kategorieë: KosWinterkos

Italiaanse lamskenkels met gort

Italiaanse lamskenkels met gort

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

4 porsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

½ k pêrelgort

2 e olyfolie

800 g lamskenkels

1 ui, dun gesny

2 selderystingels, gekap

2 wortels, grofgesny

1 rooirissie, ontpit en gekap

4 knoffelhuisies, fyngekap

2 t vinkelsaad

1 t gerookte paprika

2 vars lourierblare

⅓ k tamatiepasta

400 g-blik gekapte tamaties

3 k beesvleisaftreksel

2 e pietersielieblare, gekap

⅓ k parmesaankaas, gerasper

roketblare, om voor te sit

Metode:

  1. Spoel gort in sif onder koue lopende water af. Dreineer goed.
  2. Verhit helfte van olie in prutpot van 4,5 liter op hoë verstelling. Kook lamsvleis in sarsies vir 15 minute of tot goed bruin. Verwyder van stoof.
  3. Verhit oorblywende olie in prutpot op matig. Kook ui, seldery, wortel en rooirissie vir 5 minute of tot groente sag is en roer gereeld. Voeg knoffel, vinkelsaad, paprika en lourierblare by. Kook vir 2 minute of tot geurig. Voeg pastamengsel by, kook en roer vir 2 minute. Roer tamaties, aftreksel en gort by. Plaas lamsvleis terug in prutpot  en bring tot kookpunt. Kook vir 8 uur op lae hitte met deksel of op hoë hitte vir 4 uur of tot sag. Geur na smaak.
  4. Sit lammengsel met pietersielie, parmesaan en roketblare voor.

Wenk

Gebruik lamskenkels wat op die Franse manier gesny is. Dit is wanneer die bene se boonste gedeeltes’n bietjie gesny en geskraap is, terwyl die vleis self van enige oortollige vet en sening verwyder is. Skenkels soek ‘n lang kooktyd om die beste geur na vore te bring.

Hooffoto: Aremediasyndication.com.au/magazinefeatures.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.