kategorieë: Ouerskap

Help! My kind is vegetaries

Gesonde vegetariese diëte is gewoonlik laag in versadigde vette, hoog in vesel van onverwerkte, vars groente en vrugte, laag in cholesterol en laer in energie. Alles pure gesondheid op die lange duur. Ongelukkig kan dit ook tot wanvoeding lei as dit onverstandig toegepas word. Onthou, ’n gesonde vegetariese dieet is nie ’n gewone dieet waar jy net die vleis, vis en hoender uitsny nie. Dis jou hoofbronne van proteïene en moet op ’n ander manier vervang word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy ’n tiener het wat nou ’n onwrikbare vegetariër is, gaan dit nie help jy trek jou skouers op en laat haar aartappels, rys en groente eet nie. As jy gekant is daarteen en ook nie kans sien vir die moeite met kos maak nie, moet jy haar na ’n dieetkundige stuur sodat sy verantwoordelikheid vir haar kos en gesondheid kan aanvaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is vegetaries gesond?

Hoewel ’n gebalanseerde vegetariese dieet baie gesond kan wees, kort jy gespesialiseerde voedingkennis om dit verantwoordelik te doen. Daar is ’n groot verskil tussen volwasse vegetariërs en kinders, omdat groeiende kinders en tieners ander voedingbehoeftes het en tekorte permanente skade kan aanrig. Kinders het ’n vinnige metabolisme en omdat hulle nog groei, is voldoende voedingstowwe uiters belangrik. Die ander kant van die munt is natuurlik dat nievegetariese kinders wat op macaroni-en-kaas, kitsnoedels en pizzas grootgemaak word, ook wangevoed kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is nodig

Daar is ’n goeie rede hoekom ons vleis (veral rooivleis) eet. Dit is die beste bron vir gehalte proteïene en is ook hoog in yster, B-vitamiene en sink – almal uiters noodsaaklike voedingstowwe vir goeie gesondheid. Hoewel al dié stowwe (behalwe vitamien B12) ook uit plantaardige bronne verkry kan word, is dit nie altyd in so ’n beskikbare vorm, of van so ’n hoë gehalte soos met vleis, vis en hoender nie.

Lees meer oor die tekens van lae vitamien B12-vlakke hier

Yster is noodsaaklik vir die vorming van rooibloedselle en dieetkundiges kla dat vegetariese kinders met lae rooibloedseltellings sukkel. ’n Tekort kan lei tot bloedarmoede wat leerprobleme, psigomotoriese probleme, tamheid en infeksies tot gevolg kan hê. Yster kom ook in verrykte babagraankosse en ontbytgrane, droëvrugte, sousboontjies, pruime, appelkose, spinasie, broccoli, Bovril en groen blaargroentes voor. Dit kan op papier lyk asof spinasie hoog in yster is (3,6 mg yster in 100 g), maar plantbronne se yster is in ’n ander vorm en nie altyd so beskikbaar vir die liggaam nie. Boonop is 100 g spinasie die helfte van ’n gewone pak slaaiblare en dis byna onmoontlik vir ’n gemiddelde jong kind om só ’n hoeveelheid te eet.

Klik hier vir ’n lys van kosse ryk aan yster

Gelyktydige inname van vitamien C verbeter die opname van yster; laat hulle lemoensap of vrugte ryk aan vitamien C saam met ete inkry.

Vitamien B12 is ’n probleem in streng vegetariese diëte, want B12 kom net uit dierlike bronne. Tekorte kan tot bloedarmoede lei.

Jy hoef nie net vleis te eet vir vitamien B12 nie! Lees meer hier

Veganis-ma’s wat borsvoed, moet bedag wees hierop: Hoewel vitamien B12 in die liggaam gestoor word, word dié vitamien vir borsmelk net uit die dieet geneem en borsmelk sal geen vitamien B12 bevat as die ma nie aanvullings neem nie. Tekorte kan ernstige neurologiese skade tot gevolg hê.

Sink kom hoofsaaklik in vleis, vis, neute en peulgroentes voor. Dis ook vir die liggaam moeilik om sink uit plantaardige bronne te haal en meer van hierdie voedselsoorte moet ingeneem word as wat jy op papier sou uitreken. Dieetkundiges sê tekorte beïnvloed groei.

Vesel is goed vir jou, maar vesel verlaag die opname van yster, sink, jodium en selenium. Omdat vegetariese diëte hoog in vesel is, moet jy jou inname van hierdie minerale verder verhoog.

