kategorieë: Reis

Perlemoen: staproete met ’n verskil

Die besonderse stilte en uitsig op die Perlemoen Trail sal enige natuurliefhebber se hart steel. Hierdie staproete in Gansbaai is geskik vir beide ernstige en sosiale stappers. Daar word na die roete verwys as “slackpacking” en jy het die opsie vir ‘n selfvoorsiende toer of ‘n (al)omvattende opsie waar jou etes en verblyf ingesluit is, afhangende van wat jou beursie toelaat. Jy kan ook kies of jy vir 5 dae of 3 dae wil stap. Dus is dit ‘n staptoer wat enigiemand sal kan geniet! Ek en my man, Gabriël, het oor ‘n langnaweek die 3 dag staproete gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op ons eerste dag, na ‘n wonderlike nagrus en heelsame ontbyt in die Aire Del Mar gastehuis in Kleinbaai (www.airedelmar.co.za), begin ons om 9.00 stap. Ons het gestap van De Dam tot by Pearly beach (22km). Ons gids vir die dag – Jason, ‘n marine-ekoloog en natuurliefhebber -het ongelooflike kennis oor die fauna en flora van die area asook die oseaan. Hy het die groep soveel geleer, van boererate met plante tot interessante feite oor perlemoen. Die grootste gedeelte van die dag se stap was op die strand, en die stappers kon almal hul skoene uittrek en op die koel sand stap. Net voor middagete het ons gids ons die geleentheid gegee om in die natuurlike rotspoele te swem en te onstpan. Ons was bevoorreg om op hierdie dag saam ‘n dinamiese groep vriende van Durban te stap. Hulle durf jaarliks ‘n ander staproete in Suid-Afrika aan en selfs hierdie sosiale stappers kon nie genoeg kry van die ongelooflike uitsig nie. Aan die einde van ‘n lang dag se asemrowende natuurskoon en insiggewende stories kom ons op ’n pragtige toneel af: ‘n “spookdorpie” wat toe lê onder die sand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dag 2 het gestrek van Kleinbaai tot Franskraal (sowat 15km) saam met gidse Barry en Annelie, ‘n avontuurlustige paartjie wat ‘n passie het vir stap. Waar ons die eerste dag baie kennis opgedoen het oor die natuurlewe in die area, het ons op die tweede dag geleer oor die geskiedenis van Gansbaai asook die Birkenhead skip wat in 1852 naby Kleinbaai gesink het. Op ‘n  besoek aan die Strandveld Museum, wat onderhou word deur skrywer S.D .Fourie en haar man Oom Jan “Pyp” Fourie, het ons meer geleer oor die Birkenhead skip wat gesink het. As jy mooi vra, sal jy moontlik ‘n spookstorie of twee bykry! Hierna het ons deur die riviermond by Uilenkraalsnes gestap, ‘n heerlike verfrissing wat ons afgekoel het na die dag se stap. Ons groep op hierdie dag het ‘n paar ernstige stappers van ‘n stapklub in Kaapstad ingesluit, en dit was maklik om te sien dat beide die sosiale en meer gevorderde stappers die roete geniet.

Op ons laaste dag het ons weer om 9.00 begin stap. Hierdie korter roete van De Kelders to by die plaat (8km) het vining gegaan, maar was beslis my gunsteling deel van die roete met die ongelooflike uitsig van die kranse wat oor die see hang en Hermanus in die verte. Ons het ook die geleentheid gehad om die Drupkelders te besoek;’ ons het meer geleer oor die mineraa;ryk water wat uit die rotse vloei en hoe sosiale vlinder Lady Anne Barnard gereeld die Drupkelders besoek het. Op pad terug het ‘n skool dolfyne ons oog gevang en heerllik baljaar in die water, die perfekte totsiens.

Kyk hier na ons video.

Vir meer inlgiting oor Perlemoen Trails:
Besoek www.perlemoentrail.com
Kontak vir Karen by 079 568 8159
Epos: enquiries@perlemoentrail.com

Restaurante in Gansbaai om te besoek:
Thyme at Rosemary’s (Die kaaskoek is ‘n wenner!) www.rosemarysrestaurantgansbaai.co.za
Blue Goose 079 310 1770
Great White House www.thegreatwhitehouse.co.za / 082 895 2736
Coffee on the Rocks www.coffee-on-the-rocks.com / 028 3842017

Ander lekker moontlikhede!

Perloemoen Trails bied opwindende winterkompetisies met groot pryse soos gastehuis akkommodasie en shark cage diving. Meer inligting by Karen, kontakdetails hier bo. Vra haar uit oor:
Geocaching van 31 Julie 2014 tot 3 Augustus
Perlemoen Masters (trail run) – hardloop Perlemoen se roete:13 tot 16 Junie

Volgende jaar (in die Suid-Afrikaanse winter) neem Perlemoen Trails staptoere oorsee na Italië, Spanje en Griekeland. Jy kan nou al navraag doen en bespreek!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.