kategorieë: Ontspanning

Franse wyne en konjak spog op Suid-Afrikaanse bodem

Franse wyne en konjak spog op Suid-Afrikaanse bodem deur Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sommeliers, beoordelaars, wynskrywers en wyn-aankopers kon agt Franse vervaardigers, waarvan verskeie internasionaal bekroond is, ontmoet en hul wyne, sjampanjes en konjak proe.

Om regte Franse sjampanje van Champagne Gardet van Chigny-Les-Roses te proe, wat al in 2006 gebottel is, was ’n ware voorreg.

Lees nog: Wynemporium fokus op Stellenbosch se wyne

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die wynkelders en konjakplase wat by die proe verteenwoordig was, is Domaine Francis Abécassis van Claix; Bordeaux Families van Sauveterre de Guyenne; Champagne Gremillet van Balnot-Sur-Laignes; Maison Boinaud van Angeac; Champagne Gardet van Chigny-Les-Roses; Les Vignerons Reunis De Monsegur van Le Puy; Mano Wine Consult van L’Union; Cognac Dobbé van Pérignac en Vignobles Vellas van Teyran.

Elena Alvarez van Maison Boinaud skink van hul rooi versnitte.

Romana Nicoleau van Champagne Gardet skink vir ons ses verskillende sjampanjes.

Kevin Blanco van Champagne Gremillet verduidelik waar Balnot-Sur-Laignes in Frankryk is.

Bordeaux Families verteenwoordig 300 families wat almal aan een koöperasie druiwe en wyn lewer. Die wyne wat te proe was, het uit verskeie wynstreke in Frankryk gekom, waaronder Champagne, Cognac, Languedoc en die Rhône-vallei.

Spencer Fondaumier, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sommelier-vereniging, en Higgo Jacobs, bekende sommelier en Strauss & Co wyn-verteenwoordiger, by die proe.

Nie een van die produkte wat te proe was, was ten tye van die proe kommersieel beskikbaar in Suid-Afrika nie, maar almal is vol hoop dat hulle binnekort op ons plaaslike rakke sal verskyn.

Arnaud Dean van Domaine Francis Abécassis het gesê hy is bewus van die ongelooflike brandewyne wat Suid-Afrika maak en hoewel dit sy eerste besoek aan die land was, hy beslis gaan terugkeer om ’n brandewyntoer te onderneem om te sien waarmee Franse konjak meeding.

Dean Arnaud van Grands Domaines laat proe ons van hul wen-konjak.

Suid-Afrikaanse brandewyn word jaarliks internasionaal uitgesonder vir uitmuntendheid en het al selfs stof in konjak se oë geskop. Business France stel die uitvoermoontlikhede en -groei van Franse ondernemings ten doel.

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.