ons kyk hoe en hoekom Hy gee, gaan ’n nuwe wêreld vir ons oop!  Hy gee nie omdat Hy moet nie.  Hy gee nie omdat Hy skuldig of gemanipuleer voel nie.  Hy gee omdat Hy wil.  Hy gee omdat Hy nie anders kan nie – gedryf deur Sy liefde vir ons!

Hy gee Sy eerste en beste, Hy gee in verhouding en vir verhouding.  Hy gee werk en vrye keuse, verantwoordelikheid en Hy gee ook soms nie…  Ek probeer Sy hart vir my gemeenskap gee, want hulle het Hom baie meer nodig as vir my.  Goeters verander nie mense nie – God doen.

Ek het onlangs ’n nuwe definisie van lofprysing ontdek in Hebreërs 13.  Dit sê:  “Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring…  Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dit is die offers wat vir God aanneemlik is.”

Ons omgee en diensbaarheid, hulp en mededeelsaamheid is eintlik lof aan God!

Waarna sien jy die meeste uit met betrekking tot die resiesdae?

Die uitdaging wat ek vir myself gestel het om die 10km te hardloop!  As vrou en ma draai soveel van my doelwitte rondom my gesin en hoe ek hulle kan help om hulle drome te bereik.  Dit voel of hierdie dag my beurt is om iets waarvoor ek gewerk het, suksesvol klaar te maak.

Ek leer by lewensafrigter en kopdokter van die Goue Leeus, Jannie Putter, “ons motiveer nie ons kinders nie, ons inspireer deur ons voorbeeld.”  Hy is so reg!  As jy heeltyd met jou kinders net oor hulle drome praat, voel hulle later asof jou lewe en geluk ook net van hulle drome en doelwitte afhang.  As hulle nie slaag nie, is hulle ma sommer ’n flop!  Dis ’n onregverdige verwagting en druk op ’n kind.

Jy moet jou eie doelwitte najaag en kan met hulle daaroor gesels!   Ek het in die Julie vakansie saam met my kinders landloop begin oefen.  Dit was koud om vroegoggend buite te hardloop en het veral toewyding gevra om vroeg op te staan terwyl ander nog lekker laat slaap.  Maar hulle is van die begin af deel van mamma se doelwit vir haarself en vir haar eie onthalwe.  Ek sien regtig uit om te sien hoe die harde werk se resultate op die dag sal voel en lyk.

*Lees ons artikel oor hoe Lindie met ’n oop hand en ’n oop hart, haar lewe ná Egoli vervolmaak het.             Klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.