kategorieë: Kos

Ouma Jakkie se melkkos

“Die melkkos was ons lekkerste bederf en die beste trooskos. My ma het dit in ’n skotteltjie in die warmlaai gehou om dik en romerig te word. Dit was aandete én poeding, alles in een. Dit was allerbelangriks dat jy ’n “bootjie” (kaneelstokkie) met die skepslag moes kry. Daar was altyd minstens twee, een vir my en een vir my sussie.” Vickie de Beer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6 porsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• 2 liter (8 k) volroommelk
• 2-3 kaneelstokkies
• 250 ml (1 k) + 45 ml (3 e) bruismeel
• 2,5 ml (½ t) sout
• 15 ml (1 e) botter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kaneelsuiker
• meng 125 ml suiker met 30 ml fyn kaneel

1 Gooi die melk in ’n groot kastrol, voeg die kaneel by en verhit tot kookpunt.
2 Voorverhit die warmlaai van die oond of voorverhit die oond tot 60 °C.
3 Sif intussen 250 ml van die bruismeel en die sout in ’n mengbak saam. Werk die botter saggies met jou vingerpunte by die meel in. Moenie oorwerk nie.
4 Hou die meelmengsel onder ‘n druppende kraan en vorm groot frummels met jou vingerpunte. Skuif die gevormde frummels eenkant toe en vat elke keer nuwe meel van die kante van die bak tot al die meel opgebruik is.
5 Skuif die gevormde frummels eenkant toe en vat elke keer nuwe meel van die kante van die bak tot dat al die meel gebruik is.
6 Meng die res van die meel (45 ml) deur sodat die frummels los van mekaar en net-net met meel bedek is.
7 Voeg die frummels by die warm melk en kook vir 20 min. oor lae hitte tot die melkkos begin verdik en die frummels uitswel.
8 Sit ’n deksel op en sit vir 3 uur in die warmlaai van die oond sodat dit kan verdik. Sit met kaneelsuiker voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.