kategorieë: Bekendes

Paralimpiese Spele: 9de medalje vir SA

’n Silwermedalje in die 400 m vir vroue (T47) én medalje nr. 9 vir span SA by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro. Die 23-jarige Anruné Liebenberg van Stellenbosch het Woensdagaand tweede geeïndig in ’n tyd van 58.88 sekondes. Haar voorloper was China se Li Lu wat met ’n tyd van 58.09 sekondes die goue medalje gewen het. Sae Tsuji van Japan was derde (1:00.62).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika het tot op hede nege medaljes by die Spele.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Zanele Situ het Dinsdag ’n bronsmedalje gewen vir haar poging in die spiesgooi vir vroue (T54). Sy het ’n afstand van 17.90 m gegooi. Nigerië se Flora Ugwunwa het goud gewen én ’n nuwe wêreldrekord opgestel met ’n afstand van 20.25 m. Hania Aidi van Tunisië was tweede met ’n afstand van 18.88 m.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die gewigstoter Tyrone Pillay het Maandag nog ’n bronsmedalje vir SA ingepalm met ’n gooi van 13.91 m in die eindronde van die gewigstoot vir mans (F42). Aled Davies van Brittanje het goud gewen met ’n nuwe Paralimpiese rekord van 15.97 m, terwyl Iran se Sajad Mohammadian tweede was met ’n afstand van 14.31 m.

Ntando Mahlangu & Tyronne Pillay (Foto Instagram)

Lees ook: 14-jarige van SA wen ’n Paralimpiese medalje

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika se medaljes lyk op die oomblik dus as volg

1. Kevin Paul (100 m-borsslag vir mans) – Goud
2. Hilton Langenhoven (verspring vir mans) – Goud
3. Charl du Toit (100 m vir mans) – Goud
4. Fanie van der Merwe (100 m vir mans) – Silwer
5. Ilse Hayes (100 m vir vroue) – Silwer
6. Ntando Mahlangu (200 m vir mans) – Silwer
7. Tyrone Pillay (gewigstoot vir mans) – Brons
8. Zanele Situ (spiesgooi vir vroue) – Brons
9. Anruné Liebenberg (400 m vir vroue) – Silwer

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.