kategorieë: Ons menseBekendes

Peter Meyer gesels oor The Boy from the Wild

Deur Michelle Nortje

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Peter Meyer is ’n sjarmante man wat op 34 werklik ’n storie het om te vertel. As jong kind het hy ’n idiliese lewe gehad – een waarvan die meeste seuntjies net kan droom. Hy het saam my sy ouers op Karkloof Valley-natuurreservaat grootgeword waar hy elke dag deel was van die Afrika-wildernis. Sy troeteldiere was onder andere ’n volstruis, ’n vlakvark en ’n baba-olifant … Ons het met hom gesels oor sy nuwe boek, The Boy from the Wild, wat hy aan sy pa, James Meyer, opgedra het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons ontmoet vir Peter by die luukse Saxon Hotel in Johannesburg om oor The Boy from the Wild te gesels. Mens sou dink hierdie is nie die regte omgewing vir dié wilde seun van Afrika nie, maar die omgewing pla hom klaarblyklik min. Toe ons hom begin uitvra oor sy kinderjare en hoe dit was om op ’n wildreservaat groot te word, is dit asof hy teruggaan in tyd en mens kan die nostalgie op sy gesig lees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit was ongelooflik. Surrealisties. As ek nou terugkyk besef ek hoe gelukkig ek was.”

Peter glo die wildernis het sy karakter op ’n grootskaalse manier gevorm. “As ’n kind op ’n wildreservaat is jy baiekeer op jou eie en moet jy jouself besig hou. Jy leer baie vinnig hoe om jouself te beskerm én jy leer baie lesse. Respek, bewustheid en vertroue is dinge wat die wildernis my geleer het. Net soos wat mens versigtig moet wees vir ’n gevaarlike slang, moet jy versigtig wees vir ’n baas wat jou sleg behandel. Jy moet weet hoe om sekere situasies te hanteer. My pa, tesame met my ervaringe op die plaas, het my geleer om baie kalm en geduldig te wees. Ek glo ek is vandag ’n baie eerbiedige individu en ek dink beslis die wildernis het my geleer om met my voete stewig op die aarde te staan.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Baie van die gevaarlike situasies waarin Peter verkeer het, het ook sy karakter gevorm. Hy is twee keer (op die ouderdom van 7) deur giftige slange gepik en hy het ’n noue ontkoming met ’n renoster gehad. “Ek sal nooit my eerste ervaring met Big Boy (die renoster) vergeet nie. Hy was soos T-Rex van Jurassic Park. Mense het van regoor die wêreld gevlieg om hom te kom sien, dis hoe bekend hy was – hy was ’n ikoon. Ons het by ’n paar geleenthede amper ons lewens as gevolg van Big Boy verloor, maar die een keer wat ek altyd sal onthou was toe ek, my pa en my jonger broer op ’n driewielmotorfiets gery het en hy uit die bloute op ons afgestorm het. My pa kon nie die motorfiets kry om te ry nie en ek en my broer het geskree soos ons gehuil het. Dit was ’n noue ontkoming. Ons het dit nooit vir my ma vertel nie!”

Peter se grootwordjare op die plaas het egter vinnig tot ’n einde gekom. Toe hy 10 jaar oud was, is hy en sy gesin vir die skoolvakansie Engeland toe. Hy het nie besef dat sy ouers eintlik van plan was om te trek nie totdat sy pa vir hom gesê het hy moet na ’n nuwe skool toe gaan. Dit was vir hom ’n geweldige skok, veral omdat hy nie sy vriende of sy lewe by die huis kon groet nie. Een van die grootste aanpassings was sy internasionale skoolloopbaan. “Dit was aaklig. Tot vandag toe mis ek die wildernis. Die enigste goeie ding was dat ek baie respek en waardering vir die wildernis ontwikkel het. Ek het besef dat ek my lewe as vanselfsprekend aanvaar het terwyl dit eintlik ’n baie groot voorreg was om in die wildernis groot te word.” Hy is egter baie dankbaar dat hy die geleentheid gehad het om internasionale kennis op te doen. “Ek sou waarskynlik nie behoorlik oor wildlewe kon praat as ek nie oorsee gegaan het nie. Ek het geleer om by die normale gang van die lewe aan te pas en die opvoeding wat ek ontvang het was uitstekend.”

Nadat Peter sy grootwordjare in Engeland voltooi het, het baie deure vir hom oopgegaan en hy het vinnig die wêreld aan sy voete gehad. Hy was trots op die dinge wat hy bereik het omdat hy en sy pa dieselfde eienskappe gehad het. “My pas was ’n baie ambisieuse man en ek is ook so. Ek wou nie noodwendig die land se president geword het nie, maar ek wou groot dinge bereik.”

