Die bekende Afrikaanse sanger, Pieter Smith, maak eersdaags sy buiging agter die mikrofoon as aanbieder van die program Die storie van Afrikaanse musiek op Pretoria FM. Volgens Smith vertel dié program die storie van die pioniers van ligte Afrikaanse musiek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
“In die eerste paar episodes word daar verwys na voorlopers soos Chris Blignaut, Dawid de Lange, Danie Bosman, Hendrik Susan, Jan Pohl, Danie Pretorius en Groep 2 om net enkeles te noem. Ons praat oor hulle opnames en die hoogtepunte van hulle loopbane,” vertel Smith. Hy sê verder dat dit belangrik is vir veral jongmense om daarna te luister en te weet waar alles begin het. Smith reken ook dat ouer luisteraars nostalgies sal raak oor die inhoud van die program.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Sarina Bosman, Pretoria FM se programkoördineerder, sê dit is vir almal by Pretoria FM ‘n voorreg om elke dat in hulle moedertaal te kan werk en by die vervaardiging van hierdie tipe programme betrokke te wees. Bosman sê verder dat hierdie program ook dien as ’n lusmaker vir volgende jaar se 100ste herdenking van die erkenning van Afrikaans as amptelike taal. “Pieter is ’n gesoute musikant en baie goed ingegrawe in die geskiedenis van die liedjies,” sê Bosman.
Die storie van Afrikaanse musiek kan vir die volgende 13 weke elke Vrydagaand net na die 20:00-nuus op Pretoria FM geluister word. Luisteraars buite Pretoria FM se uitsaaigebied kan ook op DStv-kanaal 887, aanlyn by www.pretoriafm.co.za of deur middel van Pretoria FM se toepassing inskakel.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.