Energie: Kinders se energiebehoeftes is heelwat groter as volwassenes s’n omdat hulle nog groei. Vegetariese diëte bevat gewoonlik baie vesel wat kinders soms versadig laat voel voor hulle voldoende vir hul energiebehoeftes geëet het. Dis uiters belangrik dat kinders genoeg energie kry sowel as al die minerale en vitamiene inneem om optimale groei te verseker. Neute, grondboonbotter en kaas is gekonsentreerde bronne van energie.

Kalsium is die boustene van tande en die skelet en noodsaaklik vir beendigtheid. Kalsiumtekorte kom soms voor by streng veganiste wat suiwel uitsluit, want natuurlike “sojamelk” bevat nie veel kalsium nie, maar sommige word met kalsium verryk. Beendigtheid word vroeg in jou lewe be-paal: 45% van volwasse beendigtheid word voor jou agtste verjaardag bepaal, 45% tussen 8 en 16 en ’n verdere 10% oor die volgende dekade. Dis iets wat jou liggaam moeilik later inhaal en die gebrekkige kal-siuminname van kinders en tieners kan permanente lae beendigtheid veroorsaak.

Wat is die beste melk vir kalsium? Lees meer hier

Vitamien D is nodig vir die neerlegging van kalsium in die skelet, en kan ’n probleem wees in lande waar min sonlig is en kinders nie in die buitelug kom nie. Gelukkig het ons in sonnige Suid-Afrika nie ’n probleem nie. Vegetariese bronne is verrykte nie-suiwel“melk” en -sappe, tofoe verryk met kalsium, sousbone en blaargroentes met donkergroen blare.

Pasgebore babas en ma’s wat borsvoed

Babas wat geborsvoed word, kry al hul nutriënte uit moedersmelk. Hoewel jou liggaam jou eie store van voedingstowwe sal uitput om te sorg dat moedersmelk die regte samestelling het, kan jou liggaam nie iets insit as jy dit nie het nie. En as die ma se store baie laag is, gaan die baba nie sy regmatige deel kry nie en die ma se bronne gaan uitgeput word. Dis raadsaam vir vegetariese ma’s wat borsvoed (veral veganiste) om aanvullings te neem. Maak ook seker dat jou dieet meer as die gewone hoeveelheid voedingstowwe het sodat jou liggaam nie uitgeput word nie.

Vegetariese tieners

Oorgewig: Hoewel vegetariese diëte aanvanklik laag in energie kan wees vanweë die baie vesel en tot ondergewig by groeiende kinders kan lei, kan dit weer ’n oorgewigprobleem by tieners skep wat graag kitskosse soos winkelkoekies, soutbeskuitjies en aartappelskyfies eet. Proteïne hou jou langer versadig en as jy nie goed beplan nie, kan tieners gedurig aan hoë-kalorie-kitshappies peusel. Tieners is ook geneig om slaptjips en pizzas te eet wanneer hulle uitgaan wat albei baie hoog in vette is. Kommersiële vegetariese kos soos worsies is gewoonlik hoog in vet en bevat heelwat preserveermiddels en skadelike transvetsure.

Kan jou kind se verhouding met haar lyf jou skuld wees? Lees meer hier

Ystertekort: Menstruasie is ’n verdere las op die liggaam wat ysterstore uitput en tienerdogters moet seker maak hulle neem genoeg yster in.

Beendigtheid: Gaskoeldrank het die afgelope klompie jaar onder die vergrootglas beland as een van die oorsake vir verlaagde beendigtheid. Koolstofdioksied maak die borrels in gaskoeldrank, maar omdat dit die bloed suurder maak, gebruik jou liggaam kalsium om die suur te balanseer en is daar dalk nie genoeg kalsium om sterk bene te bou nie. Beperk gaskoeldrank onder tieners liefs tot naweke om goeie beendigtheid te verseker. Tienerdogters sukkel maklik met hul gewig en kan traag wees om suiwel-produkte in hul dieet in te sluit wat kalsiuminname verder verlaag. Vetvrye jogurt en melk is ’n goeie opsie.

Aanvullings

’n Algemene vitamien- en mineraalaanvulling kan net goed wees. Maar pasop om in isolasie aanvullings te drink. Iets soos kal-sium en magnesium moet byvoorbeeld in die regte verhouding geneem word om doeltreffend te wees en yster kom in ’n verskeidenheid vorms waarvan almal nie ewe beskikbaar is nie. Jy moet ook vitamien C saam met yster inneem om absorpsie te bevorder.

Watter vitamine is reg vir jou? Vind hier uit

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.