'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Die heel eerste Paul René Vonkelwyn-fees skop vanjaar in flair af! Nie net beloof dié geleentheid om elegant en swierig te wees nie, maar die beeldskone Robertson-omgewing verleen ’n asemrowende agtergrond wat dié dag beslis een vir die boeke maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Gaste kan uitsien na outentieke, handgemaakte Paul René Brut en Brut Rosé terwyl hulle die luukse gasvryheid van die Kaapse Wynlande eerstehands geniet. So ook sal pienk jenewer van die bekende Hope on Hopkins-distilleerdery, een van die fees se vennote, by dié fees beskikbaar wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Bygesê kan kosliefhebbers ook op die uitkyk wees vir Saldana Baai-oesters, Noorse Salm en verskeie ander gourmet lekkernye wat deur die loop van die dag te koop sal wees.
Ander vermaaklikhede sluit in musiekvertonings, motorfietsritte en Croquet. Daar sal ook aktiwiteite soos perderitte vir die kleinspan wees!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die hoogtepunt van die dag is egter die vrystelling van die eerste Paul René Magnum-reeks.
Wanneer: 5 November
Waar: Wonderfontein Wynplaas
Kaartjies beloop R200 per volwassene (kinders gratis) en is op Webtickets te koop.
Let wel: slegs 200 kaartjies is beskikbaar
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.