Plaatjieryke plasma-behandeling (PRP): Wat jy behoort te weet

Plaatjieryke plasma-behandeling (PRP): Wat jy behoort te weet. Deur Leandri de Kock.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hooffoto: Sora Shimazaki vir Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dr Jan Nel deel kennis oor plaatjieryke plasma-behandeling (PRP).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat dit is:

“Die plaatjieryke plasma-behandeling (PRP) is uitstekend vir enige veltipe” sê dr Jan Nel. “Dit is ‘n diverse behandeling en die moeite werd om te probeer. Tydens hierdie behandeling word jou bloed getrek en in ‘n toestel (sentrifugeerder) geplaas om gedraai te word om die geel bloedryke plaatjie (ook genoem liquid gold) van die res van die bloed te skei. Jou eie groeifaktore word dus as ’n serum gebruik. Die plasma word dan met ‘n fyn naald in dele waar daar fyn lyntjies en plooie is ingespuit. Die plasma wat oorbly word dan deur die terapeut oor die hele gesig, nek en décolleté gesmeer. Die terapeut gebruik mikronaaldbehandeling om die plasma dieper in die vel te druk. ‘n Verdowingsroom word voor die tyd aangesmeer sodat die behandeling gemaklik vir die pasiënt kan wees.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat doen dit?

Dr Jan sê plasma wat in en op die vel aangewend word, help om kollageen en elastien aan te wakker. Die PRP-behandeling is ‘n natuurlike manier om veroudering van die vel aan te hanteer. Velprobleme wat die PRP-behandeling takel is kwessies soos hormonale pigmentasie, sonskade, littekens as gevolg van aknee, diep littekens, veroudering/fyn lyne en plooie en ’n onegalige veltekstuur.

Vir wie word dit aanbeveel?

Volgens dr Jan kan mans en vroue ouer as 30 voordeel uit hierdie behandeling trek.

Kan dit vir haarverlies gebruik word?

“Ja! Dit is een van jou beste behandelings vir ‘n ylwordende haarlyn by mans en vroue,” sê hy.

“Dit stimuleer slapende haarfollikels en herstel bloedtoevoer na die gedeelte. Die geel plasma word in die haarlyn sowel as die kopvel ingespuit om die wortel van die haar ‘wakker’ te maak en te help groei. Die res van die plasma word dan weer met mikronaaldbehandeling verder in die haarlyn en op die kopvel ingewerk. Vir die beste resultate word een behandeling elke maand vir drie maande, en dan een elke ses maande daarna aanbeveel om die resultaat te onderhou.”

Hoe gereeld het jy dit nodig?

Volgens dr Jan hang dit van jou vel af en wat jy benodig om jou doel te bereik. Drie tot agt behandelings kan nodig wees met tussenposes van drie tot ses weke.

Hoe veilig is dit?

Omdat dit jou eie bloed se plasma is, is die kans vir ‘n allergiese of negatiewe reaksie redelik skraal, sê hy. “ Die mikronaaldbehandeling en inspuitings kan dalk bietjie ongemak, swelling en rooiheid veroorsaak.”

Kry dit by

Capetowndoctor – Suite 205, North Wing, Granger Bay Court. V&A Waterfront, Cape Tow

Hooffoto: Sora Shimazaki vir Pexels

Lees nog: Mikronaaldbehandelings: Wat is dit?

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.