kategorieë: Ons menseBekendes

Op die silwerskerm: Sandra Prinsloo

Jy noem dat die teks vir Twee Grade van Moord fantasties is. Watter aspek van die teks het jou aangetrek?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis selde dat mens ’n teks kry waarin die twee hoofkarakters nie jonk is nie maar ’n liefdesverhouding het wat spontaan, wild en gelukkig is. Die karakters is ook volrond en opwindend om te speel en die hele emosionele reis wat meeste van die karakters aflê, is fassinerend. Ek het ook gehou van die morele vrae wat die teks vra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aleksa is ’n baie omvattende karakter. Hoe het jy vir die rol voorberei?

Ek het maande vóór die fliek geskiet is, heelwat gesprekke met Anita le Roux gevoer en gaandeweg ’n karakter in my kop begin skep. Die emosionaliteit rondom genadedood was gelukkig iets wat ek al in diepte saam met Marius (Weyers) ondersoek het terwyl ons aan die toneelstuk, “Vir Ewig en Altyd ” gewerk het. Ons het ook ’n week se repetisies saam met Gerrit Schoonhoven, die regisseur, gehad voor ons begin skiet het. Dit was besonder waardevol in terme van verhoudings ophou met die ander karakters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is daar enige ooreenstemmings tussen jou en Aleksa?

Nie wat ek van bewus is nie!

In die fliek het jou karakter ’n uitgesproke boek oor liefde geskryf. Wat is jou siening oor die liefde?

Ek dink ek is die laaste mens op aarde wat enige opinies oor die liefde het. Dit bly vir my ’n raaisel maar ek weet dat dit ’n wonderlike en magiese ding tussen twee mense kan wees.

As deel van die plot onderneem Aleksa om deel van ’n dokumentêre realiteitsreeks te wees. Sal jy as Sandra ooit vir so iets instem?

Tot ’n mate is ’n mens se lewe as aktrise in elk geval deel van ’n dokumentêre realiteitsreeks …

Jou reünie met Marius Weyers is langverwag in die Afrikaanse filmbedryf. Hoe het jy dit ervaar om weer saam met hom op die silwerskerm te verskyn?

Dis sover en altyd die maklikste vraag om te beantwoord: HEERLIK!

Wat, dink jy, maak Twee Grade van Moord ’n uitskieter in die Afrikaanse filmbedryf?

Dis ’n kwaliteitproduk wat ’n moeilike onderwerp op ’n heel oorspronklike en opwindende manier aanpak. Daar is só baie hart in dié fliek en Marius is absoluut wonderlik! Daar is ook die briljante spel van jong spelers. Boonop gaan niemand onaangeraak uit die teater stap nie.

Kan ons verwag om jou in enige toekomstige produksies te sien?

Ek is tot vervelens toe op die verhoog! Ons open binnekort by Innibos Kunstefees met Pa, maak vir my ’n Vlieër, Pa. Daar is ook ’n nuwe eenvrouvertoning op die kaarte en ook nog ’n vollengte film en verskeie produksies volgende jaar …

Kyk na die agter-die-skerms video van Sandra op die stel van Twee Grade van Moord

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.