Dit was die hotelbedryf wat hom gemotiveer het om baie suksesvol te word, veral omdat sy ouers al die jare self in dié bedryf was. Hy het die leer van sukses begin klim en was vroeg in sy lewe die jongste senior direkteur vir die Hilton-hotelgroep. Die dag toe sy pa vir hom sê hy het kanker, het alles egter vir Peter verander. “Dit is ’n wonderlike gevoel om die wêreld aan jou voete te hê en om te kan sê jy het so baie dinge bereik, maar wanneer dit by familiesake kom en dinge verander so drasties, verander als! My pa se dood het my baie hard teruggebring aarde toe en dit het veroorsaak dat ek vandag ander dinge wil bereik. Geluk is nou vir my baie belangriker as om ’n senior direkteur van ’n maatskappy te wees.”

Het die boek hom gehelp om sy pa se dood te aanvaar? “Mense sê altyd tyd maak dinge beter, maar ek glo tyd laat jou net toe om jou eie demone in die gesig te staar en te leer hoe om sterker te wees voor ander mense en om nie sommer voor enigiemand te huil nie. Ek is in hierdie manier baie sterk maar wanneer ek op my eie is, huil ek baie.” Hy het nooit die boek geskryf om oor sy pa se dood te probeer kom nie, hy het dit geskryf om die belangrikste persoon in sy lewe te eer. “Dit het my definitief nie gehelp om my pa se dood te aanvaar nie, maar dit het my wel baie meer waardering en respek vir hom gegee.” Peter het nog nooit sy pa se storie vertel nie en met dié boek het hy besluit dit is tyd. “Ek het nie die boek geskryf om vir almal te vertel hoe lekker dit vir my was om op ’n wildreservaat groot te word nie. Ek het dit geskryf om vir hom dankie te sê en om ’n man te eer wat die ongelooflike insig gehad het om ’n safari op te rig wat nooit vantevore gedoen is nie.”

Een van die grootste lesse wat hy geleer het is hoe om aan te pas by sy omgewing. “Mens leer gedurig hoe om aan te pas. Die wildernis het my veral baie hieroor geleer. ’n Renoster is nie dieselfde as ’n buffel nie en ’n buffel nie dieselfde as ’n wildebees nie. ’n Buffel sal jou jaag terwyl ’n wildebees van jou af sal vlug. Mens moet leer hoe om in elke situasie waarin jy jouself bevind, aan te pas. As jy dit kan regkry, sal dit die lewe baie makliker maak.”

Peter Meyer is ’n man wat baie respek het vir die lewe en hy is beslis ’n boy from the wild.

“Absolute vryheid is baie skaars in die wêreld waarin ons vandag leef, maar wanneer jy in die wildernis is, is alles vry.

The Boy from the Wild is ’n aangrypende boek wat handel oor die lewe van James Meyer en sy liefde vir Afrika. Peter Meyer vertaal die verhaal in ’n diep, emosionele manier. Dit gee ook ’n blik op Peter se grootwordjare op Karkloof Valley-natuurreservaat en die avonture wat hulle as gesin saam meegemaak het. Dit is geskryf deur die topverkoper-skrywer Graham Spence (bekend vir sy boek The Elephant Whisperer). Vir meer besonderhede oor die boek, klik hier.

Meer oor Karkloof Safari Villas

Karkloof Safari Villas is ’n ultra-luukse bestemming in die hartjie van die Natalse Middelande. Al langs die Karkloof-rivier word wilde diere en verskeie voëlsoorte aangetref en besoekers kan die area deur middel van houtpaadjies of ander roetes ontdek. As jy ’n avontuurlustige bergfietsryer is, dit geniet om vis te vang of voëlkyk waardeer, is hierdie bestemming vir jou.

Die luukse lodge bevat sestien private villas, elk stylvol gemeubileer met ondervloerse verhitting en ’n private houtdek wat uitkyk oor die asemrowende kloof.

Vir kosliefhebbers wag daar ’n kulinêre verrassing wanneer hulle vir ontbyt, middag- of aandete aansit. Die sjefs maak gebruik van plaaslike bestanddele en daar is selfs glutenvrye opsies vir gaste.

As jy wil ontspan, is daar joga, meditasie en verskeie ander opsies om behoorlik af te skakel.

Besoek karkloofsafarivillas.com vir meer besonderhede.

Foto’s: Chris Allan Photography

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

17 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.