kategorieë: DekorLeefstyl

Ontklotter en organiseer jou huis – hier’s raad

Deur Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het kamer vir kamer gaan kyk waarvan jy ontslae kan raak om minder klotter in jou lewe te hê!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jou heel beste gids tot ’n klottervrye huis

Die slimste wenke vir ’n klein spasie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kry jou huis reg vir skoudae

Badkamers

Voor jy in nuwe stoorplek vir jou badkamer belê, maak seker die badkamer is klottervry.

Gooi dit weg

  • Ou grimering
  • Medisyne wat hul vervaldatum bereik het
  • Hotelsepies
  • Stomp skeermesse
  • Haarprodukte wat jy ses maande laas gebruik het
  • Ou tandeborsels en grimeerkwaste

Lees ook: Hoe om essensiële olies in jou huis te gebruik

Dis maklik om tuis te herwin!

Kombuis

Daar is deesdae heelwat oulike bergingsmoontlikhede vir kombuise, maar die meeste van ons se kombuiskaste is vol items wat nie gebruik word nie. Sorteer en raak ontslae daarvan!

Gooi hierdie weg

  • Hou slegs soveel borde, bakke, koppies, glase en messegoed as wat jy op een slag kan gebruik. Niemand het dertig wynglase nodig nie.
  • Indien jy nie ’n professionele sjef is nie, is die kans goed dat jy jou kookgerei minder kan maak.
  • Baie goed in ’n kombuis is bloot dekoratief. Beperk onnodige items en fokus eerder op praktiese items.
  • Kyk na die vervaldatums van produkte soos speserye, meel of rys.
  • Jy het nie ’n elektriese toestel nodig vir elke kombuistaak nie. Indien jy ’n klomp toestelle het, maak seker hulle is nog in werkende toestand. Indien nie, gooi weg.

Lees ook: Wat jy moet weet oor die 5 belangrikste beleggings vir jou huis

Breekware vir beginners

Hou jou wynglase silwerskoon – ons wys jou hoe

Ja, jy kán begin om plastiekvry te lewe!

Hou ’n teepartytjie

Woonkamers

Omdat die hele gesin die ruimte gebruik, moet die uitsorteer van die vertrek ook ’n gesinspoging wees. Sit ’n dag oor die naweek opsy en span jou huismense in om hierdie taak in ’n japtrap uit te sorteer. Stel daarna opruimreëls vir dié vertrek op.

Gooi weg

  • Indien ’n item in jou woonkamer nie in ’n ander deel van jou huis gestoor kan word nie, raak ontslae daarvan.
  • Enige iets wat onbruikbaar of stukkend is, moet gaan, soos ou DVD’s en afstandbeheerders.
  • Ou tydskrifte en koerante moet plek maak vir nuwe items.

Lees ook: Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis

Jou dekorwoordeboek

Skep self ’n fokusmuur

Hoe om vanjaar blommotiewe te omhels

Slaapkamer

Volg hierdie wenke van die bekende Marie Kondo om jou slaapkamer klottervry te maak:

  • Hou jou kamer minimalisties. Enigiets wat nie bydra tot ’n rustige atmosfeer nie, moet gaan.
  • Deel jou slaapkamer op in areas. Fokus op een gedeelte en sorteer dit uit.
  • Jy behoort nie ’n TV in jou kamer te hê nie. Volgens kundiges benadeel die toestel jou slaapproses.
  • Raak ontslae van klere wat jy nie in die laaste jaar gedra het nie.

Lees ook: Ons 6 gunstelingpakwenke van Marie Kondo

Leef klottervry

Orden jou lewe

10 maklike wenke vir ’n feng shui-huis

Hou werkstres jou wakker? Hier is goeie raad

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.